Die Werkers- en Sosialisteparty, WASP het die mynwerkersvakbond, Amcu teen sy besluit om Donderdag te staak, gewaarsku.
‘n Woordvoerder van die WASP, Mmametlwa Sebei sê Amcu word nie deur die ander vakbonde ondersteun nie.
Amcu het volgens WASP nie steun vir die staking by ander organisasies in die mynbedryf gewerf nie, wat “rampspoedige gevolge” kan inhou.
Twee senior lede van die mynwerkersvakbond, Amcu het intussen aangekondig dat hulle uit die vakbond wil bedank. Hulle gaan na die mynwerkerskomitees terugekeer waar duisende vakbondlede verteenwoordig is.
‘n Woordvoerder vir die wegbreekgroep, Gadaffi Mdodo sê hul lewens verkeer in gevaar nadat hulle doodsdreigemente ontvang het weens hul besluit.
Dié groep is deur die president van Amcu, Joseph Mathunjwa, daarvan beskuldig dat hulle geld van die regering ontvang ten einde die vakbond te ondergrawe.
Mathunjwa het glo tydens ‘n saamtrek in Rustenburg in Noordwes die naweek die aantygings gemaak.
Die Werkers- en Sosialisteparty (WASP) het hom by die vakbond Numsa geskaar wat die drieparty-alliansie wil laat ontbind. WASP meen die alliansie se tyd is lankal verby.
Die WASP steun Numsa se oproep om die stigting van ‘n werkersparty heelhartig.
Sebei sê slegs werkersorganisasies saamstaan om die werkersklas te verteenwoordig sal tot voordeel van werkers wees en Numsa se optrede is ‘n stap in die rigting van die ware bevryding van die werkersklas.

Lekker om van die struwelinge te lees tussen die baie nuwe party, WASP, Amcu en Numsa. Ek voorspel dat hulle nog ondermekaar gaan inklim. So kan WASP ook ‘n paar kiesers werf vir die verkiesing.
Die spul veg nou oor beheer van die myne lyk my.
Ek sien. Met die volgende opstootjie by Marikana skiet WASP vir AMCU en AMCU vir NUMSA. Dan skiet NUMSA terug op AMCU, maar tref WASP en die polisie skiet hot en haar. Hmm, verstaan ek dit reg?