Sterkte Tim, en moet nou nie verder bekommerd of bang wees nie. Ons sal vir jou opkom as misleide mede-Afrikaner. Dit gebeur in die beste families as jy te veel koerant lees, eerder as om met die ware Jacob self te gesels.
Kategorie: Menings
Rig briewe aan: briewe@praag.co.za.
Die na?ewekindsindroom
Prof. Amanda Gouws van die Universiteit van Stellenbosch raak in Vrydag, 19 September 2008 se Volksblad die volgende kwyt met verwysing na Angus Buchan:
“Die kompleksiteit van die probleme en die geweld waarmee ons in Suid-Afrika worstel, verg ‘n baie meer gesofistikeerde benadering as ‘n terugkeer na patriargale waardes, gegrond op interpretasies van die Bybel.”
Ek is ‘n bevryde vrou met geen rasende begeerte om enige man onderdanig te wees nie – nes prof. Gouws is ek dus ook maar skrikkerig vir fundamentalistiese interpretasies van die Bybel.
Maar om nou te wil reken ‘n “meer gesofistikeerde” benadering sal Suid-Afrika se wa vol ellendes deur die drif trek, is tipies van die dwase, onrealistiese praatjies van ‘n liberale akademikus wat op planeet droomland woon.
Prof. Gouws, hoe gesofistikeerd moet jy optree as ‘n koeël deur jou liggaam trek? As ‘n mes in jou geplant word? As jy verwurg word met bloudraad? As jy beroof word, verkrag word, besteel word, gekaap word? As jou vingers met ‘n tuinskêr afgesny word?
Hoe gesofistikeerd moet ‘n mens oor geweld praat en dink, oor werkloosheid, swak onderwys, patetiese dienslewering, korrupsie, erger as ooit apart-hate, haatspraak, minagting vir die regstelsel, wetteloosheid, verval op alle vlakke …
Die lys van Suid-Afrika se probleme is inderdaad lank, maar regtig, dit is nie kompleks nie. Die wit ou of vrou in die kar langs jou by die verkeerslig kan vir jou die antwoord gee. Maar natuurlik sal jy hom/haar nie glo nie, want hul kleur is verkeerd. Hulle is bevooroordeeld. Hulle is rassisties. Hulle dink nie gesofistikeerd genoeg nie.
Die eenvoudige antwoord, prof. Gouws, is dat ellende, chaos en ‘n gemors die gevolg is as onbevoegde, onbekwame, oneerlike, korrupte swart dwase toegelaat word om ‘n land te regeer en die leiersposisies te beklee.
Die antwoord is eenvoudig, prof. Gouws: as ‘n laer kultuur, bloot vanweë sy getallemassa, ‘n hoër kultuur oorheers, is dit nag vir almal.
Die antwoord is eenvoudig, prof. Gouws: ‘n terugkeer na basiese waardes is nodig. Waardes soos eerlikheid, integriteit, dissipline (waarvoor jy so bang is), hardwerkendheid, moraliteit. Hierdie waardes het absoluut vere uit te waai met ‘n terugkeer na patriargale waardes of fundamentalistiese interpretasies van die Bybel, waarvolgens die vrou die man onderdanig moet wees.
Die antwoord is eenvoudig, prof. Gouws: demokrasie werk nie in Afrika nie. Die Afrikaan ken net een soort regering, en dis ‘n diktatuur, maak nie saak watter soetklinkende naam daaraan gegee word nie.
Jy praat van ‘n “beraadslagende demokrasie” en van “waardes wat in die Grondwet beskerm word”. Waar woon jy, prof. Gouws? Is Stellenbosch in die Republiek van Suid-Afrika? Elke dag sien en lees en hoor ‘n mens watter klug ons sogenaamde demokrasie is, hoe ons Grondwet nie die papier werd is waarop dit geskryf is nie.
Maar ja, jy sal waarskynlik die mees gesofistikeerde koptoertjies uitvoer voor jy die eenvoudige waarheid in die oë sal kyk en erken.
Enigiemand wat glo die blanke kan deur “demokratiese” weë (onder meer die Parlement) vir hom ‘n veilige plek onder die Afrika-son beding, ly in ‘n erge mate aan die naïewe-kind-sindroom, of sal ons dit hernoem: die liberale-akademikus-sindroom. Of dalk moet ons prof. Gouws vereer, siende dat sy soveel gedoen het om hierdie sindroom te bevorder: die prof. Amanda Gouws-sindroom.
Totsiens, Thabo!
