Amcu, Alliansie onder druk

waspDie Werkers- en Sosialisteparty, WASP het die mynwerkersvakbond, Amcu teen sy besluit om Donderdag te staak, gewaarsku.

‘n Woordvoerder van die WASP, Mmametlwa Sebei sê Amcu word nie deur die ander vakbonde ondersteun nie.

Amcu het volgens WASP nie steun vir die staking by ander organisasies in die mynbedryf gewerf nie, wat “rampspoedige gevolge” kan inhou.

Twee senior lede van die mynwerkersvakbond, Amcu het intussen aangekondig dat hulle uit die vakbond wil bedank. Hulle gaan na die mynwerkerskomitees terugekeer waar duisende vakbondlede verteenwoordig is.

‘n Woordvoerder vir die wegbreekgroep, Gadaffi Mdodo sê hul lewens verkeer in gevaar nadat hulle doodsdreigemente ontvang het weens hul besluit.

Dié groep is deur die president van Amcu, Joseph Mathunjwa, daarvan beskuldig dat hulle geld van die regering ontvang ten einde die vakbond te ondergrawe.

Mathunjwa het glo tydens ‘n saamtrek in Rustenburg in Noordwes die naweek die aantygings gemaak.

Die Werkers- en Sosialisteparty (WASP) het hom by die vakbond Numsa geskaar wat die drieparty-alliansie wil laat ontbind. WASP meen die alliansie se tyd is lankal verby.

Die WASP steun Numsa se oproep om die stigting van ‘n werkersparty heelhartig.

Sebei sê slegs werkersorganisasies saamstaan om die werkersklas te verteenwoordig sal tot voordeel van werkers wees en Numsa se optrede is ‘n stap in die rigting van die ware bevryding van die werkersklas.

Plaasmoord: Twee in Gauteng vasgetrek na Barkly-Oos-aanval

 plaasmoorde1Twee vermeende swart plaasaanvallers sal Dinsdag na verwagting in die landdroshof op Barkly-Oos verskyn ná die moord op ’n boer, Sarel Pretorius, verlede week.

Pretorius is verlede Dinsdag op die plaas Roodepoort vermoor. Sy vrou is in ’n badkamer toegesluit deur dieselfde aanvallers.

Die polisie in die Oos-Kaap het Maandag gesê hulle het ‘n intensiewe soektog na die moordenaars van stapel gestuur.

Speurders het die twee swart mans – 27 en 32 jaar oud – in Gauteng opgespoor. Die polisie het beslag gelê op twee 9 mm-pistole en kontant wat in hul besit gevind is.

Een van die vermeende plaasaanvallers het glo op die plaas grootgeword en in die gebied gewerk.

“Die speurspan het sonder ophou gewerk en inligting opgevolg wat gelei het tot die inhegtenisneming Saterdag van die twee vermeende moordenaars in Hillbrow, Gauteng… enkele dae ná die voorval aangemeld is,” het Celiwe Binta, provinsiale polisiekommissaris in die Oos-Kaap, gesê.

Lyk langs elektriese substasie gevind

cableDie lyk van ‘n man is by ʼn elektriese substasie naby ‘n treinspoor tussen Roodepan en Barkly-Wes in die Noord-Kaap gevind.

Die man is vermoedelik deur ‘n transformator doodgeskok, het die polisie gesê.

‘n Polisiewoordvoerder Sergio Kock sê ʼn treindrywer het Sondag die lyk ontdek.

ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die presiese oorsaak van sy dood te bepaal.

Volgens Kock het die man ʼn wit-en-blou T-hemp, ʼn swart sweetpakbroek en bruin pantoffels aangehad.

Die voorval word tans ondersoek.

Fotograaf wat omkopery afneem glo aangerand

Chinese winkels doen fluks sake
Chinese winkels kla oor polisie omkoopgeld vra

’n Fotograaf van die Daily Sun is Saterdag in hegtenis geneem en aangerand nadat hy foto’s van polisiebeamptes wat omkoopgeld van Chinese winkeleienaars aanvaar, probeer neem het.

