Kultuur as vyeblaar en beloftes wat skuld maak

Toe pres. Jacob Zuma die boonste politieke sport in Suid-Afrika as, soos hy dit gestel het, “100 % Zulu boy” verower het, sou dit ‘n aantal domino’s aan die val sit wat moeilik gestuit gaan word.

Die moderne demokrasie is gebou op die beginsel dat beloftes skuld maak. ‘n Kandidaat wat oorboord gaan met verkiesingsbeloftes, sien kort na sy verkiesing die skrif aan die muur. ‘n Goeie voorbeeld is pres. Barack Obama wat nou reeds in die Amerikaanse pers ‘n “embattled president” genoem word, en wat besonder vinnig op die gewildheidspeilings die kreeftegang gegaan het.

Hierteenoor is dit in die meeste van Suid-Afrikaanse inheemse kulture goeie maniere om aan die vraesteller die antwoord te verskaf wat gemeen word die vraesteller wil hoor. Hierdie gebruik het al pandemonium in die reklamewêreld veroorsaak soos dat die teikengroep aandui hulle verkies Engels, terwyl ter plaatse ondersoeke aandui die kykers volg hoofsaaklik programme in hul moedertaal.

Solank almal verstaan dat die beloftes binne ‘n sekere kulturele raamwerk gemaak is, kan die een wat die beloftes maak ver kom. Te midde van paaie wat weggeteer raak, hospitale sonder medisyne, skole sonder bevredigende uitslae, kan ‘n regerende party of die hoof daarvan in peilings steeds baie goed doen en selfs sy gewildheid verhoog.

Op die duur skep hierdie los en vas maak van beloftes – voor en na verkiesings – tog verwagtings dat minstens sommiges daarvan nagekom sou word. Iewers gaan dit gewoon net nie af om nie werk te hê nie, maar ministers gaan voort om luukse vuurwaens aan te skaf.

Die gaping tussen onrealistiese verwagtinge en die werklikheid op die model van relatiewe deprivasie het reeds onder oud-President Thabo Mbeki die regeringshoof se kop lat rol. Pres. Jacob Zuma het sy termyn gepak op dieselfde noot as die populisme waarmee hy sy opmars suksesvol gevoer het.

Toe dié tegniek se stoom opraak, is probeer om op die populariteit van oud-president Nelson Mandela se rug nog stoom op te bou. Binne dae was dié stoom egter ook op.

Terselfdertyd is dit ook tradisioneel goeie hoofmanskap om in ‘n kraal van familie tot familie se vuurtjie te loop en by daardie vuurtjie te gaan verkondig wat daardie familie wil hoor. Ook hierdie praktyk boemerang omdat die media saamloop, en berig wat nie vir die ore van ander bedoel is nie. Vrae word oor teenstrydige beloftes gevra.

Vanoggend lui voorblad-koerantopskrifte: Hou op beloftes maak.

Dit vereis kennelik veel meer vernuf en kundigheid om ‘n land – van die sentrale regering tot die plaaslike regering – te regeer en bestuur as wat geglo is. Al die beplanningskommissies in die wêreld gaan niks vermag as daar nie plan gemaak word om die planne op grondvlak te laat realiseer nie. Dit beteken ‘n behoefte aan fondse sonder om die gans wat die goue eiers lê te slag, en ongelooflik baie kundigheid.

Pres. Zuma se repliek op die opposisiepartye se kritiek, asook die verskillende manifestasies van gemeenskapspolitiek soos die briewe teen misdaad, sal toon of ‘n les geleer en ter harte geneem is. Kulturele gebruike dien nie altyd as geskikte vyeblaar nie.

воздухосборник горизонтальныйтопкарго

Broederbond veroorsaak Afrikanerondergang

Sedert Praag se ontstaan het ek dit ondersteun. As kind het my vader my gewaarsku dat ‘n mens nie swartes se beloftes of uitsprake op sigwaarde moet beoordeel nie. Daarom het ek nooit hierdie nuwe bedeling aanvaar nie. Met Praag wat ons mense onder die vaandel van Afrikaans probeer verenig, het ek gehoop die Afrikaner sal weer bymekaar uitkom as ‘n nasie.

Ek moet erken ek was skepties. Sal die Afrikaner ooit wegkom van die Broederbondsiening, dat net hulle uitverkore lede die Afrikanervolk is? Hoekom nou juis die naam Broederbond? Hulle leen die begrip rondom ‘n broederskap van lede met ‘n bepaalde doel by die Vrymesselaars. Vrymesselary is ‘n organisasie met geheime maar gedurende die twintigste eeu stig die Broederbond ‘n geheime organisasie bestaande uit honderde “losies” van hulle uitgesoekte Afrikaners en rysmier die politiek, die handel, die kerk en elke ander organisasie, selfs sport, met hulle lede wat die beleid, geformuleer deur die opperraad, dwarsdeur die land afdwing. Die beleid was nie tot voordeel van die Afrikanervolk nie, dit was uitsluitlik om die belange van die Bond en sy lede te bevorder.

Die swartes pas vandag werkreservering toe. Waar kom dit vandaan? Hulle het dit gehoor en geleer by hulle Broederbondbase. Die uitvoerende en invloedryke poste is destyds gereseveer vir manlike lede van die Bond. Ander Afrikanermans moes tevrede wees met ondergeskikte poste, onderworpe daaraan of hy as moontlike Bondmateriaal later hulle geledere kan aanvul en/of sy vader of broer of vriend of kennis ‘n lid van die Bond was. Die breinkrag van die volk was hierdeur onderworpe aan Broederbondsienings.

Vanaf jou president met sy kabinet tot by die uitvoerende personeel van die staat, die direksies van groot en klein maatskappye, jou kerkrade, jou sportrade met uitvoerende amptenare, die hele boksemdais was onderworpe aan die opperraad van ‘n kliek.

Het dit sedert die swartes se oorname  verander? Hoegenaamd nie. Die Bond se naam is verander na die sogenaamde Afrikanerbond, maar het dit steeds iets met die Afrikaner te doene? Is ‘n Afrikaner vandag nie ‘n persoon wat uit Afrika kom nie? Dit verwys bepaald nie na die Boer nie.

Hulle is nog net so bedrywig agter die skerms soos vantevore; dit slaan van tyd tot deur. Dink maar aan taalrade, sportrade. kultuurrade. Kyk na Nasionale Pers se koerante, wat steeds hulle spreekbuise is en luister na die leiers van politeke partye.

Hoekom is die swartes so teen die Afrikaner en sy taal? Hoekom wil hulle ons taal vernietig, waar seer sekerlik negentig persent swartes Afrikaans heeltemal of gedeeltelik magtig is, terwyl hulle slegs in die stedelike gebiede probeer oorslaan na Engels? Wie sit daaragter? Die sogenaamde dubbelmediumonderrig beide op sekondêre sowel as tersiêre terreine. Wie se breinkrag is deurslaggewend op jou skoolrade, universiteitsrade en ander rade? Die swartman luister nog na die witman. Hoewel arrogant met ‘n waanwysheid wat ten hemele strek, besef die Bantoe sy toekortkominge. Sonder dat hy daarvoor gevra het, word hy uit sy stroois gehaal, in ‘n herehuis gesmyt waar hy die gesofistikeerde denke met al die moderne tegniese hulpmiddels van die Westerling binne ‘n dag of twee onder die knie moet kry. Dis sonder hulp en bystand menslik onmoontlik en lede van die Bond is bepaald besig om te help.

