‘n Waarheids- en versoeningskommissie vir die VSA?

President Barack Obama word tans heftig gekritiseer omdat hy weier om nuwe foto's uit die Abu Ghraib-gevangenis vry te stel.

Sy heel eerste stap was egter om, nadat hy die presidentsverkiesing gewen het, dadelik die sluiting van die gevangenis in Guantanamo aan te kondig. Die beskuldigdes sou ook nie militêr verhoor word nie.

Maar die probleme wat sy laasgenoemde besluit meegebring het, het die president Donderdag laat besluit om weer die weermag se regstelsel in te span, hierdie keer met aanpassings om die "regverdigheid" te verbeter.

Menseregtegroepe is woedend oor die twee besluite en beskuldig Obama daarvan dat hy terugkeer na sy voorganger, Bush, se onmenswaardige beleid.

Aanvanklik het die Withuis gesê hulle sal 2 000 nuwe foto's van marteling en mishandeling vrystel, maar nadat militêre raadgewers gewaarsku het dat dit die VSA se magte in Irak en Afghanistan aan groter risiko kan blootstel, het die Oabama-administrasie van die plan afgesien.

"Die bekendmaking van hierdie foto's sal nie enige bykomende waarde toevoeg aan ons begrip van wat 'n klein aantal individue gedoen het nie," het Oabam Donderdag gesê. "Om die waarheid te sê, sal die direkte gevolg van die vrystelling daarvan, glo ek, anti-Amerikaanse sentiment verder aanblaas en ons troepe in groter gevaar stel."

In Europa is Obama se besluit met skok ontvang. In Duitsland het die Tageszeitung berig dat die mensregtemisdade wat tydens Bush se termyn gepleeg is nou nie gestraf sal word nie. Hulle het Obama van 'n toesmeerdery beskuldig.

Die Financial Times Deutschland bekla eweneens die feit dat Obama nie sy beloftes van deursigtigheid en etiese gedrag gestand doen nie, maar meen dat dit om veiligheidsredes verstaanbaar is.

Die Süddeutsche Zeitung tref die vergelyking met Suid-Afrika. Die koerant skryf dat Obama 'n pynlike besluit sal moet neem. "Die VSA sal die kwessie van marteling en mishandeling wat hulle gebruik moet konfronteer, op dieselfde wyse as wat ander lande hulle verledes hanteer het. Dit sou 'n korrekte stap wees om 'n liggaam op te rig soos die Waarheids- en versoeningskommissie in Suid-Afrika. Anders sal die skandvlek van sy voorganger op Obama reflekteer."

блузка для девочки купитьФільчаков прокурор

Tamil Tiere se brul is uit

Die Tamil Tiere het gister erken hulle het ’n nederlaag gely in die 25 jaar lange oorlog met die regering van Sri Lanka en aangebied om hul wapens neer te lê namate regeringsmagte hul laaste vesting in die noordooste oorrompel het.

Die regering het die aanbod van ’n skietstaking verwerp en gesê die duisende burgerlikes wat in die oorlogsone vasgekeer was, is almal in veiligheid gebring en daar was geen rede meer om die stryd te staak nie.

Met die oorlog wat einde se kant toe staan, het inwoners van Sri Lanka die strate ingevaar en spontaan feesgevier. Pres. Mahinda Rajapaksa het ’n nuuskonferensie vir môre in die parlement belê wat reg oor die land gebeeldsend sal word.

Die lot van die Tamil Tiere se top-bevelvoerders blyk steeds onbeslis te wees, en dis onduidelik waar die kluisenaaragtige rebelleleier, mnr. Velupillai Prabhakaran, hom bevind. ’n Senior militêre amptenaar het gesê troepe het die lyke van verskeie rebelle-soldate gevind wat gister selfmoord gepleeg het toe hulle deur dié troepe omsingel is.

Dié lyke was vermoedelik dié van Prabhakaran en sy adjudante, maar die weermag probeer steeds hul identiteit vasstel, het ’n amptenaar gesê wat anoniem wou bly.

Gister het Tamil Tier-selfmoordbomaanvallers troepe geteiken en dié troepe het minstens 70 rebelle doodgemaak wat probeer vlug het, het die weermag gesê.

“Hierdie stryd het sy bittereinde bereik,” het die rebelle-amtenaar mnr. Selvarasa Pathmanathan luidens ’n verklaring gesê. “Dis ons mense wat nou sterf weens bomme, granate, siekte en honger. Ons kan nie meer toelaat dat hulle verder skade ly nie. Ons het besluit om ons gewere te laat sak.”