Volgens Reggy Moalusi, die adjunkredakteur, is die fotograaf, Ricky Dire na bewering in Rustenburg, Noordwes deur die polisie aangerand, het die koerant Maandag berig.

Die winkeleienaars het Dire gekontak om te kla dat die polisie hulle afdreig vir omkoopgeld.

Moalusi het gesê hulle het regsverteenwoordigers gekry om tussenbeide te tree, en die fotograaf is vyf ure later vrygelaat. Die polisie het glo ook gedreig om Dire tot Maandagoggend toe te sluit.

Volgens Moalusi is Dire se selfoon gekonfiskeer en die foto’s is uitgevee.

Volgens ‘n polisiewoordvoerder, het die beamptes klagtes van intimidasie, crimen injuria en verset teen inhegtenisneming teen Dire aanhangig gemaak. Sy het ook gesê die fotograaf was onder die invloed van drank.

“Hy is in hegtenis geneem omdat hy die polisie beledig het. Toe hulle hom in hegtenis wou neem, het hy hom daarteen verset,” het sy gesê.

Molale sê die polisie is nie bewus van die bewerings oor omkoopgeld nie.

Swart Nazi Jansen op heksejag teen veilige verblyf

kovsieverblyfNaspers-liefling en die rektor van die Universiteit van die Vrystaat Jonathan Jansen het weer sy totalitêre, swart rasseheerskappy oor die kampus bevestig deur wittes opnuut van rassisme aan te kla.

‘n Koerantadvertensie waarin “nie-regstellende aksie” verblyf vir vroulike studente in Bloemfontein aangebied word, het Jansen genoop om sy swart, ondemokratiese voorkeure uit te stal.

Hy gaan ‘n klagte by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie indien teen ‘n privaatonderneming wat veilige verblyf vir wit damestudente aanbied.

‘n Twiet wat gerig was aan Jansen Saterdag oor die advertensie sal die klagte vergesel, nadat hy sy lyf speurder gehou het om die “rassiste” uit te lok.

Hierdie jongste voorval dui ongelukkig weer eens daarop dat Jansen hoegenaamd nie vrye keuse van assosiasie, ‘n reg wat veronderstel is om in die veelgeprese Grondwet vervat te wees, sal duld nie.

Jansen was ook instrumenteel in die versinsels van rassisme teen die Reitz 4 wat tot hulle skorsing gelei het.

“Voorspelbaar is aan die swart studente vertel dat hulle vol is met ‘n lang waglys , en aan die wit studente dat daar natuurlik akkommodasie beskikbaar is,” het Jansen gesê na hul “ondersoek”.

“Ons het rekord gehou van die interaksies en sal verslag van hierdie private woning aan die toepaslike owerhede doen.”

Die advertensie in Afrikaans lui: “‘n Veilige studente-akkommodasie vir nie-regstellende aksie vroulike Kovsies in veilige studentehuise. Loop afstand vanaf die UV-kampus.”

Jansen het sy “skok en teleurstelling” in die advertensie uitgespreek, sê die “blatante aard” daarvan is “baie skaars”.

“Mense wat verblyf aan studente bied is meer bekommerd is oor die maak van geld as oor die kleur van die geld.

“Dit is die eerste keer dat ek sulke blatante rassisme teëkom,” het Jansen gesê.

Slegs 20% van die studente word geakkommodeer by die instelling se koshuise.

‘n Werknemer by die Universiteit het op voorwaarde van anonimiteit gesê hulle kan nie alles nagaan nie omdat daar groot aanvraag vir behuising aan die begin van die jaar is.

 

‘Inklusiewe’ Afrikaans

akkerblaarDeur Thys Human

In Beeld en Burger is daar weer ‘n berig oor ‘n klompie akademici of iets wat pleit dat Afrikaans “inklusief” gemaak word.

Ek kon nie mooi uit die berig agterkom presies wat hulle daarmee bedoel nie, maar ek het so ‘n vuil spesmaas dat hulle eintlik wil hê dat alle Afrikaanssprekendes as “Afrikaners” bestempel moet word – en dan word ons een groot “hêppie fêmily”.