Een ding staan soos ‘n paal bo water. Die mens is ‘n sosiale wese maar bo dit alles is hulle lief om klieke te vorm. Die gevormde kliek onder ander nasies verloor nie die volksgevoel nie. Die klieke  by Franse, Engelse of waar ook al sal nie dít wat Frans of Engels is, benadeel nie. Persoonlike gewin uit die kliekvorming bly voorop maar dit strek tot eer van die volk. Selfs ons eie swartes het hulle klieke maar die voordele daaruit strek tot eer van die volk aan wie die kliek behoort.

By die Afrikaner is dit anders gesteld. Die kliek word uitsluitlik vir eie gewin en voordeel gevorm. Op diegene buite die kliek word altyd neergesien en gediskrimineer; na die duiwel wat van die volk of nasie word! Die Broederbond het dit bewys.

Klieke maak die Afrikaner geestelik klein en benepe. Omdat dit net gaan oor die materiële, die kleinlike gesanik of ontevrendenheid omdat die belangrikheid van individue steeds gemeet word aan vertoon. Daardie diepere betekenis om deel te wees van ‘n nasie of volk gaan by die moderne Afrikaner verby. Sy hele betaan sentreer om die kliek waaraan hy behoort. Daarom is die Afrikaner geestelik so arm, omdat hy sy volksverband opsy geskuif het. Sy tradisie is soos ‘n museumstuk of ‘n stukkie papier agter glas in ‘n vergulde raam wat teen die mure hang. Die Afrikaner is toenemend onbewus van sy lotsverbondenheid met sy volksgenote wat sterf, in armoede gedompel word, verdruk of verneder word.

Die Afrikaner se stelsel was nie die eerste wat geval het nie – dit het vele ander voorheen oorgekom. As ons net kon behou wat ons vir Suid-Afrika gegee het. Saam met die  Afrikaner het beskaafdheid geval, insluitend dié van die barbare wat ons beskaafd gemaak het.

Nou sal die Afrikaner meer as driehonderd jaar – indien ooit – moet wag om dieselfde tydstip in sy geskiedenis te bereik.

Dít alles omdat die mag van geld die volksgevoel deur kliekvorming verdring het.

синус лифтинг стоматологияАлександр Фильчаков прокурор

Afriforum en die stryd

Mag ek toegelaat word om aan Willem Reitzma ‘n antwoord te gee. Solidariteit en Afriforum werk vir die Boere en die Afrikaner wat onder die haak van die vervloekte ANC uit wil kom. Hulle het darem vir Crawford von Abo se regte opgestaan en vir Pretoria se naam en teen Nestlé, ens. As ons as witmense wil oorleef, moet ons liefs nie briewe of rubrieke soos jy skryf nie want dan sien Malema en sy soort dit raak.Ons staan op die drumpel van ‘n rewolusie, as jy dit nog nie weet nie.

Ek stem saam dat die vervloekte CIA en MI6 soos in die 1980’s ons weereens vanuit die Amerikaanse en Britse ambassades uit, die stryd aansê, soos ons wat op die grens was, wel van weet. Maar ons sal maar weereens daardie stryd moet opneem, ouderdom of nie. Of hoe my maat?

игри для дивчатлобановский александр игоревич класс

Vir wie werk Solidariteit?

Een van die raaisels van die Nuwe Suid-Afrika is die hoeveelheid gratis publisiteit wat Solidariteit (en Afriforum) ontvang. Die meeste Afrikaanse organisasies word eintlik doodgeswyg deur die SAUK, die Independent-groep en natuurlik Nasionale Pers se koerante en TV-kanale.

Vanmôre word Beeld se hele voorblad egter in beslag geneem deur ‘n oproep om deel te neem aan Solidariteit se e-posveldtog teen misdaad. Huh!? Van wanneer af neem Beeld deel aan aktivisme teen die Nuwe Suid-Afrika? Die afgelope sestien jaar vertel al hul goeroes soos Max du Preez, Ferdi Greyling en ander ons net aanmekaar hoe “onvermydelik” die huidige bestel is en dat Afrikaners maar te dankbaar moet wees vir al die voorregte wat ons tans geniet, soos die reg om jou eie huis of motor te mag besit.

Ook het Dirk Hermann van Solidariteit vanmore omtrent tien minute op Radio Sonder Grense gekry om dieselfde e-posveldtog te adverteer. Gewoonlik steur RSG hom nie aan die doen en late van Afrikaanse organisasies nie en saai liewer die toesprake van ANC-ministers regstreeks in Engels uit. Dis ook baie vreemd. Ek moes myself knyp om seker te maak ek droom nie!

Solidariteit se e-posse word egter aan die president, Jacob Zuma, gestuur. Nou wonder ‘n mens, met die anti-Zuma-veldtog wat in die Engelse media in die land woed en wat sekerlik ook vanuit die Britse en Amerikaanse ambassades in ons land georkestreer word… Het ons hier te make, nie soseer met ‘n anti-misdaadveldtog nie, maar met ‘n vertakking van die anti-Zuma-veldtog?

In die twintigste eeu het Afrikaners gedweë as kanonvoer gedien in al die oorloë wat Brittanje geveg het. Voor ons soldate Angola binnegeval het, het die Amerikaanse “adviseurs” hulle toegespreek en gesê “hulle veg vir die Vrye Wêreld”. Ek weet, want ek was daar. Agterna het die “Vrye Wêreld” (dis nou hoofsaaklik die VSA en Groot Brittanje) ons in die rug gesteek en gesorg dat Madiba en sy trawante oor ons aangestel word om ons taal en kultuur uit te wis, regstellende aksie teen ons toe te pas, ens. Onder andere het Mandela die misdaadgolf aan die gang gesit toe hy aan 9 000 geharde misdadigers kwytskelding verleen het.

Misdaad in ons land dien die Britse saak, want dit verdryf Afrikaners uit Suid-Afrika en is daarom die “finale oplossing” vir wat hulle as die Afrikanerprobleem beskou. Maar kennelik beheer iemand anders as Groot Brittanje vir Jacob Zuma. Onder andere is hy vriende met die Angolese en die Arabiere. Moontlik staan hy ook nie afsydig teenoor die Russe en Sjinese nie.

Zuma se jeugdige handlanger, Julius Malema, praat skoon daarvan dat hy die myne wil nasionaliseer. Dit gaan waarskynlik nie goed af by Anglo-American en De Beers se hoofkantoor wat deesdae in Londen gesetel is nie…

Dis seker nou nie toevallig dat die Sunday Times en The Star ‘n ontsettende anti-Zuma-veldtog aan die gang hou nie. ‘n Mens sou sweer Zuma is PW Botha! Soveel propaganda wat teen een mens gerig is! Want die kleurryke Zoeloe met sy baie vrouens en kinders is seker nie, soos Mandela of Mbeki, die ideale Britse marionet wat alles doen wat die mynhuise of die Britse Ambassade in Kaapstad van hom vra nie.

En Zuma het mos positiewe geluide oor Afrikaners gemaak en Pieter Mulder in sy kabinet as ‘n troosprys aangestel. Vir die internasionale geldmag is dit seker nog ‘n goeie rede om van hom ontslae te raak.

Nou kom Solidariteit en Beeld op die toneel en gebruik misdaad om die Afrikanerbevolking teen Jacob Zuma op te sweep. Terwyl Mandela, wat so fluks die misdadigers uit die tronk gelaat het, aanbid moet word.

Dis nou ook op die oomblik dat dieselfde Beeld in ‘n meningspeiling agtergekom het dat Afrikaners van ‘n volkstaat droom wat sommer heeltemal misdaadvry sal wees, want dit sal deur Afrikaners regeer word. Vryheid, daardie taboewoord in ons woordeskat.

