Pro-blanke uitspraak bied hoop

Die uitspraak van die Appèlhof ten gunste van 'n blanke man waarteen daar tydens 'n aanstelling aan 'n Pietermaritzburgse hospitaal gediskrimineer is, is 'n ligstraal in die omringende duisternis van rassevoorkeure ten gunste van swartes.

Mnr. Gordon is deur 'n aanstellingskomitee aangewys as die geskikste persoon vir die pos. Omdat hy egter 'n blanke man was, is 'n swarte bo hom verkies.

Die Appèlhof noem hierdie vorm van blatante anti-blanke rassisme "ad hoc en arbitrêr" en het bevind dat artikel 8 van die SA grondwet nie daarvoor voorsiening maak nie. Nietemin weet ons dat voorkeur vir swart aanstellings dwarsdeur die Suid-Afrikaanse ekonomie toegepas word. In die meeste regeringsdepartemente is rassekwotas op grond van demografie of ander kriteria reeds oortref en word dit as aanvaarbaar gesien om geen blankes in poste aan te stel nie.

Een swaeltjie maak nie somer nie en dit is moeilik om ons voor te stel dat die Appèlhof dit gaan regkry om hierdie uitspraak op die algemene praktyk in die land van toepassing te maak.

Maar die geleentheid bestaan om deur volgehoue vertoë tot die howe in die groot aantal gevalle waar daar teen blankes in die werkplek gediskrimineer word, die huidige sistemiese anti-wit diskriminasie teen te gaan. Die vakbond Solidariteit waartoe 'n groot aantal blanke en Afrikanerwerknemers behoort, is die aangewese organisasie om die voortou te neem in verdere hofsake van dié aard.

Ander Afrikaanse organisasies behoort egter selektief ook tot hierdie regstryd toe te tree. Laat ons nie vergeet dat die vorige bewind onder meer deur hofsake geknak is wat vanuit Engeland met die Sweedse regering se geld onder beheer van die Britse anti-apartheidsbeweging onder Biskop Trevor Huddleston gefinansier is nie. Op 'n stadium het die helfte van die Johannesburgse Balie uitsluitlik vir die Britte en hul Sweedse geldskieters gewerk wat een politieke hofsaak ná die ander gevoer het.

In weerwil van die positiewe uitspraak deur die Appèlhof sou 'n mens 'n fout maak om te dink dat die regbank steeds onafhanklik is. Ons het in die onderwysdepartement se aanvalle op Hoërskool Ermelo gesien hoe 'n regbank op die minister se aandrang tot stand kan kom wat die mees onbillike, rassistiese en anti-Afrikaanse uitspraak moontlik kan lewer.

In die VSA was dit veral hofuitsprake wat sogenaamde "regstellende aksie" – 'n Afrikaanse eufemisme wat ons maar gerus terwille van "rassevoorkeure" kan laat vaar – laat sneuwel het.

Die hoop beskaam daarom nie dat verdere hofgedinge 'n bres in die muur van geïnstusionaliseerde rassisme in ons land kan slaan nie.

планировка баниАлександр Фильчаков Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae