Roodt verkeerd oor Frederick Fourie

Ek wou gister al kommentaar lewer op bogenoemde rubriek, maar het eers daaroor gedink en besluit om nie óók so laag te daal nie.

Jy moet dit probeer – dan sal iemand soos ek jou dalk ernstig opneem – ongeag jou siening of standpunt. En as dit jou styl is, dink ek ernstig PRAAG is in die pekel.

So dit gaan dwaas wees van my om jou persoonlik aan te val soos jy met Prof. Frederick Fourie gedoen het  – vir die eenvoudige rede – ek ken jou nie. Wat my bring by die vraag, “ken jý die persoon wie jy so slegsê in jou rubriek?”

Dis een ding om iemand se bestuurstyl of besluite wat hy/sy neem te kritiseer, maar hoe kan jy iemand ‘n lafaard, verraaier en veral kruiperige suurstofdief noem wat jy van g’n kant af ken nie?

En wat my méér verbaas, is dat jy hierdie ongelooflike twak wat jy skryf met trots op jou webwerf publiseer.

Jy sê Fourie gaan hom waarskynlik in Australië vestig. Waar kom jy daaraan en hoe kan jy so ‘n stelling maak? Ek dink jy moet regtig eers jou feite agtermekaar kry voordat jy sulke ongeloofwaardige snert skryf.

Oor die res van jou rubriek wou ek kommentaar lewer, maar het besef dis regtig nie eers die moeite werd nie. Ek dink miskien moet jy dit weer gaan lees – en dan wees jy in ‘n minuut se stilte net bietjie eerlik met jouself.

Ek gaan jou nie probeer oortuig dat Fourie se uittrede ‘n groot verlies is vir die kampus nie, dat hy sy werk met liefde en passie gedoen het, dat hy ‘n uitstekende rektor was en saam met my moet hartseer wees omdat hy sy uittrede aangekondig het nie. Maar was die manier waarop jy jou rubriek geskryf het nou regtig nodig? En was dit jou beste?

Jou rubriek is slegs ‘n persoonlik aanval, uiters onnodig en regtig in swak smaak.

Ek weet van ‘n paar intellektuele tipes – en ek sukkel vandag om joune te plaas. Ek wonder hoekom?

магазины детских товаровалександр лобановский класс