Afrikaners en ‘n Zuma-presidentskap

Ná die uitspraak van regter Chris Nicholson in Pietermaritzburg, wil dit voorkom asof die presidentskap van Jacob Zuma veel nader sou wees as wat die meeste mense vermoed het. Daar is sprake dat Mbeki deur die ANC gevra gaan word om te bedank of dat daar selfs ʼn mosie van wantroue deur die parlement teen hom ingestel mag word.

Die vraag wat Afrikaners hulself afvra, is of Zuma die beloftes van ʼn beter bedeling wat hy aan ons gemaak het gestand gaan doen. Indien wel, kan dit interessante woelinge in die Afrikanerpolitiek teweegbring. Indien nie, gaan dit die Afrikaner se ontnugtering met die huidige bestel bloot verhoog en gaan die nuwe presidente uit die staanspoor alle geloofwaardigheid inboet.

Saam met die res van die land verwelkom ons die naderende einde van die Mbeki-tydvak. Nie net was Mbeki ʼn Anglo-Amerikaanse marionet nie, maar hy was ook die mees anti-Afrikaanse leier wat die land nog gehad het en ons kan lord Milner daarby insluit.

Die eertydse Afrikaner-establishment het met hul kruipstrategie al hul eiers in die Mbeki-mandjie gepak. Figure soos Willie Esterhuyse, Ton Vosloo, Marthinus van Schalkwyk en ander prominente Mbeki-sikofante gaan nou moet skarrel om hulself by Zuma aan te vly. Hierdie “herposisionering” gaan waarskynlik sirkusagtige afmetings aanneem.

Al die Afrikanergroepe en –individue wat tot dusver met Zuma in kontak was, sal nou moet demonstreer dat hulle wel oor invloed beskik en konkrete verligting vir ons lydende volk kan bring. Andersins gaan braaivleis met Zuma ʼn slegte nasmaak laat.

баняданильченко юрій броніславович