Iemand wil van Zuma ontslae raak, anders sou daar nie so ‘n konstante veldtog teen hom gevoer gewees het nie en sou daar nie ‘n bekookte verkragtingsaak teen hom geloods gewees het nie. Al daardie Afrikaners wat vandag fluks e-posse aan Zuma oor misdaad gaan stuur, moet hulleself afvra watter doel dit gaan dien. Gaan jou e-pos misdaad stop of gaan dit, soos die Afrikaners se gunstelingparty met ‘n Black Sash-tannie aan die spits gesê het, vir “Zuma stop”?

Moet ons nie eerder stry om ons vuurwapens te behou, buurtwagte te stig en weer beheer van die strate te neem nie? Ná alles, hoeveel gewapende rowers stop jy met ‘n e-pos? En dink jy regtig die ANC-regering kán iets aangaande misdaad doen, selfs al wil hy?

Wanneer gaan Afrikaners in hul eie belang begin optree en nie iemand anders se belang (die anti-Zuma-faksie, die geldmag of Brittanje en Amerika) dien nie?

Immers weet ons ook dat Solidariteit nie ‘n probleem met die Nuwe Suid-Afrika of ons wonderlike nuwe grondwet het nie. Soos FW, voel hulle net “die grondwet moet reg toegepas word”. En ‘n pleister of twee op die misdaadprobleem sal sekerlik help om FW de Klerk en Roelf Meyer se erfenis te beskerm. Met binnekort ‘n meer Engelse swarte – ‘n pro-Britse kloon van Thabo Mbeki – in Libertas in Pretoria, wat ons verder kan bewierook met die voordele van “ons wonderlike demokrasie”.

bet no depositФильчаков прокуратура харьков

Gemeenskapspolitiek

Die meeste Suid-Afrikaners was verstom oor die min aandag wat pres. Jacob Zuma in sy staatsrede aan verskeie sake, waaronder misdaad, geskenk het. Dit het ‘n dawerende swye oor die etlike plaasmoorde vanjaar ingesluit, en het gekom te midde van verskeie moorde en ander aanvalle in sekuriteitskomplekse.

Die opposisiepartye gaan na verwagting op hierdie leemte en ander leemtes in hul reaksie op die staatsrede klem lê.

Die publiek was tradisioneel egter grootliks uitgesluit van hierdie proses.

Nou voeg Solidariteit ‘n element by wat druk op die regering behoort te verhoog – ‘n blitsvinnige aksie om so veel as moontlik briewe van protes oor die misdaad by die president te kry, met afskrifte wat in possakke môre by die parlement afgelewer word voor Zuma sy repliek lewer.

Moderne kommunikasietegnologie, soos die internet en selfone, maak hierdie projek moontlik.

Soortgelyke projekte is in die verlede op die proef gestel toe pres. Thabo Mbeki nog die septer geswaai het.

Dit is egter nie net die regering wat homself blootstel as teiken van gemeenskapspolitiek nie. Toenemend begeef die privaat sektor ook die terrein van die rug keer op die publiek wat sy lewensbloed is. Die jongste voorbeeld is die SA Skeidsregtersereniging wat nie meer die rugbyreëlboek in Afrikaans beskikbaar stel nie omdat daar kwansuis nie ‘n behoefte voor is nie. Afriforum spring weer hier in.

Gemeenskapspolitiek is ‘n politiek-sosiologiese verskynsel wat dikwels die manifestasie van gebrekkige gemeenskap- of minderheidsregte in ‘n grondwet vergestalt. Suid-Afrika het juis ‘n fase agter die blad waar Suid-Afrikaners, ongeag politieke oriëntasie, breedweg konsensus bereik het dat die grondwet minstens gebreke het. Aan die hele politieke spektrum ervaar mense ‘n mate van magteloosheid om deur konvensionele politieke deelname, soos stemreg, daarop te reageer.

In ‘n artikel in gister se Rapport is prof. Koos Malan van Tuks selfs krities oor die werkbaarheid van die wigte en teenwigte in die grondwet, en meen dit kan iemand platsak laat sonder dat hy veel vermag het. Hy meen die grondwet is ryklik besaai met regte, maar gaan mank aan gesag om iets daaraan te doen.

Die huidige verwikkelinge in Suid-Afrika is ‘n teksboek-verloop van leemtes wat politieke sosioloë se vakgebied uitmaak. In die boek, Temas in die politieke sosiologie van André Pelser en Lucius Botes word dit in ontstellende detail onder die loep geneem. Die interessantheid egter, is dat hierdie boek in 1992 verskyn het. Dit kan dus nie van politieke vooroordeel jeens die huidige bedeling beskuldig word nie.

Die grondwetlike proses het sedertdien afgeloop, en die grondwet is die produk van ‘n feitlik uitsluitlike juridiese benadering. Die indruk word geskep dat insette van politieke sosioloë, politieke geograwe en selfs politieke wetenskaplikes nie oorweeg is nie, en in elk geval nie in die finalisering opgeneem is nie.

Die gevolg was egter nie dat realiteite uit hierdie vakgebiede verdwyn het nie. Dit leef steeds, en die druk in die drukkoker word groter.

Terwyl daar groot konsensus is – van Tim du Plessis tot Max du Preez tot prof. Koos Malan dat veranderings nodig is, is daar minder konsensus oor hoe verder beweeg moet word. Sommiges is selfs blatant eerlik en sê hulle weet nie.

‘n Uiteinde, volgens die politieke sosiologie, is politieke geweld.

Gemeenskapspolitiek bied moontlik die mees werkbare alternatief. Om suksesvol te kan wees in wye deelname egter nodig. Dit het vaardigheid nodig, en dit is tyd dat politieke sosioloë hul stem duidelik laat hoor.

для баниФільчаков прокурор

Politieke meetsnoere van die geldmagte

Malema, hofnar en mondstuk vir die ANC regering, raak toenemend opdringerig oor die nasionalisering van die Suid-Afrikaanse myne. Mandela het met fyn tydsberekening intussen sy goedkeurende seël daarop geplaas en ‘n ander dimensie daaraan verleen.

Hierdie dimensie hou beslis vir die wêreldgeldmag ‘n bedreiging in, wat hulle tot onmiddellike optrede verplig het. Volgens Max du Preez wat blykbaar sy oor op die ANC-grond het, loop die wit mynbase Malema se drempel plat om hom met behulp van die tjekboek tot ander insigte te bring. Du Preez sê tewens Malema se fabelagtige rykdom is te danke aan hierdie gebare van die mynboubedryf se welwillendheid.

Dalende mynbouproduksie van naby 7% in 2009 is hoofsaaklik veroorsaak deur die daling van diamantverkope. Anglo American het glo ‘n gesonde 450 miljoen dollar daarin gepomp om die bedryf ‘n hupstoot te gee deur die myne wat gesluit is weer in produksie te bring.

Die Britse monargie se belangstelling is ook gaande oor die aangeleentheid. Sopas is ‘n uitnodiging van koniging Elizabeth aan president Zuma gerig.  Die koningin het hom genooi vir n kuiertjie by haar in Buckinghampaleis – van die 3de tot die 5de Maart 2010 – waarna ons vermoedelik nie weer n woord sal hoor oor die nasionalisering van die myne nie.

Of het ek die kat aan die stert beet?

designer bridal accessoriesтопкарго отзыв

Kennis van die aand want dis lekker in die donker

Jare gelede, met Kennis van die aand wat onder die maatemmer moes bly, het ons Afrikaans-Nederlandse dosent na dié omstrede boek as “Dis lekker in die donker” verwys, ‘n heel duidelike sinspeling dat dit die plek, of liewer geleentheid is wanneer die kat geknyp word.