Ek was verlede Vrydagoggend op die pad toe ek na sy edele regter Nicholson se uitspraak geluister het. Ek het die uitspraak half verwag – die feite is dat die onbekwaamheid van die NVG om reëls en prosedures te volg direk aanleiding gegee het tot die bevinding.
Daar bestaan 'n beginsel in ons gemenereg, lank voor 1994 al, dat vertraagde geregtigheid geen geregtigheid is nie. Al wat Jacob moet aandui is:
1. Daar was 'n buitengewone vertraging in sy vervolging;
2. Die vertraging was vanweë skuld (lees onbevoegdheid) aan die kant van die vervolgingsgesag;
3. Die vertraging het tot sy nadeel gestrek.
Goed. Ek dink enige regdenkende mens verstaan dat daardie aansoek sal slaag. Dit sal natuurlik tot gevolg hê dat enige vorm van appèl wat die NVG mag oorweeg teen Nicholson se uitspraak, onmiddelik gestaak sal word – daar is dan geen prosessiële gebreke meer in enige aksies van die NVG nie, maar 'n beslissing dat geen klagtes gebring mag word nie, ongeag die prosedure. Ewigdurende stilswye word dan opgele teen die owerheid – danksy hul eie onbekwaamheid.
Natuurlik sal dieselfde partye wat tot dusver hulle bes gedoen het om die regstelsel af te kraak dan groot lof hê daarvoor. Verwag uitsprake soos: "Geregtigheid het geseëvier" , "Die onafhanklikheid van die regbank is bevestig", en so meer.
Julius Malema, (die anti-imperiale intellektuele Afrikareus met die groot wit imperialis, Julius Caesar, se naam) sal ons natuurlik trakteer op 'n klomp ou Sowjetretoriek. Gelukkig het ek nou al geleer om te lag vir hom – ek sien geen bedreiging in sy vermoëns om 'n aanslag teen my mense te koördineer nie. As hy die daad by sy woorde wil voeg – ek wag vir hom. (Net soos wat ek lag as iemand my "rassisties" noem – dit beteken niks.)
Wat my baie opgewonde maak, is die stryd wat die ou uitsprakie oor geregtelike prosedures binne die ANK ontketen het.
Die Europees-geskoolde (" I am an African") pyprokende swart filosoof het toe sy Moses teëgekom. Wie het dit veroorsaak? Mens sou verwag dat dit die imperiale / koloniale / rassistiese / "hunker na apartheid"-witmense was? Verrassing! Sy eie ou mensies het hom tot 'n val gebring!
Totsiens Thabo – welkom in Afrika. Elke keer as jy wil huil oor die verlies van jou mag, en die blinde woede skop binne jou, en jou genetika skree: " Apartheid! Rassisme!" – onthou wie dit aan jou gedoen het. Nes jy, is hulle "Africans". Wat my met my ou wit velletjie aanbetref – my tone krul, en krul, en krul van lekkerkry – al weet ek dat Zuma ons gaan Zim.
Mboweni speel die rassekaart
Die goewerneur van die SA Reserwebank, Tito Mboweni, het gister buite alle norme vir 'n sentrale bankier opgetree by 'n aandeelhouersvergadering.
Om dan boonop die rassekaart te speel deur te sê dat die kritiese vrae van aandeelhouers 'n rassemotief sou hê, is heeltemal verregaande.
Toe Mboweni – wat in die vakbondwese opgang gemaak het – destyds as goewerneur van die Reserwebank aangestel is, het heelwat wenkbroue gelig, want hy het kwalik oor die ekonomiese kennis of lakoniese rustigheid wat gewoonlik met sentrale bankiers geassosieer word, beskik.
Intussen het die media Mboweni egter opgebou as iemand van statuur en gesag, amper asof hy sy tande by die voormalige Duitse Bundesbank geslyp het.
Gister se vertoning het egter laat blyk dat daar agter die fasade van Reserwebankgoewerneur baie min grasie en oordeelsvermoë skuil. Soos Mugabe, is Mboweni net nog 'n Afrikadiktator wat nie daarvan hou om vrae te beantwoord nie.
Te midde van die huidige globale finansiële krisis, kan dit Suid-Afrikaners min vertroue in die finansiële stelsel gee indien die hoof van ons sentrale bank homself in die openbaar oorgee aan uitbarstings van kinderlike woede en outokratiese gedrag.
Indien Mboweni nie eens aandeelhouers kan hanteer nie, hoe op aarde gaan hy 'n moontlike krisis aanspreek waarin die publiek se spaargeld by 'n groot bank of verekeringsmaatskappy, of dalk ons geldeenheid se waarde, in die weegskaal mag wees?
Mboweni het gister sy reputasie dermate geskaad dat mens net kan hoop dat hy vroeër sy uittrede aankondig as wat hy blykbaar beplan.
Nooit weer moet die Reserwebank se goewerneur 'n regstellende-aksie-aanstelling wees nie. Die goewerneur moet bo alle verdenking en sy gedrag as verteenwoordiger van die land se geldstelsel moet te alle tye onbesproke wees.
Ons sentrale bankier behoort op meriete aangestel te word, nie op grond van velkleur nie.
Mboweni se kleinsielige opmerkings oor ras spreek nie net van minderwaardigheid en die besef dat hy eintlik onbevoeg is om die pos te beklee nie, maar verteenwoordig ook 'n verleentheid vir Suid-Afrika.
Is ‘n sentrale Afrikanerraad haalbaar?
Hoe vinniger besef word dat die blanke Afrikaner nie meer ‘n homogene volk is nie, maar ‘n volk met wyd uiteenlopende sieninge en waardes (in baie gevalle onversoenbaar), hoe vinniger is daar heil vir die blanke se voortbestaan as “Afrikaner”. (Dit is nie te bevraagteken of die blankes nog oor 100 jaar in Suid Afrika teenwoordig gaan wees nie, maar of hy nog as “Afrikaner” daar sal wees?) Die minderheid Afrikaners wat wil glo dat die Afrikaner alleenlik in Suid-Afrika aangetref word, Calvinisties in godsdiens is, met blonde hare en blou oë, 'n ligte vel het, polities almal konserwatief is, rassisties is, sokkie- of boeremusiek luister, en dat alles buite hierdie kosep nie as Afrikaner beskou kan word nie, sal hoogs ontnugter word.
Onder stoere blanke Afrikaners vind jy Katolieke, Charismatiese Christene, Sektariese Christene, selfs ‘n paar Moslems, vele ateïste, die meerderheid gays in die land, blasvellige mense met donker oé en hare, kommuniste, aanhangers van die ANC, Cosatu, IVP (soos Koos vd Merwe), ens. Hulle almal beskou hulself ongetwyfeld as Afrikaners. Wie het die gesag of selfs die reg om hulle as enigiets anders te bepaal? Ek persoonlik is van die ou skool Afrikaner (65 jaar oud), die grootste gedeelte van my lewe ‘n Nationalis (sedert 1994 geen politieke aanhang nie, ook sederdien nooit weer gestem nie), is konserwetief in my denke, maar het geleer om verdraagsaam teenoor my andersdenkende en andersoptredende mede-Afrikaner te staan. Ek is lief vir al my mede Afrikaners, ofskoon ek hewig van hulle mag verskil. Al ons Afrikaners stam af van ‘n handjievol van omtrent 300 intrekkers in die Kaap. Ons het elkeen familie van mekaar in daardie 300. Sal jy ‘n familielid verwerp omrede hy van jou verskil? (Dis jammer dat die aanspreek van “neef” en “niggie” en “oom" en "tannie” in ons moderne Afrikaans verval het, tere woorde wat in die nog onlangse verlede elke Afrikaner daaraan herinner het dat hy deel van ‘n uitgebreide familie is.)
Dan ook die aanhoudende en onverbiddelike haat teenoor ons Engelse medeburgers in hierdie land deur sommige Afrikaners weens die misdade wat die Engelse die Afrikaners gedurende die Boere-oorloë aangedoen het! Die Japannese het Pearl Harbour aangeval en die Amerikaners het op hulle beurt die Japannese met kernbomme plat gebombardeer (twee groot stede met miljoene inwoners geheel en al uitgewis) gedurende die laaste wêreldoorlog. Vandag is die Amerikaners en Japannese gerespekteerde bondgenote van mekaar. Die Duitsers het Londen gebombardeer en die Engelse op hulle beurt Dresden met bomme lelik vernietig. Vandag is die Duitsers en die Engelse bondgenote saam om die Euromark en die Europese unie te verstewig. In genoemde gevalle, was die menslike verliese en materiéle skade duisende kere erger as die menseverliese (bv in konsentrasiekampe) en materiéle skade (brandende plaashuisies) gedurende die Boere-oorloé. As die Amerikaners, Japannese, Duitsers en Engelse dit kon regkry om mekaar te vergewe, en vandag saam te staan teenoor gemeenskaplike gevare en vir gemeenskaplike belange, hoekom dan ook nie die Afrikaner nie?
