‘Inklusiewe’ Afrikaans

akkerblaarDeur Thys Human

In Beeld en Burger is daar weer ‘n berig oor ‘n klompie akademici of iets wat pleit dat Afrikaans “inklusief” gemaak word.

Ek kon nie mooi uit die berig agterkom presies wat hulle daarmee bedoel nie, maar ek het so ‘n vuil spesmaas dat hulle eintlik wil hê dat alle Afrikaanssprekendes as “Afrikaners” bestempel moet word – en dan word ons een groot “hêppie fêmily”.

Hoekom hierdie mense – met Le Cordeur en sy makkers van die Stigting vir Afrikaans of so iets – nog hierdie ou refrein sing, kan ek nie verstaan nie want dit is duidelik dat hulle mense – die Bruines – besig is om vinnig te verengels en vermoedelik te verswart. US is natuurlik uitmuntende bewys daarvan.

Feit is dat Afrikaners – dis nou etniese, kultureelgebonde, volkseie Afrikaners – nie die minste belangstel om met enige ander groep “inklusief” te raak nie. Ons verwelkom dit as daar nog van die ander groepe is wat Afrikaans praat en trots is om dit te praat en ons is bereid om ‘n lang pad saam met hulle te loop, maar as dit kom by die volkseie, by selfbeskikking vir die Afrikaner wat deel van ‘n AfrikanerVOLK wil wees, verkies ons om ons eie pad te loop – al dwaal daar heelwat van ons eertydse volksgenote van die pad af – en verdwyn!

Seker my grootste probleem met die konsep van inklusiwiteit is dat ons dan weer mense soos Lina Spies, Max du Preez, Juri van den Heever, Anton van Niekerk en hulle geesgenote in ons geledere – as Afrikaners – moet verwelkom, maar natuurlik met ‘n afgewaterde, flou, banggat, verskonende, negatiewe konsep van “Afrikaner”. Daarvoor sien ek wragtag nie kans nie.

Dis natuurlik nie verbasend dat Naspers se koerante hierdie oproepe tor inklusiwiteit steeds groot aandag verleen nie – hulle strewe na volle integrasie tussen wit Afrikaner en Bruin Afrikaanssprekende kom ‘n baie lang pad – ek vermoed daar van kort na DF Malan se uittrede as leier van die NP en premier van die land. Dit is onder Verwoerd vir ‘n wyle onder die mat ingevee (of onder die kombers versteek?) maar selfs in sy laaste jare het die wiele binne Naspers vir “inklusiwiteit” weer begin draai. Lees pas weer êrens dat daar vertel word hoe Schalk Pienaar glo doer in vroee sestigs al gepraat het oor die “verskille” binne die NP wat nog tot uiting gaan kom: Dit was alles net oor die idee van inklusiwiteit, van versmelting tusssen Wit Afrikaner en Bruines. En dit tier steeds in hul koerante se nuus- en kommentaarkolomme.

Ek wou op Beeld en DB se webblad kommentaar lewer, maar ek het alweer my gratis kwota nuusberigte vir die maand opgebruik! Dink ek sal nou maar hierdie brief aan Praag ook sommer effe aanpas en vir albei koerante stuur.

NS Na aanleiding van my artikel verlede week oor Hans die Vloeker, het ek vanoggend weer vir hom ‘n kopie van ‘n berig in die Daily Despatch oor nog ‘n plaas (of landelike) aanval gestuur. Toe ek dit nou die dag met die plaasmoord by Barkly-Oos gedoen het, het hy my gevra om tog nie meer met hom te gesels nie. Gesels? Die arme “dd” besef nie ek gesels nie graag met sy tipe nie – ek voer hulle net inligting tot hulle dik word daarvan!

26 thoughts on “‘Inklusiewe’ Afrikaans”

  1. Nogmaals in die kol Thys – ek is wie en wat ek is, kultureelgebonde, volkseie Afrikanervrou en trots daarop.

    Hou aan om Hans die DD te voer … sodat die wêreld behoorlik kan kennis neem van die moorde (afskuwelike, wreedaardige) moorde op ons Blankes.

    NS: Ten opsigte van die Lina Spies rubriek onlangs, Pieter Hurter is inderdaad die persoon soos deur jou beskryf.

      1. ThysH
        Is die Hurter wat jy ken, dieselfde as die briefskrywer en Gevreetboek ene?
        Die een wat ek van laaaank gelede ken, was Kulturele Atttaché in België gedurende die tagtiger jare. Goeie piet.
        Afduime is werklik nie iets om oor opgewerk te raak, of aan die teem en ween te gaan nie. Aanvaar met vrede dat mens nie met almal ‘pelle’ gaan wees nie.
        Die afduime wat ek deurlopend ontvang, kom waarskynlik van pietinne en piete wat ek ook nimmer as te nooit as ‘pelle’ sal beskou nie.
        “Each to his/her own”, soos my mooi en slim buurvrou altyd sê.
        🙂

          1. Smaak my hierdie mooi slim Ingilse gewillige samewerkende buurvrou van jou is ‘n vrou van vele talente Sjert 🙂
            Dalk met goeie imborste ook nog ?

  2. Weereens dankie Thys vir ‘n lekker lees artikel. Nadat ek dit gelees het, het ek aan die rubriek van Dr Dan Roodt, “Inval van die imbesiele” gister op Praag gedink. Daar het ‘n hele paar aan die gesprek deelgeneem en daar was veskillende sienings maar kom tog by ‘n gemeenskaplike punt uit. Onnoselheid! Wanneer jy die feite op die tafel voor Hans en andere sit, hardloop hulle dat die stof staan. Maar blaf sal hulle blaf al is dit op ‘n afstand.

      1. Daardie vergitis op die kop lyk vir my nes die hoed waarvan hulle op een van watkykjy se donderdae videos gehad het. Dit is ongelukkig walglik so ek sal nie ‘n skakel daarna pos nie maar dit is ‘n baie raak beskrywing en die taalgebruik sal nogal by ou hansie pas.

  3. Dankie Oom Thys vir die een – het mos gesê jy kan as jy wil.

    Kom laat ek tog maar wreed eerlik met myself wees.
    n’ Volk deffinieer homself.
    Die kleurling wat die Afrikaner Boere se muishand status begeer en dit wil deel moet hulle koppe laat lees. Wat is die operasionele denke met so-iets?

    Die kleurlinge sal ook nie so onnosel wees om in ‘n Afrikaner / Boere se volkstaat te gaan bly nie want dan moet hulle al die werk doen soos wat Tsafendaspers reeds agter kleurling touleiers en handlangers misbruik maak van Botman Boesak en Koopmans en Jansen.ens.

    Die 90% wit Christene loop ook die gevaar om kultureel te kreoliseer met assimilasie van aggressiewe ateiste en godsdienstige sinkretisme. Dan word die Afrikaners inderdaad kleurlinge.

    So daar is vir die Afrikaner/Boer gevaar in getalle en inklusiviteit / assimilasie maar skuiling in vervolging en isolasie ekslusiwiteit !! ja wragtag.- net die gemotiveerdes sal kans sien vir die Volk se lotgevalle/

    Tsafendaspers stoot assimilasie om hul produk te bemark naamlik – Afrikaans – ongeag die prys en offers – koud kliniese produksiesyfers is vir hulle al wat tel.

Maak 'n opvolg-bydrae