In daardie stadium was Jors Troelie se kennis van kat in die donker knyp nog min of meer beperk tot verhale van ‘n paar ongure karakters, soos ‘n proffie in Landbou by ‘n ander universiteit wat redelik blatant was, soos om vanuit sy “vriendin” se koshuiskamer met studente te raas wat buite bietjie hard lawaai het.

Vreemde dinge aangevang, soos om vir sy departement ‘n nuwe yskas aan te skaf, maar die nuwe in sy huis te gebruik, en die huis se yskas departement toe te neem.

Toe gaan kopieer hy ‘n Australiese artikel in ‘n vaktydskrif, en die lelike Aussies kla toe oor die plagiaat. Het hy dit net vertaal, het niemand dit dalk agtergekom nie.

Hieroor beland hy op straat, maar kom by vroulief en vertel hy het bedank, en gaan nou vir sy skoonpa in ‘n ander provinsie boer. Hier daag sy vrou een aand op ‘n buurdorp by haar man se verlowingspartytjie op, en lig die aanstaande bruid in dat sy eintlik nou aan ‘n getroude man verloof geraak het. Om die een of ander rede word die verlowing sommer tydens die partytjie verbreek.

‘n Ruk later laat kom die dekaan van ‘n mediese skool ‘n kennis van die uwe, en sê hier is iemand wat vir ‘n professoraat aansoek doen, maar iets is nie pluis nie.

Toe die einste ex-proffie wat mediese kwalifikasies veins.

Die laaste wat van hierdie Casanova verneem is was dat hy gevang is dat hy mense se pos uit hul posbusse steel.

Ai, en dan was daar die voormalige politikus wat in ‘n stadium so vir die media uit Griekeland (hoekom so alewig Griekeland?) uit briewe geskryf het om te vertel hoe oulik die ANC is. Jare tevore egter, in die dorp waar hy eens dosent was, het my pa se sekretaresse ‘n foonpes opgedoen, en by die polisie gaan kla. Die polisie daag met ‘n bandopname op wat van ‘n foonpes gemaak is wat ‘n getroude vrou geteister het, om te hoor of dit dalk dieselfde pes is.

“Nee,” seg sy, “maar daai stem is dié van *&^%.”

Snaaks, sedertdien kon daai man eintlik niks doen sonder om Jors Troelie te walg nie, soos sy oorlopery na die ANC en sy gatkruipbriewe uit Griekeland uit.

Maar toe kom dit die uwe ter ore hoe ‘n deftige aangetroude familielid se pa, eens burgemeester van ‘n vooraanstaande dorp, self anderkant die draad gaan kuier het. Dié burgemeester was ook ‘n bekende skoolhoof.

By geleentheid glip hy by die skool weg, en sy vrou wat half teë was op dié storie bel ‘n munisipale amptenaar en sê net: “Die burgemeester kuier by jou vrou.”

Die amptenaar sit af huis toe, en maak liggies beswaar. In die proses van beswaarmakery is die skoolhoof, broek in die hand, by die venster uit, en begin die rieme neerlê skool toe, met die woedende amptenaar al skreeuend agter hom aan: “Die burgemeester kuier by my vrou, die burgemeester kuier by my vrou…”

So is die prosessie die skoolterrein in, skoolhoof / burgemeester steeds broek in die hand. (Dit was depressiejare en ‘n man het nie sommer onnodig klere laat wegraak nie).

Maar toe begin die voete van klei ook in ‘n meer direkte omgewing deurslaan. ‘n Destydse DG en sy skakelbeampte se name begin in meer as een opsig oor ‘n hegte liaison die rondte doen. Een dag let Jors Troelie per toeval ‘n “small” op dat die DG geskei is. Die volgende oggend is die DG en die skakelbeampte se verlowingsfoto op die voorblad.

‘n Ruk later begin gerugte die rondte doen van ‘n rektor wat so met ‘n personeellid kafoefel, en dié maak sterk opgang. Toevallig nog die (getroude) dogter van ‘n uiters ongewilde adjunkminister.

Toe ‘n redakteur diskreet navraag doen nadat vakbonde wat nie hond-haaraf kon maak nie kom kla het oor die onregmatige bevoordeling word die instelling se advertensies by daardie koerant summier opgeskort. Die skakelmense se instruksies was om regstreekse navrae as “infame leuens” te beantwoord.

‘n Ruk later is daar nog ‘n “small” en ook die volgende dag ‘n aankondiging dat dié rektor met die infame leuens gaan trou.

En sowaar, in dieselfde dorp begin dit toe algemene kennis raak dat ‘n rektor by ‘n ander instelling ook so anderkant die heining wei, dat dié dame ook uit ‘n betreklike junior pos na ‘n totaal vakvreemde pos bevorder is waarvan sy g’n benul gehad het nie. Weer eens is daar stories oor gesamentlike “amptelike” oorsese reise.

Nou blote toeval. Die een gewese rektor en die gewese DG is toevallig lidmate van dieselfde kerk as waarvan FW lidmaat is. Boonop het ‘n baie bekende teoloog van dieselfde kerkverband juis in daardie tyd ook die nuus gehaal oor ‘n Griekse dame.

Die voete-van-klei-verhaal kon net sowel, met hier en daar ander hoë karakters gehandel het oor die bekleërs se borrelende geaardhede … weens hul liefde vir die borrel. Trouens, ‘n effense langer verhaal.

Die belastingbetalers betaal baie om leiers te hê, en die verwagting is duidelik dat hierdie leiers ook ‘n voorbeeld moet stel. Daarom is dit ook bykans verseker dat ‘n gevryery anderkant die draad Max-imale aandag gaan trek.
Soos ‘n ander politikus gesê het: As die bekleër nie hou van die kollig op sy knypery in die erg verligte donker nie, moet hy bedank. Niemand verplig hulle om daar hoë ampte te beklee nie. Maar ai, ook daardie politikus het ‘n dogter waarvan haar man nie die pa is nie.

водяного насосаалександр лобановский харьков класс

Wie is die Afrikaners?

Die sporadiese debat oor wie nou eintlik Afrikaners is verskaf ‘n kykie in die motiewe van sommige deelnemers. Wees verseker dat diégene wat kopsere het oor ‘n definisie van Afrikaners dieselfde persone is wat gekant is teen enige minderheidsregte aan hulle. Die verlammende debat wat beoog word, is ook hopelik ‘n struikelblok omdat van Afrikaners verwag word om te wonder of hulle hoegenaamd ‘n etniese entiteit sou wees. Dié logika voorsien dat ‘n groep, wat homself nie in presiese terme kan omskryf nie, nie ‘n groep is nie en dus nie as ‘n groep op minderheidsregte kan aanspraak maak nie. ‘n Volk wat egter net met individuele regte, soos die Afrikaners, tevrede is, bestaan nie.

‘n Bekende akademikus en skrywer sê onlangs: “Die term Afrikaner beklemtoon besondersheid en andersheid. Hierdie begrippe is die wese van ‘n étniese identifikasie. Die Afrikaners is ‘n groep mense wat lotsgebonde is en voel dat hulle ‘n besonderse historiese Afrika-agtergrond het. ‘n Groep mense wat begeer dat hulle simbole van kulturele andersheid soos taal en kultuur deur bepaalde instellings in stand gehou word. Vir hulle is die gebruik van Afrikaans as publieke taal nie net ‘n instrumentele handeling nie maar ‘n belangrike eksistensiële en emosionele komponent van hulle identiteit. Afrikaans bevestig hulle betrokkenheid by die huidige on-demokratiese SA.”

Kan ander mense, wat nog nie volledig by hierdie omskrywing betrek word nie, hulle uiteindelik aansluit by die Afrikaners? Net soos ander mense hulle by die Portugese, Iere en Italianers kan skaar en sodoende deel word van ‘n toekomstige lotsverbondenheid is die antwoord op hierdie vraag bevestigend.

