Die Britte se vermaarde stywe bo-lip het effens begin bewe.
Brittanje verbruik meer anti-depressante as byna al hulle bure in Europa, het ‘n internasionale studie het bevind.
Die Verenigde Koninkryk het die sewende hoogste voorskryfkoers vir medikasie soos Prozac in die Westerse wêreld, met 71 daaglikse dosisse per dag vir elke 1000 inwoners in 2011.
Dit is byna dubbel die 38 voorskrifdosisse per dag as ‘n dekade vroeër, volgens die studie deur die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling, wat die wêreld se geïndustrialiseerde lande verteenwoordig.
Die oplewing het gelei tot kommer onder sommige dokters dat antidepressante in Brittanje te maklik voorgeskryf word.
Die rede vir die oormatige gebruik van “geluk in ‘n botteltjie” word toegeskryf aan moeilike ekonomiese omstandighede en hoë werkloosheid.
Die regering wil hê die koste van privaat-gesondheidsorg moet verlaag word om by te dra tot die sukses van die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering.
Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi sê die privaat-gesondheidsorgbedryf is gekant teen verandering en wil hê mense moet glo gesondheidsorg is duur.
Motsoaledi sê gesondheidsorg moet bekostigbaar wees. Hy sê die gehalte moet konsekwent hoog wees, en evalueringstelsels word ontwikkel om te verseker die NGV bereik dié ideaal.
‘n Loodsprojek van die NVG is verlede jaar in die Oos-Kaap, Mpumalanga, Limpopo en die Vrystaat van stapel gestuur en die stelsel sal oor die volgende 14 jaar ingefaseer word. – RSG
Onvermoë van die Waarheid-en-Versoeningskommissie om reparasie aan die slagoffers van apartheid te verseker, is een van die liggaam se mees “ernstige” foute, sê Desmond Tutu.
By ‘n seremonie wat deur die Instituut vir Geregtigheid en Versoening gehou is dié week, het die emeritus-aartsbiskop uitgevaar teen die gebrek aan vergoeding vir slagoffers.
Sy kommentaar val saam met die Khulumani Support Group se opmars na die Parlement. Die Groep is deur die sogenaamde slagoffers van apartheid menseregteskendings opgerig.
In ‘n twiet opgelaai deur @TutuLegacy , het Tutu gesê: “Een van die mees ernstige [ foute ] was dat ons amnestie kon verleen, maar slegs reparasie kon aanbeveel [en nie afdwing nie].”
Tutu se woordvoerder, Roger Friedman, het gesê die WVK het nie die mag om wette te maak gehad nie en daar was geen wette wat die betaling van vergoeding verpligtend gemaak het nie.
Voormalige WVK kommissaris Dumisa Ntsebeza het ook gesê dat dit die WVK se “fundamentele fout” was om nie mense te vergoed nie.
“Vir geregtigheid om te geskied, sou ons moes konsentreer op die gaping tussen die rykes en die armes.”
”In hierdie verband het ons aanbeveel dat ‘n belasting op rykes ingestel word en gesê dat 1% van die wins van alle maatskappye wat op die JSE genoteer is moet in die President se Fonds gestort word.”
“Kan jy jou indink hoe ver die geld sou gegaan het om te help met die opvoeding, ontwikkeling en opheffing?” het hy gevra.
Khulumani se nasionale direkteur Marjorie Jobson het gesê: “Die WVK se grootste probleem was sy fokus op amnestie en akkomodering van diegene wat polities gemotiveerde misdade gepleeg het.
“In die einde, dit het gelei tot ‘n bruto wanbalans in die WVK se uitkomste.” Sy het gesê daar was nie “maatskaplike regverdigheid” nagestreef nie.
Jobson gesê: “Daar is die slagoffers wie se lewens nou erger is as toe hulle onder apartheid geleef het.”
‘n Invoerverbod op Suid-Afrikaanse sitrus is deur die Europese Unie ingestel. Die verbod volg nadat 36 sitrusbesendings uit Suid-Afrika onderskep is.
Die EU het ‘n invoerverbod geplaas op die meeste sitrusprodukte wat in Suid-Afrika geproduseer word.
Die rede wat die EU aanvoer is dat ‘n swamsiekte, Swartvlek of Swartkolsiekte, in van die besendings gevind is.
‘n Ingeligte anonieme bron het gesê die EU-handelshoof Karel De Gucht het reeds aan Suid-Afrikaanse amptenare tydens ‘n besoek aan Johannesburg gesê dat die besmette besendings “ernstig en problematies” is, en dat dit aangespreek moet word.
Suid-Afrika voer jaarliks ongeveer 600,000 ton sitrus vrugte uit na die EU – veral lemoene, suurlemoene, lemmetjies en nartjies – ter waarde van sowat €1000.000.000. Dit is die belangrikste bron van lemoensap wat verbruikers in Brittanje, Duitsland en Frankryk tydens die Europese somermaande nuttig.
