Daar bestaan geen politieke wil by die ANC om onwettige immigrasie na ons land te stuit nie. Dit wil voorkom asof die ANC wil hê dat al 600 miljoen inwoners van Afrika suid van die Sahara in ons land moet kom woon.
Die ontsaglike maatskaplike en misdaadprobleme wat ons arme land reeds ervaar, is grotendeels aan immigrasie te danke. Soos wat die aantal swartmense uit ander Afrikalande hier te lande toeneem, gaan dié probleme bloot vererger.
Sodra Jacob Zuma aan bewind is, sal ons as Afrikaners dit vir hom aan die verstand moet bring dat die huidige gebrek aan grensbeheer en ongebreidelde immigrasie totaal en al onaanvaarbaar is. Hoewel ons tans demografies en polities oorheers word, het ons voorouers dié land opgebou en gaan ons nie toelaat dat dit op die altaar van immigrasie deur die ANC opgeoffer word nie.
Noudat die Zimbabweprobleem ten minste teoreties opgelos is, moet die miljoene onwettige Zimbabwiërs in die land gerepatrieer word.