Die Afrikanervolk aan die einde van die eeu kan aansienlik anders daar uitsien. Of dalk wesenlik dieselfde bly. Tans speel velkleur ‘n belangrike rol by Suid-Afrika se politieke elite. Etnisiteit en kultuur word egter nog as die belangrikste dryfkragte beskou.

Shalom!

demo slot machineДанильченко Юрий Харьков

Sandra Laing-‘terugskop’ feitlik onmoontlik

Ek verwys na die rubriek van Anton Barnard, Ockham se skeermes en die geval Sandra Laing. Enige mens met min of meer ‘n redeneringspotensiaal en ‘n paar neurone wat tussen die ore saamwerk, sal 100% met hom saamstem. Die belaglike verpolitisering van die Sandra Laing-verhaal deur Amerikaanse liberales wys weereens tot watter mate hierdie mense sal grou om iets teen die wittes in Suid-Afrika te kry, omdat hulle (die liberales) se Disney World in ons land nie verwesenlik is nie en verder verkrummel. Dus moet skuldiges gesoek word.

Daar word gevra hoe so iets moontlik is, nl. twee wit ouers wat ‘n swart kind kan verwek. Die gewone mense praat van ‘n “throwback” (verskoon die Engels). Dit sou dan nou kamtig gene wees wat in die verlede verkry is en dan dormant sou bly tot in 1955 toe sy verwek is. Dit is nou die teorie van die liberales en Hollywood-filmmakers. Die sg. “throwback” of terugskap kan slegs gebeur indien daar selektief geteel word met voorouers wat fenotipiese eienskappe het waarna gesoek word, bv. by bees- of perdeteling. Dit is in Sandra se geval nie moontlik nie!

‘n Ander teorie is dat die gene vir melanien, wat kleur aan die vel gee, ‘n mutasie ondergaan het. Daar is 6 gene en verskillende allele vir melanienproduksie. ‘n Geen bestaan dan ook uit verskillende dele volgens die wetenskaplike werk wat Jacob en Monod gedoen het, nl. operateur,promotor, reguleerder en dan die strukturele gene wat kodeer vir die proteïene. Vir al hierdie om ‘n paar puntmutasies te ondergaan en dan ook nog lewensvatbaar te wees, is uiters, uiters, uiters skaars. Miskien 1 in 100 000 000 gevalle? Dus is hier ook nie ‘n moontlikheid nie.

Die enigste aanvaarbare verklaring is dat die dame se moeder ontug gepleeg het in daardie jare.

сауна под ключалександр лобановский харьков

Pres. Jacob Zuma se staatsrede

‘n Staatsrede met ewe veel weglatings as belangrike sake wat gemeld is, met ‘n groot vraagteken oor of daar dié keer iets op grondvlak van goeie voornemens gaan gebeur.

Terwyl baie gemaak is van die skep van werksgeleenthede en die ekonomie, het misdaad weinig meer as ‘n terloopse vermelding gekry. In die lig van sy later verbintenis tot rekonsiliasie was sy swye oor die omvang ban plaasmoorde hinderlik.

Korrupsie is wel bietjie meer onder die loep geneem, maar daar was geen sterk standpuntinname dat korruptes in die pad gesteek gaan word nie. Trouens, die hele morailiteitskwessie het uitstaande gebly. Hiersonder is die teen-Vigsprogram se tande by voorbaat getrek.

Aan die positiewe kant, is dit bemoedigend dat die skep van intensiewe groen werkgesleenthede is die oog is. In aansluiting hierby die standpunt dat privaat kragvoorsieners ook ‘n groter bydrae sal lewer, en ‘n mens kan maar net hoop dat dit hoofsaaklik na groen krag verwys.

Plek-plek wil ‘n mens bekommerd raak dat van sy adviseurs eerder ideologies as met kennis dink. Met grondhervorming is die gedagte weer eens geopper van die vestiging en ontwikkeling van klein boere om hierdie sektor uit te brei en lewensvatbaar tye maak. Terwyl die president in bykans dieselfde asem na Suid-Afrika as waterarm land verwys, sou ‘n mens begrip verwag dat min dele van die land hom leen tot lewensvatbare kleinboerdery, veral ‘n boerdery wat ‘n betreklik seker inkomste van bokant die broodlyn sal lewer.

Uiteindelik – baie voornemens vir regruk, maar so was daar ook voornemens en selfs ‘n nege man ministeriële taakspan om Balfour se probleme aan te spreek.

Skynbaar was dit ‘n geval van waar een blinde ‘n ander lei, val beide in die sloot.

By Balfour het die hoë vlak span skynbaar dadels vermag en het die dorp maar weer gebrand.

Die land kan maar net hoop dat die staatsrede meer konkrete suksesse as ‘n sterk ministeriële taakspan sal oplewer.

Crime Sceneданильченко юрій Харків

Wat weet ons?

Terwyl Afrikaner”leierskap”, binne-parlementêr en buite-parlementêr, hulself amuseer en hul tyd en kapasiteit, of gebrek daaraan, vul met filosofieë, teorieë en goed genuansieerde en kruiperige “kritiek, rakende die onregte wat blankes beleef en die regte van minderhede en dan in die besonder, die van blankes in Suid Afrika en nog meer spesifiek die van die Afrikanervolk en die maniere oor hoe hom daardie regte te verkry en te behou, is die tyd om reddingsaksies te beplan en implementer, besig om uit te loop. Of eerder uit te hardloop…

Volgens beskikbare inligting is daar by benadering 50 miljoen mense in die land. Alhoewel ek glo, dat die Afrika-immigrante, wettiges en onwettiges  in ag genome, die syfer, heelwat hoë as 60 miljoen sal dryf. Nietemin, dit beteken dat daar ongeveer 4 miljoen blankes is en die res van die 46 miljoen plus, is nie-blank.

Van die 4 miljoen blankes leef omtrent 25% (1miljoen), in absolute armoede en in plakkerskampe, bywoners in agterplase ens.

Van die 46 miljoen nie-blankes, is ongeveer 2 miljoen, ryk tot skatryk, tot miljoenêrs, multi-miljoenêrs en ‘n hele paar biljoenêrs. Na bewering is daar meer as 20’000 swart miljoenêrs. Die res van die nie-blankes leef in verskillende vlakke van armoede, wisselend van, loon arbeiders, tot minimum loon arbeiders, tot staatstoelae ontvangers, tot van dag tot dag oorlewing deur los werkies, bedel en of misdaad, tot “bestaansekonomietjies” en “ruilhandel” in die platteland.

Daar is ongeveer 5 miljoen persoonlike belasting betalers, wat dus min of meer kan beteken, dat hulle bestaan uit die 3 miljoen blankes wat steeds werk en of besighede het en uit die plus minus 2 miljoen swart “diamante”.
‘n Krimpende belastingbron en gans wat die goue eiers lê, wat gewurg word om die infra-struktuur, dienste, maatskaplike befondsing van miljoene en die vergrype van die korruptes in posisies van mag, te finansier!
Hoe lank nog voor ‘n totale inploffing van die ekonomie?
Watter vrugte sal die daaruitvoortspruitende chaos dra?

Waar die swart diamante hoofsaaklik bestaan uit swartes wat ryk is as gevolg van “Regstellende Aksie”poste in die staatsdiens en privaatsektor, en Swart Ekonomiese Bemagtiging, wat aan hierdie onverdienstelikes uitgedeel is, as gevolg van diskriminerende wetgewing, sentiment en aksies teen blankes en die algemene rugraatlose oorgawe, aanvaarding en anti-blanke samewerking, van kruipende, sowel as liberale blankes.

