praag.co.za

PRAAG verwelkom Zuma se verkiesing

Written by

in

Mbeki self het ʼn verdeel-en-heersstrategie teen die Afrikaner gevolg. Uit die reste van die ou Broederbond en die Nasionale Party is meelopers soos Marthinus van Schalkwyk of prof. Willie Esterhuyse van Stellenbosch geïdentifiseer wat bereid was om mee te doen aan ons verdrukking. Die oorblywende Afrikaanse media, asook staatsonderwysinstellings, is op Sowjetagtige wyse aangewend om ons volk met skuldgevoelens te breinspoel en ons van ons identiteit te beroof. Die konstante propaganda-aanslag deur Afrikanermeelopers in Afrikaans het soos ʼn oorlog of ten minste ʼn besetting deur ʼn vreemde mag gevoel.

Zuma se verkiesing kan ʼn groot bydrae lewer om die toenemende klimaat van konfrontasie tussen Afrikanerboere, kulturele aktiviste en gewone Afrikaners aan die een kant, teenoor die ANC-beheerde staat aan die ander kant, te ontlont.

In sy gesprekke tot dusver met PRAAG-verteenwoordigers het mnr. Zuma hom onderskei as ʼn goeie en simpatieke luisteraar. Getrou aan die Afrika- en Zoeloekultuur koester hy harmonie in die land. Harmonie kan egter net bewerkstelling word indien Afrikaners billik en regverdig behandel word en hul vryheid en outonomie op tasbare wyse herstel word ná die verdrukking van die Mbeki-jare.

As Afrikaanse kultuurorganisasie is PRAAG verbind tot dialoog met die nuwe Zuma-administrasie wat sonder twyfel ook binnekort die staat sal beheer.

bog bad wolfОлександр Васильович Фільчаков

Comments

Leave a Reply