Hoekom hierdie mense – met Le Cordeur en sy makkers van die Stigting vir Afrikaans of so iets – nog hierdie ou refrein sing, kan ek nie verstaan nie want dit is duidelik dat hulle mense – die Bruines – besig is om vinnig te verengels en vermoedelik te verswart. US is natuurlik uitmuntende bewys daarvan.

Feit is dat Afrikaners – dis nou etniese, kultureelgebonde, volkseie Afrikaners – nie die minste belangstel om met enige ander groep “inklusief” te raak nie. Ons verwelkom dit as daar nog van die ander groepe is wat Afrikaans praat en trots is om dit te praat en ons is bereid om ‘n lang pad saam met hulle te loop, maar as dit kom by die volkseie, by selfbeskikking vir die Afrikaner wat deel van ‘n AfrikanerVOLK wil wees, verkies ons om ons eie pad te loop – al dwaal daar heelwat van ons eertydse volksgenote van die pad af – en verdwyn!

Seker my grootste probleem met die konsep van inklusiwiteit is dat ons dan weer mense soos Lina Spies, Max du Preez, Juri van den Heever, Anton van Niekerk en hulle geesgenote in ons geledere – as Afrikaners – moet verwelkom, maar natuurlik met ‘n afgewaterde, flou, banggat, verskonende, negatiewe konsep van “Afrikaner”. Daarvoor sien ek wragtag nie kans nie.

Dis natuurlik nie verbasend dat Naspers se koerante hierdie oproepe tor inklusiwiteit steeds groot aandag verleen nie – hulle strewe na volle integrasie tussen wit Afrikaner en Bruin Afrikaanssprekende kom ‘n baie lang pad – ek vermoed daar van kort na DF Malan se uittrede as leier van die NP en premier van die land. Dit is onder Verwoerd vir ‘n wyle onder die mat ingevee (of onder die kombers versteek?) maar selfs in sy laaste jare het die wiele binne Naspers vir “inklusiwiteit” weer begin draai. Lees pas weer êrens dat daar vertel word hoe Schalk Pienaar glo doer in vroee sestigs al gepraat het oor die “verskille” binne die NP wat nog tot uiting gaan kom: Dit was alles net oor die idee van inklusiwiteit, van versmelting tusssen Wit Afrikaner en Bruines. En dit tier steeds in hul koerante se nuus- en kommentaarkolomme.

Ek wou op Beeld en DB se webblad kommentaar lewer, maar ek het alweer my gratis kwota nuusberigte vir die maand opgebruik! Dink ek sal nou maar hierdie brief aan Praag ook sommer effe aanpas en vir albei koerante stuur.

NS Na aanleiding van my artikel verlede week oor Hans die Vloeker, het ek vanoggend weer vir hom ‘n kopie van ‘n berig in die Daily Despatch oor nog ‘n plaas (of landelike) aanval gestuur. Toe ek dit nou die dag met die plaasmoord by Barkly-Oos gedoen het, het hy my gevra om tog nie meer met hom te gesels nie. Gesels? Die arme “dd” besef nie ek gesels nie graag met sy tipe nie – ek voer hulle net inligting tot hulle dik word daarvan!

Krejcir: Intelligensie-beampte in hegtenis geneem

Mafiabaas Krecjir
Mafiabaas Krecjir

Vyf mense onder wie ‘n senior intelligensie-beampte wat moontlike bande met die Tsjeggiese voortvlugtende Radovan Krejcir het, verskyn vandag in die Alexandra-landdroshof, noord van Johannesburg.

Hulle staan tereg op verskeie aanklagte wat poging tot moord en regsverydeling insluit, het RSG berig.

Die intelligensie-beampte sersant Nandi Nkosi is Donderdag in hegtenis geneem omdat sy na bewering GPS-koördinate verskaf het om die spesiale ondersoekbeampte, Paul O’Sullivan en nog ‘n polisieman, kolonel Nkosinathi Ximba op te spoor.

Volgens O’Sullivan het Krejcir hom sedert 2010 minstens vyf keer met die dood gedreig.

O’Sullivan is sedert Krejcir se onwettige aankoms in die land in 2007 op sy spoor.