Met elke sodanig bevoordeelde swarte wat dien as ekstra koste vir die belastingbetaler, as die staat hom dra en as ekstra koste vir die verbruiker, as die privaatsektor hom dra. In diensgeneemdes en of besitters van “kapitaal”, wat as bates moes dien, maar slegs bydra tot die kostestukture. Leierskap wat moes lei na veiligheid en voorspoed, maar wat slegs lei tot hul eie persoonlike veiligheid en voorspoed, maar tot die toenemende lyding en agteruitgang en verval, van die res van die land en bevolking!

Aan diegene in die blanke gemeenskappe, wat reeds so ver gebreinspoel is dat hul dink die “suksesvolle” swartes is waar hul is uit verdienste, net die volgende:
In Apartheid Suid Afrika, met blankes wat na bewering alles verniet gekry het en op elke denkbare manier bevoordeel was, was daar nie iets soos ‘n blanke staatsdiensamptenaar, wat ‘n miljoenêr was, of geword het nie. En die enkelinge wat dit wel min of meer vermag het, was kort voor lank in die tronk vir diefstal en bedrog.
Die meerderheid senior swart staatsamptenare vandag, is egter miljoenêrs…
Wat het verander?

Nietemin, die prentjie hierbo wys vir ons dat daar minstens 44 miljoen swartes is, wat ‘n radikale ommeswaai van die status quo, as voordelig vir hulself, sou beskou. 

Met ander woorde, daar is minstens 44 miljoen swartes, wat uiters vatbaar sou wees, vir enige vorm van opstoking tot massa anti-blanke “xenofobie”!

Vier en veertig miljoen swartes, wat as en wanneer hul deur opstokers en aanhitsers oortuig word en glo dat alle swartes in alle stede, dorpe en streke van die land, besig is om blankes uit te wis, te verkrag en te beroof, en dat hul dus op geen manier gekeer, gevang of aanspreeklik gehou kan of gaan word nie, sal doen wat die swart riemtelegramme en bostelegrawe al sedert die sestigerjare aan hul “beloof”! En dit met al die primitiewe, wrede barbaarsheid, inherent tot hul ras!

HIERUIT SPRUIT DIE VOLGENDE LEWENSBELANGRIKE VRAE:

1.    Is die swart regering, sy alliansie kamerade en staat, besig om hierdie 44 miljoen plus, onrustige, “arm” swartes te passifeer, of eerder om hul op te sweep?

2.    Het die swart regering en staat, al ooit in die openbaar, die swart bevolking en swart amptenary in die bek geruk oor hul anti-blanke diskriminasie?

3.    Het die ANC regering al ooit een van sy ampsdraers of vennote in sy onheilige alliansie, in die openbaar in die bek geruk, oor anti-blanke opstoking en verdagmakery?

4.    Sal die swart regering en staat dit waag om moontlik die swart massa stem en ondersteuning te verloor, deur swartes prontuit en oortuigend in die openbaar in te lig dat daar geen tyd in Suid Afrika sal wees, waar swartes blankes se eiendom of lewens in massa, mag bedreig of roof nie? En indien hul dit sou  waag, dat die staat sy volle gewapende magte teen sulke swartes sal gebruik?

5.    Wat sal die swart regering en staat doen, as of wanneer die swart damwal breek, sonder die regering se stilswyende goedkeuring, en die moordende, geweldadige swart vloed spoel oor die blankes van die land?

6.    Verstaan en erken die swart regering en staat, die krisis wat blankes in die land beleef? Indien wel, gee hul enigsins werklik om, of dra dit hul stilswyende goedkeuring weg?

7.    Toon die swart regering en staat, enige tekens dat hul die bedreigings teen blankes se veiligheid, eiendom, bronne van inkomste, verkose kultuur en lewenswyse, wil of kan neutraliseer?

8.    Toon die binne-parlementêre verteenwoordigers van die blankes en die van die Afrikaners, enige insig in, of daadwerklike intensies of vermoë, om die swart regering en staat, te verplig om hul verpligting teenoor ons mense na te kom? Of uiter hul slegs nou en dan konflikvermydende, sagte “repudierings” aan hul verdrukkende swart parlementêre “kollegas” en dan veral oor sake wat nie lewe en dood behels nie, maar gaan oor die “sagter” verdrukkings soos kultuur en taalverdrukking?

9.    Wat is die nut van blanke parlementêre verteenwoordigers, as hul “teenwoordigheid”, nie lewe en dood sowel as brood en botter bedreigings, van die Afrikanervolk aanspreek en oplos nie. In die afgelope 16 jaar, het die toestand van Afrikaners, drasties versleg onder die “diensbeurt”  van hierdie verteenwoordigers, terwyl die toestand van die “verteenwoordigers”, verbeter het!

10.    Toon sommige buite-parlementêre Afrikaner verteenwoordigende groepe of individue, insig en daadwerklike intensies of vermoë, om die Afrikaner te verdedig en “red”?

11.    Kan die vryheidsgesinde Afrikaner, in die Afrika milieu, verwag en glo dat enige iemand of groep, ‘n toestand van Afrikaner behoud, veiligheid en voorspoed kan skep, sonder daadwerklike ingryping, vreeslose konflikhantering en as nodig, oorgang tot fisiese verset, wat dit ookal mag vereis?

12.    Kan die identiteitslose liberale gemiddelde Afrikaner en ander blankes, verwag dat blankes en Afrikaners se toestand en lot in Suid Afrika, sal beter word, sonder daadwerklike ingryping deur blankes, tot voordeel van blankes? As hierdie liberale idiote so dink, watter kans bestaan daar dat hul reg is?

Ek moedig elkeen aan om hierdie vrae te deurdink en te antwoord aan die hand van:
–    die Afrika en Suid Afrika geskiedenis tot nou,
–    swartes se uitsprake tot nou,
–    tipiese swart sentiment jeens blankes en gevolglike besluite en aksies,
–    gebeure, anti-blanke wette, die toepassing daarvan en kriminaliteit  wat ons blankes en Afrikaners raak tot nou,
–    die ras en gesindheid van ons mense se aanvallers tot nou en
–    die regering se stilswye en ontkennings daaroor,
–    sowel as die reaksie en optrede, of eerder gebrek daaraan, van blanke parlementêre verteenwoordigers, daaroor.

Kyk dan of jy tot enige antwoord kan kom wat verskil van die ondergenoemde:

