praag.co.za

Mbeki se onverantwoordelike immigrasiebeleid

Written by

in

As minderheidsgroep wat grootliks die Suid-Afrikaanse staat en infrastruktuur geskep het, kan die Afrikaner nie eenvoudig toekyk hoe hierdie land waarvoor ons geveg het op ‘n skinkbord aan vreemdelinge oorhandig word nie.

Geen van die vreemdelinge wat tans onwettig hier is, moet toegelaat om in ons land aan te bly nie. Sodra verantwoordelike regering in Suid-Afrika herstel word, moet hulle in oorleg met hul lande van herkoms permanent gedeporteer word. Behoorlike grensbeheer soos dit in Europese lande toegepas word, moet onverwyld herstel word.

Tot 1989 het die geëlektrifiseerde heining op die Limpopogrens goed gefunksioneer. Daardie heining en ander moet so gou moontlik herstel en in werking gestel word.

Daar woon 600 miljoen mense suid van die Sahara wat weens die wanbestuur en korrupsie van hul regerings in uiterste armoede verkeer. Logies sal ‘n hoë persentasie van hulle poog om hulle hier te vestig, vanweë ons ontwikkelde ekonomie en maatskaplike dienste. Terwyl Suid-Afrika reeds sukkel om sy armoede-, behuisings-, water-, riool-, elektrisiteits- en ander probleme te hanteer, sal die instroming van miljoene vreemdelinge die land op sy knieë dwing, asook op die duur etniese konflik veroorsaak. Daar is reeds verskeie oorloë in Afrika aan die gang weens transnasionale migrasie wat in die verlede plaasgevind het, onder andere in die Ivoorkus, DRK, Darfoer/Soedan, Kenia en Tsjad.

Nie net dryf onwettige immigrasie in ‘n hoë mate ons misdaadprobleem nie, maar dit oorskadu selfs misdaad as die enkele belangrikste krisis wat die land bedreig.

Ons moet terselfdertyd ons teleurstelling uitspreek met die reaksie, of gebrek daaraan, van die sogenaamde opposisiepartye. Dit is gebiedend noodsaaklik dat ‘n opposisieparty of -beweging tot stand moet kom wat die ware belange van Suid-Afrikaners op die hart dra.

Mbeki speel met vuur. Suid-Afrika is inderdaad leierloos en huiwer op die rand van ‘n ramp, terwyl geweldsmisdaad tier en vreemdelinge ongehinderd ons grondgebied beset.

Red ons land voor dit te laat is!

online gamesДанильченко Юрий Харьков

Comments

Leave a Reply