My uitgangspunt is dat die Afrikaner nooit sy eie afsonderlike grondgebied as sowereine staat sal belewe nie, en dat die Afrikaner derhalwe vir homself erkende en wettige strukture in werking binne die raamwerk van die huidige politieke bestel vir sy voortbestaan moet inrig. Ongelukkig bestaan dit nie, maar ek glo in die daarstelling van ‘n sentrale staatserkende wetlike Afrikanerraad (soos die swartes huidig ‘n “Council of Traditional Chiefs” het, en waarin moontlik in die toekoms ‘n verteenwoordiger van die Afrikanerraad die Afrikanerstam/nasie sal verteenwoordig). Die Afrikanerraad behoort ALLE Afrikanerdenke te verteenwoordig, ongeag hoe hulle van mekaar mag verskil, om Afrikanerbelange, en die belange van Afrikaners onderling te bevorder. Regsgesinde, Linksgesinde, Kommunistiese, Konserwetiewe en ander politieke Afrikaners saam in een Raad, met die Afrikanerleek daarby betrokke. (Bv. die ANC-Afrikaner in die Raad, het ‘n beter kans om Afrikanerbelange aan die ANC te verkoop, as enige ander politieke groepering buite die ANC dit sal kan regkry; die IVP-Afrikaner om Afrikanerbelange in Natal te bevorder, ens.). Sodanige Raad moet nie voorskriftelik en beperkend wees, soos tans die geval is met die konstitusie van die Afrikanerbond (die voormalige Broederbond), veral op godsdienstige gebied nie. Die huidige uiters swak bestaande buite-parlementêre Afrikanerstrukture bestaan uit selfaangestelde raadslede vir eie gewin en selfbelang, met min of geen bydrae tot die breé Afrikanervoordeel en -belang nie, en is meerendeels onbekend onder Afrikaners self, Net soos die swart “konings” en “opperhoofdes” van Suid Afrika befondsing van die staat ontvang, behoort so ‘n staatserkende Afrikanerraad en hul raadslede ook befondsing van die staat te ontvang. (Kyk net wat ontvang die Zoeloekoning en sy raad van die belastingbetaler elke jaar net om ‘n simboliese figuur vir die Zoeloes te wees, ‘n man sonder enige mag, behalwe seremonieel, selfs onder die Zoeloes, vergeleke met dié van die koning van die Swazi's!). Ten minste het die Zoeloes kulturele staatserkende en staatsbesoldigde verteenwoordiging binne die raamwerk van die huidige politieke bestel, die Afrikaner tans nie. Die grootste private Afrikaner kultuurorganisasie (‘n besigheid) is die ATKV, nie soortgelyk as waarna ek hierbo verwys nie. Wie se skuld is dit? Dit is nie die ANC of die regering se skuld nie, maar die Afrikaner se self, want die konstitusie maak voorsiening vir die reg van Afrikaners om sodanige sentrale raad vir homself te skep. Huidig staan die meerderheid Afrikaners ongelukig apaties teenoor enige vorm van struktuur wat vir homself polities mag voorkom, gesien hoe hy gestraf was ná die apartheidsjare vir sy vorige politieke mag. Dis dié dat die meerderheid Afrikaners nie bereid is om vir die enigste Afrikanerpolitieke party in die parlement te stem nie.
Pro-blanke uitspraak bied hoop
Die uitspraak van die Appèlhof ten gunste van 'n blanke man waarteen daar tydens 'n aanstelling aan 'n Pietermaritzburgse hospitaal gediskrimineer is, is 'n ligstraal in die omringende duisternis van rassevoorkeure ten gunste van swartes.
Mnr. Gordon is deur 'n aanstellingskomitee aangewys as die geskikste persoon vir die pos. Omdat hy egter 'n blanke man was, is 'n swarte bo hom verkies.
Die Appèlhof noem hierdie vorm van blatante anti-blanke rassisme "ad hoc en arbitrêr" en het bevind dat artikel 8 van die SA grondwet nie daarvoor voorsiening maak nie. Nietemin weet ons dat voorkeur vir swart aanstellings dwarsdeur die Suid-Afrikaanse ekonomie toegepas word. In die meeste regeringsdepartemente is rassekwotas op grond van demografie of ander kriteria reeds oortref en word dit as aanvaarbaar gesien om geen blankes in poste aan te stel nie.
