Daar bestaan 'n beginsel in ons gemenereg, lank voor 1994 al, dat vertraagde geregtigheid geen geregtigheid is nie. Al wat Jacob moet aandui is:
1. Daar was 'n buitengewone vertraging in sy vervolging;
2. Die vertraging was vanweë skuld (lees onbevoegdheid) aan die kant van die vervolgingsgesag;
3. Die vertraging het tot sy nadeel gestrek.
Goed. Ek dink enige regdenkende mens verstaan dat daardie aansoek sal slaag. Dit sal natuurlik tot gevolg hê dat enige vorm van appèl wat die NVG mag oorweeg teen Nicholson se uitspraak, onmiddelik gestaak sal word – daar is dan geen prosessiële gebreke meer in enige aksies van die NVG nie, maar 'n beslissing dat geen klagtes gebring mag word nie, ongeag die prosedure. Ewigdurende stilswye word dan opgele teen die owerheid – danksy hul eie onbekwaamheid.
Natuurlik sal dieselfde partye wat tot dusver hulle bes gedoen het om die regstelsel af te kraak dan groot lof hê daarvoor. Verwag uitsprake soos: "Geregtigheid het geseëvier" , "Die onafhanklikheid van die regbank is bevestig", en so meer.
Julius Malema, (die anti-imperiale intellektuele Afrikareus met die groot wit imperialis, Julius Caesar, se naam) sal ons natuurlik trakteer op 'n klomp ou Sowjetretoriek. Gelukkig het ek nou al geleer om te lag vir hom – ek sien geen bedreiging in sy vermoëns om 'n aanslag teen my mense te koördineer nie. As hy die daad by sy woorde wil voeg – ek wag vir hom. (Net soos wat ek lag as iemand my "rassisties" noem – dit beteken niks.)
Wat my baie opgewonde maak, is die stryd wat die ou uitsprakie oor geregtelike prosedures binne die ANK ontketen het.
Die Europees-geskoolde (" I am an African") pyprokende swart filosoof het toe sy Moses teëgekom. Wie het dit veroorsaak? Mens sou verwag dat dit die imperiale / koloniale / rassistiese / "hunker na apartheid"-witmense was? Verrassing! Sy eie ou mensies het hom tot 'n val gebring!
Totsiens Thabo – welkom in Afrika. Elke keer as jy wil huil oor die verlies van jou mag, en die blinde woede skop binne jou, en jou genetika skree: " Apartheid! Rassisme!" – onthou wie dit aan jou gedoen het. Nes jy, is hulle "Africans". Wat my met my ou wit velletjie aanbetref – my tone krul, en krul, en krul van lekkerkry – al weet ek dat Zuma ons gaan Zim.
