Die Suid-Afrikaanse Poskantoor sê hy sal met gemak die rekeninge van die Gautengse e-tolstelsel kan hanteer.
Die hoof van die Suid-Afrikaanse Poskantoor se e-diens, Newyear Ntuli sê al ontvang die poskantoor een miljoen e-tol rekeninge ‘n dag sal die stelsel dit maklik kan hanteer.
Hy sê in die stadium hanteer die poskantoor gemiddeld 450.000 posstukke per maand wat met verkeersake verband hou.
‘n Rekening sal per pos aan motoriste gestuur word indien hulle e-tol rekening nie binne sewe dae betaal word nie. Die Gautengse e-tolstelsel tree Dinsdag in werking. – RSG
