Noodmaatreëls is reeds deur die Federale Reserwebank aangekondig en tien van die wêreld se grootste banke het hul eie private hulpfonds van $70 miljard dollar begin.
Sedert die Tweede Wêreldoorlog was daar nog nie 'n krisis van hierdie omvang nie. Die Amerikaanse Federale Reserwe gaan blykbaar nou aandele as kollateraal aanvaar om banke van likiditeit te voorsien. Indien daardie aandele skerp daal, gaan dit tot eise om verdere kollateraal lei. Dit kan 'n bose kringloop tot gevolg hê.
Die Johannesburgse aandelebeurs, gegewe ook die rand wat tans onder druk verkeer en buitelandse beleggers wat om daardie rede vir die uitgang gaan storm, mag insgelyks sleg deur die huidige krisis geraak word en mens kan jou voorstel dat 'n daling van tien tot twintig persent vanaf huidige vlakke nie uitgesluit is nie, afhangend van hoe die situasie in Wallstraat uitspeel.
Volgens die Londense Financial Times is die groot Amerikaanse versekeringsmaatskappye, AIG, ook in die moeilikheid, dis nou nog afgesien van die storms wat Texas getref het. AIG doen geweldig baie afgeleide verhandeling en daarom kan die krisis wat Lehman (en Merril wat nou deur Bank van Amerika oorgeneem word) nog veel verder uitkring soos wat AIG se eweknieë op kollateraal aandring.
Niemand kan met sekerheid sê dat die soort "sistemiese" krisis waardeur die blootstellings wat banke regoor die wêreld teenoor mekaar het sover dit langtermynafgeleidetransaksies betref, nie tans kan plaasvind waar elkeen poog om sy eie belange te beskerm deur kontant of kollateraal van sy eweknieë op te eis nie. Dit verklaar waarom die tien groot banke hul eie fonds opgerig het om hulself teen so 'n gebeurlikheid te beskerm. Maar wat van die duisende ander banke wat nie toegang tot so iets het nie?
Die Amerikaanse regering het vir te lank te groot begrotings- en veral handelstekorte opgebou wat deur die res van die wêreld gefinansier word. Indien China, Japan, Duitsland of ander groot houers van Amerikaanse staatseffekte sou besluit om eerste te verkoop ten einde hul eie belang te beskerm, kan die bloedbad in die markte met stygende langtermynrentekoerse, dalende aandelemarkte, gebrek aan likiditeit en banke wat soos Lehman een na die ander bankrot speel, baie lelik raak.
In Suid-Afrika kan die SEB-partytjie, wat deur die plaaslike banke met voorkeuraandele en lenings gefinansier is, ook baie vinnig aan sy einde kom. Maatskappye sal ook nie meer ongekwalifiseerde swartes op groot skaal in diens kan neem om die ANC-bewind gedienstig te wees nie.
Wallstraat se probleme kan dus 'n groot invloed op die plaaslike politiek uitoefen. Dit het al een keer vantevore gebeur, want was dit nie Wallstraat en spesifiek Chase Manhattan wat destyds in 1985 die regering van PW Botha met finansiële sanksies ná die Rubicon-toespraak gestraf het nie? Die daaropvolgende finansiële krisis het die banke en groot maatskappye van die NP-regering vervreem en het uiteindelik tot De Klerk se holderstebolderoorgawe aan die ANC gelei.
