Ek verwys na die rubriek van Anton Barnard, Ockham se skeermes en die geval Sandra Laing. Enige mens met min of meer ‘n redeneringspotensiaal en ‘n paar neurone wat tussen die ore saamwerk, sal 100% met hom saamstem. Die belaglike verpolitisering van die Sandra Laing-verhaal deur Amerikaanse liberales wys weereens tot watter mate hierdie mense sal grou om iets teen die wittes in Suid-Afrika te kry, omdat hulle (die liberales) se Disney World in ons land nie verwesenlik is nie en verder verkrummel. Dus moet skuldiges gesoek word.
Daar word gevra hoe so iets moontlik is, nl. twee wit ouers wat ‘n swart kind kan verwek. Die gewone mense praat van ‘n “throwback” (verskoon die Engels). Dit sou dan nou kamtig gene wees wat in die verlede verkry is en dan dormant sou bly tot in 1955 toe sy verwek is. Dit is nou die teorie van die liberales en Hollywood-filmmakers. Die sg. “throwback” of terugskap kan slegs gebeur indien daar selektief geteel word met voorouers wat fenotipiese eienskappe het waarna gesoek word, bv. by bees- of perdeteling. Dit is in Sandra se geval nie moontlik nie!
‘n Ander teorie is dat die gene vir melanien, wat kleur aan die vel gee, ‘n mutasie ondergaan het. Daar is 6 gene en verskillende allele vir melanienproduksie. ‘n Geen bestaan dan ook uit verskillende dele volgens die wetenskaplike werk wat Jacob en Monod gedoen het, nl. operateur,promotor, reguleerder en dan die strukturele gene wat kodeer vir die proteïene. Vir al hierdie om ‘n paar puntmutasies te ondergaan en dan ook nog lewensvatbaar te wees, is uiters, uiters, uiters skaars. Miskien 1 in 100 000 000 gevalle? Dus is hier ook nie ‘n moontlikheid nie.
Die enigste aanvaarbare verklaring is dat die dame se moeder ontug gepleeg het in daardie jare.