–    Geen swart party in die land sal sy swart massa ondersteuning behou as hy opentlik blanke belange beskerm nie. Daarom sal hy nie!
–    Geen “multi-rassige” party soos die DA sal ‘n wesentlike swart ondersteuningsbasis kan bou, as die persepsie bestaan dat die party blanke belange beskerm nie. Sonder wesentlike swart ondersteuning sal die party met tyd in die niet verdwyn, of vir ewig soos ‘n puisie op ‘n vark se gat sit met geen waarde anders as om die reeds lelike vark verder te ontsier nie. Daarom sal hy nie blanke belange beskerm nie.
–    As daar ‘n massa swart opstand plaasvind teen blankes, sal geen swarte of swart party wat nie saam uitgemoor wil word nie, opstaan en die blankes beskerm nie. Daarom sal hulle nie.
–    Indien ‘n swart regering of party teen die massa swartes sou optree, sou daardie regering of party, indien hul oorleef, nooit weer politieke ondersteuning kry nie en dus nooit weer by die belastingtrog kan vreet nie. Daarom sal hulle nie.
–    Geen blanke of Afrikaner party, kan binne-parlementêr, enige wetgewing ter beskerming van blankes of Afrikaners deurvoer nie, aangesien hulle  as ‘n absolute minderheid en die teiken van die meerderheid, altyd ondergetrap sal word in ‘n stelsel van die tiranie van multi-rassige “demokrasie”.
–    Die antwoord vir ons blanke en Afrikaner probleem, is dus buite-parlementêr.
–    Ons kan slegs ons eie heil bewerkstellig waar ons geldende en afdwingbare besluite oor onsself neem.
–    Ons sal dit slegs kan vermag as ons buite die huidige politieke bestel is en ons eie staatsmag besit, met die vermoë om dit af te dwing.
–    Die kans dat die swart regime ons daardie vermoë om ons eie heil te bepaal, sal vreedsaam toelaat, is amper nul.
–    Ons sal dus gereed moet wees om ons vryheid te verwerf met sweet en bloed.
–    Hoe langer ons wag, hoe moeiliker raak dit.
–    Hoe meer mag ons het, ekonomies en andersins, hoe nader is ons aan ‘n posisie van magsbalans en hoe groter is die kans dat ons, ons vryheid kan verwerf met geen of indien wel, dan beperkte bloedvergieting.
–    Bleeksiel leiers is tot ons direkte nadeel omdat hul geen ware respek by swart leiers afdwing nie.
–    Sterk leiers en die vermoë om daardie leiers op enige en alle maniere  te beskerm, teen die regime, sy handlangers en verraaiers, is ‘n vereiste.
–    Die meeste wat ons van die buiteland kan verwag, is dat hulle weke na die blanke“slagting” begin het, uitsprake sal maak wat hul afkeur in die geweld aantoon. Sommige state sal wel betrokke probeer raak, aan die swart kant, as hul sien die Afrikaners wen.
–    Die voortbestaan, vrede, veiligheid, voorspoed en leef volgens eie Afrikaner verkose leefwyse en kultuur, is slegs moontlik binne ‘n Afrikaner beheerde staat.
–    Die alternatiewe is:
i.    Vlug landuit as en wanneer jy kan, na waar wie ookal jou sal aanvaar.
ii.    Knak die knie en word een met die multi-kult RSA en  “globale” wêreld en gee namens jouself en nageslagte alle aanspraak op, op rassuiwerheid, Eerste Wêreld standaarde, beskawing, opleiding, kultuur en lewenswyse.
iii.    Sterf sinneloos aan die hand van barbare, omdat jy nie jou volk wou erken en jou by hul wou skaar vir kollektiewe verdediging en selfbeskikking nie.

Hoeveel eer en “menslikheid” is daar in elk geval daarin om jou eie familie en nageslagte te verdoem tot slawe en onderdruktes in hul eie land? As een van die bleeksiele belangrik genoeg was om sy naam in ‘n geskiedenis boek te noem, as wat sal hy genoem word:

Slapsiel wat oorgegee het en die res van sy lewe te bang was om teen sy en sy nageslagte se slaafskap en vertrapping op te staan?

“Groot gelowige”, wat sy eie ras en volk verraai het, ten einde ‘n deur die geskiedenis bewysde, onverdienstelike ras en volkere, te help om sy eie volk te onderdruk?

Saakmakende ondersteuner en propagandis van die demoniese geloof van Humanisme, wat die mensdom help verwoes het deur kwantiteit mense as meer waardevol as kwaliteit mense te verklaar en te behandel en sodoende die mens oortyd reduseer het tot net nog ‘n soogdier in ‘n geveg vir dag tot dag oorlewing?

Afrikaners sal baie vinnig moet besluit waar hul staan en dan met oortuiging hul gewig by daardie saak ingooi. Eersdaags sal die keuse om wel ‘n keuse te maak, nie meer jou beskore wees nie!

как заполнять мед справкуФильчаков прокурор харьков

Ballon wat geprik is

Werklikhede is dikwels baie anders as die Utopia wat politici voorhou, en kandidate wat tydens ‘n verkiesingsveldtog op ‘n golf van gewildheid kon ry, is dikwels kort na hulle tot die tuig verkies is baie ongewild.

Die jongste voorbeeld is pres. Barack Obama wat ‘n jaar na sy verkiesing reeds in meningsopnames druip. Tot die Tea party, ‘n konserwatiewe beweging wat onlangs tot stand gekom het, vaar in peilings beter as pres. Obama se Demokratiese Party.

Iemand wat egter loshande die gewildheidstoets oorleef het, is oud-pres. Nelson Mandela. Hy word steeds wyd – internasionaal en plaaslik – as ikoon voorgehou. Vandag, twintig jaar na sy vrylating, is koerante vol artikels waarin menings gehuldig word oor hoekom hy die status van grootsheid kon verwerf.

In werklikheid was hy ook ‘n regeringshoof met voete van klei. Onder sy grootste flaters was ‘n hele rits baie swak ministers waarvan die sleurkrag in departemente soos Binnelandse Sake, Onderwys, Verdediging en verskeie ander gesien kan word. Swak aanstellings sedertdien het verseker dat sake in die reël nie verbeter het nie, en dikwels nog verder die kreeftegang gegaan het.

Hy het ook die onverpoosde misdaadgolf geloods met die vrylating van 9 000 misdadigers uit tronke in Suid-Afrika toe hy sy amp aanvaar het.

Om sake te vererger het Mandela ook klagtes wat moedelose mense en instansies oor hierdie swak ministers aan sy adres gerig het, as prosedure na daardie ministers verwys. Dit behoef geen Einstein om te besef hierdie prosedure het niks beredder nie.

Die euforie oor Mandela by ‘n groot deel van die publiek het tot gevolg gehad dat ‘n groeiende bewuswording dat die land ‘n grondwet vol leemtes het, eers in die Mbeki-era posgevat het. Die polarisasie wat later besonder opvallend sou word het ook eers in die Mbeki-era behoorlik ingesink. Anders as met Mandela het Mbeki roemloos ondergegaan en is byna dadelik vergeet.

Die Zuma-era het egter baie gou die grondwetlike leemtes ontbloot. Rubriekskrywers, kommentators, briefskrywers in koerante en vele meer probeer as’t ware mekaar oorbie in hul ywer om die langste lys gebreke op skrif gestel en gepubliseer te kry. Die kommentators uit die pro-Mandela-dampkring bly hoegenaamd nie agter by skeptici wat die huidige grondwetlike bedeling vanuit die staanspoor geopponeer het nie.

‘n Opvallende les is dat ‘n grondwet wat onder slegs een regeringshoof skynbaar slaag, geen geslaagde grondwet is nie. ‘n Grondwet moet die toets van geslaagdheid meer holisties kan deurstaan.

Tog het van die kommentators wat so die probleme lys steeds volgehou dat die grondwet goed is en op ‘n manier gebruik moet word om die probleme wat hulle lys aan te spreek. Oor die meganika hiervan was daar heelwat minder duidelikheid as oor die lys van probleme, en stellings is gemaak soos “deur harde werk”.

Pas het dit aan die lig gekom dat ‘n peiling in November aan Zuma ‘n gewildheid van 77 % gee, teenoor 70 % wat meen die regering vaar goed. Intussen is heelwat water die see in en het verskeie dorpe gebrand of brand steeds.

Dit lyk nogtans of diegene wat die land se probleme so lys, baie lank gaan wag dat die demokrasie onder die huidige grondwet die probleme gaan oplos.

Nou wag die land op die president se staatsrede.

циркуляционный насос купитьДанильченко Юрий Брониславович компромат

Wie het gebaat by die oorgawe?

Ek het nou ‘n hele paar artikels gelees rakende die 20ste viering van die gewraakte vrylating van 2 Februarie 1990.