Een swaeltjie maak nie somer nie en dit is moeilik om ons voor te stel dat die Appèlhof dit gaan regkry om hierdie uitspraak op die algemene praktyk in die land van toepassing te maak.
Maar die geleentheid bestaan om deur volgehoue vertoë tot die howe in die groot aantal gevalle waar daar teen blankes in die werkplek gediskrimineer word, die huidige sistemiese anti-wit diskriminasie teen te gaan. Die vakbond Solidariteit waartoe 'n groot aantal blanke en Afrikanerwerknemers behoort, is die aangewese organisasie om die voortou te neem in verdere hofsake van dié aard.
Ander Afrikaanse organisasies behoort egter selektief ook tot hierdie regstryd toe te tree. Laat ons nie vergeet dat die vorige bewind onder meer deur hofsake geknak is wat vanuit Engeland met die Sweedse regering se geld onder beheer van die Britse anti-apartheidsbeweging onder Biskop Trevor Huddleston gefinansier is nie. Op 'n stadium het die helfte van die Johannesburgse Balie uitsluitlik vir die Britte en hul Sweedse geldskieters gewerk wat een politieke hofsaak ná die ander gevoer het.
In weerwil van die positiewe uitspraak deur die Appèlhof sou 'n mens 'n fout maak om te dink dat die regbank steeds onafhanklik is. Ons het in die onderwysdepartement se aanvalle op Hoërskool Ermelo gesien hoe 'n regbank op die minister se aandrang tot stand kan kom wat die mees onbillike, rassistiese en anti-Afrikaanse uitspraak moontlik kan lewer.
In die VSA was dit veral hofuitsprake wat sogenaamde "regstellende aksie" – 'n Afrikaanse eufemisme wat ons maar gerus terwille van "rassevoorkeure" kan laat vaar – laat sneuwel het.
Die hoop beskaam daarom nie dat verdere hofgedinge 'n bres in die muur van geïnstusionaliseerde rassisme in ons land kan slaan nie.
Immigrasie, die SA tydbom
In vandag se uitgawe van PRAAG verskyn daar twee artikels oor immigrasie. Een handel oor Engeland wat poog om sy immigrasie onder beheer te kry en 'n ander oor Piet Byleveld wat gesê het dat immigrasie na Suid-Afrika vir 'n groot deel van ons misdaadprobleem verantwoordelik is.
Daar bestaan geen politieke wil by die ANC om onwettige immigrasie na ons land te stuit nie. Dit wil voorkom asof die ANC wil hê dat al 600 miljoen inwoners van Afrika suid van die Sahara in ons land moet kom woon.
Die ontsaglike maatskaplike en misdaadprobleme wat ons arme land reeds ervaar, is grotendeels aan immigrasie te danke. Soos wat die aantal swartmense uit ander Afrikalande hier te lande toeneem, gaan dié probleme bloot vererger.
Sodra Jacob Zuma aan bewind is, sal ons as Afrikaners dit vir hom aan die verstand moet bring dat die huidige gebrek aan grensbeheer en ongebreidelde immigrasie totaal en al onaanvaarbaar is. Hoewel ons tans demografies en polities oorheers word, het ons voorouers dié land opgebou en gaan ons nie toelaat dat dit op die altaar van immigrasie deur die ANC opgeoffer word nie.
Noudat die Zimbabweprobleem ten minste teoreties opgelos is, moet die miljoene onwettige Zimbabwiërs in die land gerepatrieer word.
Gustav Venter skryf uitstekend
Ek kry sommer tot in my tone toe lekker as ek Afrikaans lees soos wat Gustav Venter dit in sy repliek aan Jan-Hendrik Coetzer skryf.
Veral as dit nog gemik is op so 'n liberalistiese pateet soos dié Coetzer-vent. Dit is deurdag, intelligent en maak duidelik die nodige stelling. Dis net jammer dat iemand soos Coetzer nie die intellek het om dit dalk heeltemal te verstaan nie. Nietemin, mag ons nog baie van sulke kwaliteitrubrieke uit Venter se pen kry.
Globale finansi?le krisis?
Lehman Brothers is die tweede Amerikaanse beleggingsbank wat deur die subprimakrisis gekelder word. Die eerste was Bear Stearns vroeër vanjaar.
Noodmaatreëls is reeds deur die Federale Reserwebank aangekondig en tien van die wêreld se grootste banke het hul eie private hulpfonds van $70 miljard dollar begin.