Die dispuut kom op ‘n sensitiewe tyd. Die Europese Unie wil Suid-Afrika se ondersteuning verkry om handelsooreenkomste met die sub-Saharastreek te ontsluit .
Tydens die onderhandelinge in Suid-Afrika hierdie week het die EU-amptenare aangebied om die terme van ‘n bilaterale vryhandelsooreenkoms wat dateer uit 1999 aan te pas, om vir die eerste keer aan Suid-Afrikaanse suikerboere tariefvrye toegang na Europa toe te staan.
Die sitrusverbod is grootliks simbolies, want dit is net van toepassing op vanjaar se Suid-Afrikaanse sitrusoes wat in Oktober geëindig het, wat beteken dat die EU-invoere reeds gestop het.
Die blok se studies toon die siekte wel ‘n risiko inhou as dit posvat in Europa se beraamde 500,000 hektaar sitrusboorde.
Die verbod is ingestel op die grootste produserende gebiede in Suid-Afrika en alhoewel dit slegs op die huidige oesseisoen van toepassing is, het amptenare van die EU egter gewaarsku dat die beperkings verleng mag word tot die volgende seisoen.
Ses onderwysers van ‘n skool in Sakhile naby Standerton is in hegtrenis geneem nadat hulle na bewering kos gesteel het wat vir arm en honger kinders bedoel was.
Die polisie in Mpumalanga sê die leerkragte word aangehou. Kolonel Leonard Hlathi sê die polisie het die kruideniersware vir die skool se skolevoedselprogram in die onderwysers se motors gevind.
Geen skoolfooie word by die skool gehef nie omdat die meeste van die ouers werkloos is. – RSG
Die hooggeregshof in Kaapstad het ‘n dringende hofbevel aan die Kaapstadse metroraad toegestaan om enige onwettige protesoptogte te keer.
‘n Optog van EFF-simpatiseerders en die Kaapstadse Informele Nedersettingsgroep wat vandag gehou word, het sake-ondernemings in die middestad reeds gewaarsku dat hulle hul deure moet sluit.
Vroeër die maand het oproermakers in die middestad omstanders aangerand, vensters gebreek en winkels geplunder.
‘n Woordvoerder van die metroraad, Wilfred Solomons-Johannes, sê die Wes-Kaapse hooggeregshof het die hofbevel tydens ‘n spesiale sitting toegestaan.
Hy sê enige iemand wat help om lede van die Kaapstadse Informele Nedersettingsgroep vir potesoptredes aan te ry, sal met die gereg kennis maak.
Die groep het vroeër gesê die optog sal voortgaan, en hulle sal nie deur ‘n hofbevel verhoed word nie.
Andile Lili, ‘n lid van die Kaapstadse Informele Nedersettingsgroep het egter na die hofbevel teen die optog gesê hulle sal nie meer voortgaan nie.
Lili sê hulle sal appèl aanteken teen die Wes-Kaapse Hooggeregshof se bevel. Hy sê hulle veg vir wat hulle glo is die beste belang van armes.
Volgens Solomons-Johannes is wetstoepassers op ‘n gereedheidsgrondslag geplaas.
Hewige storms oor Gauteng het Donderdagmiddag verwoesting gesaai. Teen vieruur was dit pikdonker soos swaar reënwolke oor die provinsie saamgepak het.
Nooddienste in verskeie dele van Gauteng was deur die die nag op ‘n gereedheidsgrondslag.
Fratsvloede het huise en paaie oorstroom, sterk winde het dakke afgewaai en haelkorrels so groot soos gholfballe, het motorruite uitgeslaan, en huise se dakke en vensters beskadig.
Die volle omvang van die skade sal vandag bekend word wanneer opruimingswerk voortgesit word. In Johannesburg is motoriste na veiligheid gehelp toe paaie oorstroom het.
Berigte van bome wat omwaai het en paaie versper het, is ontvang. In Fourways, Johannesburg, was winkels onder water nadat die dak van Fourways Mall beskadig is.
In Pretoria is huise en paaie oorstroom en treindienste is erg ontwrig, en in Nelmapius, in die ooste van Pretoria, het fratsvloede mense vasgekeer.
Geen beserings is egter weens die storms aangemeld nie.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD), sê die sterk storms het in die omtrek van Parys, Sasolburg en Bothaville in die Vrystaat ontstaan, waarna hulle na Gauteng deurbeweeg het en hael gebring het.
In Randfontein aan die Wes-Rand was die hael so groot soos tennisballe. Motoriste het onder bome probeer skuiling vind, maar groot haelskade is aan voertuie se bakwerk veroorsaak en motorruite is uitegslaan.