Vele braak gal oor die aangeleentheid, en ander is “ontnugter”. Dan is daar diegene wat dit besing.

‘n Mens kan nie help om te wonder wie was die begunstigdes nie. Die blanke oor die algemeen voel hy is verontreg. Baie Afrikane voel ook dat hulle verontreg is, en met reg.

Talle stamme het waarskynlik meer lede gehad as die terreurgedrewe ANC.

‘n Wyse man sou mos geweet het dat die weg na vrede behoorlike heinings tussen bure is.

Dink nou as jy ‘n kompleks het met geen heinings nie, en almal hou honde aan, en die kinders kan speel waar hulle wil. Ek gaan nou nie baie ingenome wees met die buurman se hond wat voor my deur ‘n bol kom maak nie.

‘n Wyse man sou dus errder wou onderhandel oor die posisie van die heinings, en wie hoeveel daarvan betaal.

Die stelsel van ‘n groot heining om die kompleks en net een wat ‘n hond mag aanhou en hy dinges net waar hy wil is tog ook nie die antwoord nie.

Wie het namens wie se belange onderhandel by Kemptonpark?

De Klerk en sy oorgawespan het immers nie vir ons onderhandel nie. Hulle almal het mos nou al gebieg daaroor. So het die ANC ook nie vir die swart publiek onderhandel nie.

Hulle sal almal doodstil wees oor die antwoorde, maar vir ons om die werklike probleem te kan sien moet ons by die antwoord uitkom. Na die lees van baie artikels en opsommings kan mens n paar maatstawwe gebruik om die vrae te stel.

1. Wie was die borge van die voorafgaande onderhandelings sedert die middel tagtigs?

2. Wie was die befondsers van die ANC terwyl hulle internationaal as teroriste beskou was?

3. Wie het voordeel getrek of trek nou nog voordeel uit die chaos wat heers?

In die res van Afrika weet ons dat die mynwese in Angola gedy het tydens die oorlog, en dit ‘n finansiele voordeel was om “bloeddiamante”uit die markte te hou.

Ons weet ook dat die Angolese se oliekontrakte baie met die oorlog te doen gehad het.

As ons nou na Mosambiek kyk, dan sien ons weer dat groot plantasies nou aangeplant word op spotgoedkoop grond, duisende hektare word onder suikeriet gesit.

So kan ons aangaan en sien wie trek werklik voordeel uit die situasies wat rampspoedig geëindig het.

Heelwat Joodsbeheerde maatskappye het bydraes gelewer tot die voorafgaande onderhandelinge. Dit laat mens wonder wie verteenwoordig was met die onderhandelinge?

As de Klerk werklik in vrede belang gestel het, sou hy eerder met alle partye gesels het, soos met die verskeie tradisionele leiers en aan die ANC alleen ‘n aandeel in die onderhandelinge gegee het as ‘n gelyke van ander belangegroepe. Die verskeie stamkapteins sou vir hulle eie mense se voordele onderhandel het.

So het dit gekom dat daar nie direkte verteenwoordiging was vir die grootste finansiele rolspelers nie. Wie sou dan namens hulle onderhandel het? Of sou hulle enige iets aanvaar het?

Nee, hulle sou sekerlik nie enige iets aanvaar het nie, veral nie as hulle die borge van vele onderhandelings was nie.
Dit laat my dink dat niemand by die onderhandelingstafels teenwoordig was om hul eie mense se belange te beskerm nie, maar wel die van die borge.

As mens nou verder gaan kyk na die hoeveelheid maatskappye wat bevoordeel is deur die vervreeming van staatsbates, die hoeveelheid myngroepe en groot industrieë wat hulle hoofkantore verskuif het na Britanje en elders. Of die klein winsies wat hierdie maatskappye toon ten spyte van verbeterde werksmetodes ens.

Die invloed van die Suid-Afrikaanse myne, en maatskappye op die beurse in die buiteland, laat ‘n mens wonder wat regtig gebeur het tydens die onderhandelings?

Dit help ook nie mens vra die wat betrokke was nie, want hulle weet werklik nie, elkeen het maar sy geheime opdrag uitgevoer, sommige met ‘n belofte van ‘n direkteurskap iewers, ander internationale glorie en ander ‘n suigstokkie.

Kan iemand dalk lig werp op die begunstigdes?

you playАлександр Фильчаков прокурор

Waar is dit veilig?

‘n Aantal jare gelede het ‘n Suid-Afrikaanse minister die opmerking gemaak dat huisbrake in Australië meer algemeen voorkom as in Suid-Afrika.

Niemand het hom ernstig opgeneem nie.

Die minister se statistieke is waarskynlik gebaseer op dié van Nation Master, wat Australië inderdaad bo-aan die lys plaas met Suid-Afrika in die 10de plek. Hierdie tabel druk egter huisbrake per 1 000 van die bevolking uit, waar die SAPD se syfers dit in huisbraak per 100 000 van die bevolking uitdruk. Word die SAPD se eie syfers gebruik en omgewerk na dieselfde norm as dié Nation Master, klop dit hoegenaamd nie en is dit duidelik dat die twee instellings nie dieselfde syfers as grondslag gebruik nie.

Selfs al sou dit statisties die waarheid wees, is dit in Suid-Afrika so dat die totale lengte van duiwelsvurkomheining waarskynlik langer as die Chinese se Groot Muur is. Dit is afgesien daarvan dat versekeraars diefwering vereis wat aan tronktralies herinner, alarms en dikwels gewapende reaksie. Voeg hierby die groot, kwaai honde en ‘n gemiddelde voorstedelike huis in Suid-Afrika herinner goed aan Fort Knox.

Ten spyte hiervan beleef Suid-Afrika jaarliks ongeveer ‘n kwart miljoen gerapporteerde huisbrake. Omdat dit so moeilik gemaak word om in te breek word eenvoudig gekyk waar die swak skakel is, en dit is wanneer die mense tuis is, met die gevolglike skerp toename in huisrooftogte. Dit beloop nou reeds sowat 20 000 gerapporteerde gevalle per jaar, dubbel soveel as 5 jaar gelede.

Voeg hierby die moorde en verkragtings tuis wat in ander kategorieë opgeneem word, en dit is skrikwekkend, om die minste te sê.

Die afgelope week het verskeie voorvalle van moord- en roof in veiligheidskomplekse voorgekom, met die jongste die verkragting van die vrou van ‘n gospelsanger terwyl die sanger vasgebind was.

Intussen duur plaasaanvalle ongestoord voort, waar die landbouers ook intensiewe voorsorg tref, waaronder intelligensiestelsels en eie reaksiemagte.

Plaasmoorde in Suid-Afrika is statisties die hoogste voorkoms van moord onder enige identifiseerbare groep ter wêreld – selfs hoër as bruin mans in die Wes-Kaap wat tradisioneel as die hoogste ter wêreld gereken is en met bendebedrywighede verband hou.

Die regering se reaksie is om die burgery te ontwapen. Uiteindelik wil die polisie sien dat net die polisie wapens het – ‘n skrikwekkende gedagte as in gedagte gehou word hoeveel wapens die polisie jaarliks verloor. Skrikwekkend as die omvang van wapensmokkel oor die land se grense in gedagte gehou word. In die proses is dit nie die wetsgehoorsames wat bewapen word nie, maar die misdadigers.

Die regering swyg dawerend oor plaasmoorde.

Navorsers het ‘n patroon ontdek in hoe ‘n mate lande, of in die geval van die VSA  se deelstate, skielik strenger oor vuurwapens in privaatbesit word namate groot Fifa-byeenkomste daar aangebied gaan word.

Burglin’ BobФильчаков прокурор харькова