Sedert die Tweede Wêreldoorlog was daar nog nie 'n krisis van hierdie omvang nie. Die Amerikaanse Federale Reserwe gaan blykbaar nou aandele as kollateraal aanvaar om banke van likiditeit te voorsien. Indien daardie aandele skerp daal, gaan dit tot eise om verdere kollateraal lei. Dit kan 'n bose kringloop tot gevolg hê.
Die Johannesburgse aandelebeurs, gegewe ook die rand wat tans onder druk verkeer en buitelandse beleggers wat om daardie rede vir die uitgang gaan storm, mag insgelyks sleg deur die huidige krisis geraak word en mens kan jou voorstel dat 'n daling van tien tot twintig persent vanaf huidige vlakke nie uitgesluit is nie, afhangend van hoe die situasie in Wallstraat uitspeel.
Volgens die Londense Financial Times is die groot Amerikaanse versekeringsmaatskappye, AIG, ook in die moeilikheid, dis nou nog afgesien van die storms wat Texas getref het. AIG doen geweldig baie afgeleide verhandeling en daarom kan die krisis wat Lehman (en Merril wat nou deur Bank van Amerika oorgeneem word) nog veel verder uitkring soos wat AIG se eweknieë op kollateraal aandring.
Niemand kan met sekerheid sê dat die soort "sistemiese" krisis waardeur die blootstellings wat banke regoor die wêreld teenoor mekaar het sover dit langtermynafgeleidetransaksies betref, nie tans kan plaasvind waar elkeen poog om sy eie belange te beskerm deur kontant of kollateraal van sy eweknieë op te eis nie. Dit verklaar waarom die tien groot banke hul eie fonds opgerig het om hulself teen so 'n gebeurlikheid te beskerm. Maar wat van die duisende ander banke wat nie toegang tot so iets het nie?
Die Amerikaanse regering het vir te lank te groot begrotings- en veral handelstekorte opgebou wat deur die res van die wêreld gefinansier word. Indien China, Japan, Duitsland of ander groot houers van Amerikaanse staatseffekte sou besluit om eerste te verkoop ten einde hul eie belang te beskerm, kan die bloedbad in die markte met stygende langtermynrentekoerse, dalende aandelemarkte, gebrek aan likiditeit en banke wat soos Lehman een na die ander bankrot speel, baie lelik raak.
In Suid-Afrika kan die SEB-partytjie, wat deur die plaaslike banke met voorkeuraandele en lenings gefinansier is, ook baie vinnig aan sy einde kom. Maatskappye sal ook nie meer ongekwalifiseerde swartes op groot skaal in diens kan neem om die ANC-bewind gedienstig te wees nie.
Wallstraat se probleme kan dus 'n groot invloed op die plaaslike politiek uitoefen. Dit het al een keer vantevore gebeur, want was dit nie Wallstraat en spesifiek Chase Manhattan wat destyds in 1985 die regering van PW Botha met finansiële sanksies ná die Rubicon-toespraak gestraf het nie? Die daaropvolgende finansiële krisis het die banke en groot maatskappye van die NP-regering vervreem en het uiteindelik tot De Klerk se holderstebolderoorgawe aan die ANC gelei.
Afrikaners en ‘n Zuma-presidentskap
Ná die uitspraak van regter Chris Nicholson in Pietermaritzburg, wil dit voorkom asof die presidentskap van Jacob Zuma veel nader sou wees as wat die meeste mense vermoed het. Daar is sprake dat Mbeki deur die ANC gevra gaan word om te bedank of dat daar selfs ʼn mosie van wantroue deur die parlement teen hom ingestel mag word.
Saam met die res van die land verwelkom ons die naderende einde van die Mbeki-tydvak. Nie net was Mbeki ʼn Anglo-Amerikaanse marionet nie, maar hy was ook die mees anti-Afrikaanse leier wat die land nog gehad het en ons kan lord Milner daarby insluit.
Die eertydse Afrikaner-establishment het met hul kruipstrategie al hul eiers in die Mbeki-mandjie gepak. Figure soos Willie Esterhuyse, Ton Vosloo, Marthinus van Schalkwyk en ander prominente Mbeki-sikofante gaan nou moet skarrel om hulself by Zuma aan te vly. Hierdie “herposisionering” gaan waarskynlik sirkusagtige afmetings aanneem.
Al die Afrikanergroepe en –individue wat tot dusver met Zuma in kontak was, sal nou moet demonstreer dat hulle wel oor invloed beskik en konkrete verligting vir ons lydende volk kan bring. Andersins gaan braaivleis met Zuma ʼn slegte nasmaak laat.