‘n Woordvoerder van die Tshwane-nooddienste het gesê hulle het oproepe ontvang van huisdakke wat afgewaai het. Die nooddienste het seile verskaf aan die huise waarvan die dakke afgewaai het.
Die Johannesburgse nooddienste, het gesê sterk winde het ook huisdakke afgewaai en huise is oorstroom. Oorstromings is ook in Roodepoort aangemeld.
‘n Deel van die Randfontein-pad na Vereeniging het ook oorspoel.
Twee broers van Zimbabwiese en ’n derde verdagte is in verband met ’n moord en rooftog in die Johannesburgse middestad in hegtenis geneem.
Die twee is Donderdag op die hoek van Leyds- en Twiststraat gevang nadat hulle oom die polisie in kennis gestel het dat hulle ’n moord gepleeg het, het ao. Xoli Mbele gesê.
Hulle het die polisie na ’n medepligtige gelei, wat ook gevang is.
“Die twee het geld by die oom gaan vra om na Zimbabwe te vlug, omdat hulle iemand doodgemaak het.”
Vier verdagtes het Maandag ’n 30-jarige man op die hoek van Claim- en De Villiersstraat beroof en met ’n mes gesteek.
“Paramedici het hom op die toneel dood verklaar,” volgens Mbele.
Die rowers het met die slagoffer se selfoon en R40 gevlug.
Mbele het gesê die drie mans wat vasgetrek is, sal binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn. – Sapa
Die hoof van die teen-stropingseenheid in die wildtuin, generaal-majoor Johan Jooste sê om die stryd teen renosterstropery te wen, sal ‘n nuwe plan verg.
Jooste sê die strategie sal verander moet word om die bedreigde diere te red.
Die Nasionale Gesamentlike Operasionele Sentrum, gekoördineer deur die Direktoraat van Prioriteitsmisdaadondersoeke, het renosterstropery onlangs op sy prioriteitslys geplaas.
Die minister van Omgewingsake, Edna Molewa het vroeër gesê die Kabinet het die behoefte aan meer tegnologie beklemtoon, veral die ontplooiing van onbemande tuie.
Die anti-stropereenheid word tans hoofsaaklik vir SANParke deur elemente van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, die polisie , doeane en aksynsinspekteurs van SA Inkomstediens en ‘n aantal buitelandse nie-regeringsorganisasies beman.
SANParke het hoë-tegnologietoerusting soos die nagvisieverkyker vir gebruik deur veldwagters in anti- stropery bedrywighede ontvang.
Die SA Lugmag neem ook deel waar hulpbronne dit toelaat en ‘n paar BK-117’s van 15 Eskader C Flight in Kruger help met toesig vanuit die lug .
‘n Suid-Afrikaanse privaatsektor verdedigingsbedryfkonglomeraat, die Paramount Group, is glo eweneens daartoe verbind om die renoster te red. Hulle het ‘n Seabird Aviation Seeker vir waarneming beskikbaar gestel via die Ichikowitz Family Foundation.
Die bykomende oog in die lug is ‘n hupstoot vir Kruger se eie vloot van helikopters, ligte waarnemings- en vastevlerkvliegtuie.
SANParke het in 2012 ‘n baie meer militaristiese benadering tot die renosterprobleem aangekondig, en die afgetrede oud-weermaglid, generaal-majoor Johan Jooste is aangestel.
Terselfdertyd het dr David Mabunda , uitvoerende hoof van SANParke gesê intelligensie-insameling, wat sowel as betrokkenheid van die gemeenskap vir spioenasie, sal ook verhoog word .
Jooste sê hulle doen alles in hulle vermoë om te verhoed dat die renoster-dodetal die 600 kerf vir 2013 verbysteek.
Tot dusver is 827 renosters vir hul horings uitgewis, waarvan ruim meer as die helfte, naamlik 527 in die Krugerwildtuin was.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parkeraad gaan dié week planne aankondig oor hoe om die stryd teen renosterstropery in die Nasionale Krugerwildtuin verder op te skerp.
Die woordvoerder van SANPARKE, Reynold Thakuli sê die nuwe plan is hoofsaaklik daarop gemik om stropers buite die wildtuin te hou en dit sal meer hulpbronne verg.
Die Suid-Afrikaanse Poskantoor sê hy sal met gemak die rekeninge van die Gautengse e-tolstelsel kan hanteer.
Die hoof van die Suid-Afrikaanse Poskantoor se e-diens, Newyear Ntuli sê al ontvang die poskantoor een miljoen e-tol rekeninge ‘n dag sal die stelsel dit maklik kan hanteer.
Hy sê in die stadium hanteer die poskantoor gemiddeld 450.000 posstukke per maand wat met verkeersake verband hou.
‘n Rekening sal per pos aan motoriste gestuur word indien hulle e-tol rekening nie binne sewe dae betaal word nie. Die Gautengse e-tolstelsel tree Dinsdag in werking. – RSG