Die polisie sê nog inhegtenisnemings word verwag.

Wateropstand by Brits eis vierde slagoffer

proteststones‘n Vierde persoon is op Mothulung naby Brits in Noordwes dood nadat die polisie op oproeriges losgebrand het.

Die 36-jarige Enock Seimela het Sondagnag aan sy wonde beswyk.

Die polisie en oproermakers het verlede week gebots nadat inwoners die strate ingevaar het oor ‘n watertekort.

Die inwoners het betoog omdat hulle steeds nie lopende water het nie.

Seimela was vir ‘n week lank in die waakeenheid van die George Mukhari hospitaal in Garankuwa.

Hy en ‘n student is verlede week tydens die betogings in Mothutlung beseer. Nog twee ander is dood tydens die oproer.

Die drie slagoffers is die naweek begrawe.

Shoprite verloor miljoene met Mandela se begrafnis

shopriteShoprite het na bewering miljoene verloor met Mandela se afsterwe toe hulle besluit het om hul deure te sluit op 15 Desember verlede jaar.

Baie kleinhandelaars was toe op die dag van die begrafnis van die voormalige president.

Dit het Shoprite ‘n geraamde R260 miljoen gekos om sy winkels op die dag van Mandela se begrafnis te sluit, het die New Age berig.

Shoprite het gesê Kershandel vir die maand van Desember is negatief geraak deur die sluiting van alle Suid-Afrikaanse winkels.

Die winkels sou na raming verkope van tot R260 miljoen genereer, ‘n impak op omset vir die tydperk van 0,7%.”

Massmart het onlangs berig dat hulle sowat R200 miljoen verloor het toe hulle winkels gesluit het.

Baie kleinhandelaars was die dag van die begrafnis toe, terwyl Pick n Pay verkies het om oop te bly.

Die Jong Kommunistiese Liga van Suid-Afrika ( YCLSA ) en Saccawu het ‘n boikot teen Pick n Pay uitgeroep omdat die winkel nie op 15 Desember wou sluit nie.

“Ons is teleurgesteld dat Pick n Pay het nie ag geslaan het op die oproep om môre [ 15 Desember ] te sluit ter ere van president Nelson Mandela se heengaan nie,” het Khaya Xaba, YCLSA-woordvoerder, gesê.

“Pick n Pay kies wins bó rou oor hierdie dapper held van ons vryheidstryd.”

Pick n Pay se uitvoerende hoof, Richard Brasher het gesê die handelaar beskou sy oop deure op die dag van Mandela se begrafnis as ‘n meer praktiese en tasbare manier om mense se lewens te verbeter deurdat die winste geskenk word aan die mense.

Outa vra dat e-tol opgeskort word

Wayne Duvenhage
Wayne Duvenhage

Die Bondgenootskap teen Stedelike Tol, Outa het ‘n beroep op die Minister van Vervoer, Dipuo Peters, gedoen om die e-tolstelsel op te skort.

Outa sê die voortdurende verset deur die publiek om op te dok vir ‘n stelsel wat nie na behore werk nie, maak dit onmoontlik om voort te gaan.

Outa se voorsitter, Wayne Duvenage, sê hy is nie verbaas dat die hoof van die elektroniese tolmaatskappy, Ben Theron, intussen bedank het nie.

Elektroniese Tolinvordering het (ETC) Vrydag bevestig dat Theron bedank het. Hy sal deur Mark Ridgeway opgevolg word.

“ETC se uitvoerende bedryfshoof Ben Theron het bedank om persoonlike redes,” het Anne Mardon hul woordvoerder in ‘n verklaring gesê.

Duvenhage het gesê die kompleksiteit van die stelsel sal selfs vir die mees ervare personeel ‘n uitdaging wees.

Die woordvoerder van die presidensie, Mac Maharaj, het verlede week in ‘n verklaring uitgereik gesê nuwe paaie te bou en opgradering van bestaande paaie, is noodsaaklik.

Duvenage het Maharaj se stelling oor die opgradering van alternatiewe roetes verwerp en sê dit is in elk geval ‘n noodsaaklike vereiste.