Roodt verkeerd oor Frederick Fourie
Ek wou gister al kommentaar lewer op bogenoemde rubriek, maar het eers daaroor gedink en besluit om nie óók so laag te daal nie.
Jy moet dit probeer – dan sal iemand soos ek jou dalk ernstig opneem – ongeag jou siening of standpunt. En as dit jou styl is, dink ek ernstig PRAAG is in die pekel.
So dit gaan dwaas wees van my om jou persoonlik aan te val soos jy met Prof. Frederick Fourie gedoen het – vir die eenvoudige rede – ek ken jou nie. Wat my bring by die vraag, “ken jý die persoon wie jy so slegsê in jou rubriek?”
Dis een ding om iemand se bestuurstyl of besluite wat hy/sy neem te kritiseer, maar hoe kan jy iemand ‘n lafaard, verraaier en veral kruiperige suurstofdief noem wat jy van g’n kant af ken nie?
En wat my méér verbaas, is dat jy hierdie ongelooflike twak wat jy skryf met trots op jou webwerf publiseer.
Jy sê Fourie gaan hom waarskynlik in Australië vestig. Waar kom jy daaraan en hoe kan jy so ‘n stelling maak? Ek dink jy moet regtig eers jou feite agtermekaar kry voordat jy sulke ongeloofwaardige snert skryf.
Oor die res van jou rubriek wou ek kommentaar lewer, maar het besef dis regtig nie eers die moeite werd nie. Ek dink miskien moet jy dit weer gaan lees – en dan wees jy in ‘n minuut se stilte net bietjie eerlik met jouself.
Ek gaan jou nie probeer oortuig dat Fourie se uittrede ‘n groot verlies is vir die kampus nie, dat hy sy werk met liefde en passie gedoen het, dat hy ‘n uitstekende rektor was en saam met my moet hartseer wees omdat hy sy uittrede aangekondig het nie. Maar was die manier waarop jy jou rubriek geskryf het nou regtig nodig? En was dit jou beste?
Jou rubriek is slegs ‘n persoonlik aanval, uiters onnodig en regtig in swak smaak.
Ek weet van ‘n paar intellektuele tipes – en ek sukkel vandag om joune te plaas. Ek wonder hoekom?
Grondhervorming: vat die ANC lesse by Idi Amin?
Die nuus wat gister by die TLU SA-kongres bekendgemaak is, naamlik dat negentig persent van alle grondhervormingsprojekte misluk, sou komies gewees het indien dit nie die land soveel skade berokken het nie.
In sy gesaghebbende boek oor Afrika en wat ook in Afrikaans vertaal is, Negrologie, beskryf die Franse joernalis Stephen Smith Afrika as ʼn “Ubuland sonder grense”, laasgenoemde synde ʼn verwysing na die beroemde absurde klug deur Alfred Jarry, “Koning Ubu”.
Asof die onlangse voorbeeld van grondhervorming in Zimbabwe nie genoeg was nie, is Suid-Afrika se ANC-regering besig om presies dieselfde grondroofprogram in ons land van stapel te stuur. Derduisende grondeise is landwyd op boere se plase geregistreer, meesal sonder getuienis wat die toets van ʼn hofsaak sou deurstaan.
Soos daar ook gister op Praag berig is, is voedselsekerheid besig om ʼn globale kwessie te word. Katerine Serra, ʼn amptenaar van die Wêreldbank, praat van ʼn “stille hongersnood” wat die planeet bedreig. Globale voedselpryse het volgens die Verenigde Nasies se statistieke met 35% in die jaar tot einde Januarie gestyg.
100 miljoen mense in Afrika is besig om na armoede terug te keer en vele nasies maak gereed vir verdere onstabiliteit ná voedselonluste in 37 lande oor die afgelope tyd.
Om te midde van sulke omstandighede ʼn verwoestende grondhervormingsprogram deur te voer, herinner aan die manewales van Idi Amin, die legendariese Oegandese diktator wat goedsmoeds die bates van minderheidsgroepe in sy land gekonfiskeer het en agterna sy land in hongersnood gedompel het.
Ons boere en landbou-organisasies moet eenvoudig hul stemme begin dik maak oor die onhoudbare situasie wat op die duur ʼn Zimbabwe in ons land kan veroorsaak. Ook die gewone Afrikaner sal moet wakker word en besef dat die ANC se grondroofprogram hom en sy gesin wesentlik bedreig.
Tagtig persent van Zimbabwe se bevolking ontvang tans voedselhulp van Westerse nie-regeringsorganisasies soos Oxfam of die Wêreldvoedselprogram. Daar is siniese mense in Suid-Afrika wat meen dat ons ook maar uiteindelik voedsel sal moet invoer of voedselhulp sal moet ontvang. Terwille van politieke korrektheid en om aan die politieke verwagtinge van ANC-kiesers te voldoen, moet ons maar ons landbou en voedselproduksie op die altaar van politieke gedienstigheid plaas.
Gegewe die wêreldwye tekort aan voedsel wat tans geld, speel die politiek korrektes egter met vuur. Te veel Afrikalande soos Zimbabwe, Ethiopië en Swaziland, om net enkeles te noem, staan reeds bakhand om vir Suid-Afrika nog plek in die tou af te staan.
Aksie vir ?n onveilige Suid-Afrika
Mnr. Roelf Meyer, die naïeweling wat Afrikaners aan hul aartsvyande in die vroeë negentigerjare uitverkoop het, is betrokke by die sogenaamde Aksie vir ʼn veilige Suid-Afrika wat verlede week ‘n vierdaagse konferensie in Midrand gehou het.
Dit blyk dat die tema van die kongres was dat die stragregstelsel nie meer werk nie. Die gewone Afrikaner op straat het dit reeds jare gelede agtergekom.
Pleks dat die Aksie vir ʼn veilige Suid-Afrika egter die verval van die polisiediens en die howe probeer aanspreek, word daar op tipies linkse manier op die regte van die misdadiger gefokus.
Die probleem wat die AVSA geïdentifiseer het, is dat misdadigers nie goed genoeg behandel word nie en dat daar ná hul vrylating uit die gevangenis teen hulle gediskrimineer word as dit by aanstellings kom.
Daarom moet die ongeveer 200 organisasies wat by die kongres betrokke was hul bes probeer om misdadigers meer welkom in die samelewing te laat voel en hulle ook in die gevangenis van meer aandag en afleiding te voorsien.
Indien Suid-Afrika nie tans soveel moord en doodslag beleef het nie, sou die hele oefening selfs komies kon wees. Terwyl ons daagliks bloed en anargie beleef, is die houvas van die Marxistiese godsdiens dat “die mens slegs die produk van sy omstandighede is” só sterk dat Roelf Meyer en sy medekongresgangers nie meer tot rasionele denke in staat is nie.
Die enigste antwoord op die wetteloosheid in die land is dat elke wetsgehoorsame burger hom moet bewapen en moet inskakel by organisasies wat gemeenskapsveiligheid – nie die welsyn van geweldenaars nie – op die hart dra.
ZB du Toit ? dood van ‘n vriend
Hy kon verbete argumenteer. Ten onregte is hy as "regs" getjap, veral deur ander politieke beriggewers. Ek en hy het nog steeds 'n weddenskap aan vir R1000. Hy het gesê Obama gaan in die VSA wen. Daarby was hy teen die oorlog in Irak en vir die Palestyne. Hy was 'n ondersteuner van Gordon Brown as "eerlike man". Dit was soos ZB self was: 'n werklik eerlike man, in sy lewe en oortuigings. En hy het altyd hoop gehad vir hierdie land.
ZB sou die ideale buitelandse korrespondent gewees het. Hy het oral, letterlik oral, vriende gehad: in die VSA, in die VK, in Duitsland, selfs tot in die kabinet van Mugabe én ook die MDC. Hy kon net die foon optel en praat. Dan het hy die storie gehad, al het hy nie altyd saamgestem nie. En hier in elke politieke party.
Hy was 'n Afrikaner deur en deur. Baiemaal, soos ons almal, ook verkeerd in sy standpunt, maar eerlik genoeg om te erken dat hy verkeerd was. Hy het my onlangs die kompliment gemaak dat sy beste jare in die pers saam met my was. Hy het die respek gehad van Tim du Plessis. Maar in die tyd toe ek daar weg is en voor Tim gekom het, het hy uitgestoot gevoel. Toe het hy in die aandelemark begin belangstel en kon ewe goed sakeredakteur geword het. Dankie, Tim, dat jy hom waardeer het.
Ek self verloor 'n groot vriend. Ons het gereeld gepraat oor die foon en gekuier. Onlangs nog het ons saam oor ons kaal koppe gelag toe ons saam in Pretoria geëet het.
Ek sal jou mis, my kameraad.
Einen bessern findst du nicht …
"Kann dir die Hand nicht geben,
Bleibst du im ew'gen Leben
Mein guter Kamerad!"