Hy het gesê die lyke van duisende burgerlikes en talle wat gewond is, lê op die slagveld. Die minister van media, mnr. Anura Yapa, het sy woorde verwerp en gesê regeringsmagte het alle burgerlikes gered. Aangesien die meeste joernaliste en hulpwerkers uit die oorlogsone verban is, was dit nie moontlik om die onderskeie weergawes te staaf of te weerlê nie.

подвесной светильникФильчаков Александр Васильевич

Twee oliepyplyne in Nigeri? verwoes

ImageNigerië se prominentste militantegroep, die Beweging vir die Bevryding van die Niger-delta (Mend), het gister gesê hulle het twee oiliepyplyne in die suidelike Niger-delta verwoes.

Dit was die jongste aanval in die hewigste geweld in maande wat dié gebied getref het.

’n Private sekerheidsamptenaar, wat anoniem wil bly omdat hy nie by magte is om met die media te praat nie, het gesê aanvallers het Sondagoggend dina­miet gegooi en geskiet na ’n olie-aanleg wat gesamentlik deur Royal Dutch en Shell bedryf word.

Mend beweer twee Filippynse matrose wat van ’n diensboot ontvoer is, is Vrydag dood toe die Nigeriese weermag die kamp aangeval het waar hulle saam met 13 makkers aangehou is.

Die Nigeriese weermag het gesê die Filippyne is vroeër in die week gyselaar geneem toe militante vegters met sekerheidspersoneel gebots en ’n olieboot met sy skeepslui gekaap het. Hulle het toe gewapende helikopters en kanonbote na die kamp, wat deur die militanteleier Government Tompolo beheer word, gestuur en ses gyselaars en hul boot bevry. Geen melding is gemaak van die ander gyselaars nie.

Dié geweld was die ergste sedert September, toe militante verskeie oliepyplyne verwoes het ná botsings met regeringsmagte.

Die baaie en moerasse van die Niger-delta, waar ru-olie deur Afrika se grootste verskaffer gepomp word, is deurspek met militante se kampe van verskillende faksies.

Die militante beweer hulle wil die federale regering dwing om meer olie-inkomste na die suidelike oliegebied, wat ondanks ses dekades van olieproduksie steeds ellendig arm is, te kanaliseer. Die regering beweer egter hul hoofdoel is om die olie te steel.

Weens jare lange militante-aktiwiteite en ’n gebrek aan onderhoud aan die infrastruktuur, produseer Nigerië net sowat driekwart van sy vermoë.

Sedert 2006 is meer as 200 buitelandse werkers in die suidelike oliegebiede ontvoer. Hulle is meestal ongeskonde vrygelaat nadat lospryse betaal is, hoewel twee in verbroude reddingspogings dood is.

Buiten die Filippyne, is sover bekend net een ander buitelandse gyselaar tans in aanhouding, naamlik Mathew Maguire, ’n Brit wat meer as ses maande gelede ontvoer is. Mend het Woensdag in ’n verklaring gesê hulle mag Maguire dalk binnekort vrylaat in reaksie op wat hulle beskou as “positiewe” opmerkings deur die Britse ambassadeur, mnr. Bob Dewar, tydens sy onlangse ontmoeting met die Nigeriese minister van inligting oor die “onregverdige situasie in die Niger-delta”. “Hierdie is net die begin van ’n reeks aanvalle,” het Mend gesê.

раскрутка сайтаАлександр Фильчаков Васильевич

Zille bewus van uitgebreide spioenasienetwerk

Helen Zille het aan Die Burger bevestig dat daar op haar en haar kabinet gespioeneer word. Die netwerk en hoe dit funksioneer is verlede week deur ’n onafhanklike bron aan haar verduidelik. Die doel daarmee is om die DA te probeer diskrediteer.

Sy weet ook wie betrokke is by die spioenasienetwerk wat aan die ANC rapporteer.

Die netwerk het vastrapplek in tien provinsiale departementein die Wes-Kaap. Dit is die enigste provinsie in Suid-Afrika wat nie deur die ANC regeer word nie.

As burgemeester was Zille gewaarsku oor moontlike planne wat teen haar gesmee sou word indien die DA die provinsie in die afgelope verkiesing sou wen. Die spioenasienetwerk bestaan glo al 'n geruime tyd.

“Dit is duidelik beplan. Dit is ’n rapporteringslyn na die ANC. Ek besef wat aangaan. Name is aan my gegee. Ek dra kennis van die struktuur en weet hoe dit lyk. Ek weet wie daarby betrokke is,” het Zille gesê.

“Ek gaan dié ding stap vir stap hanteer. Baie van die goed wat verlede week gebeur het, hou daarmee verband. Ek gaan nie oorreageer nie. Ek is heeltemal kalm.”

Die hele doel is om die nuwe politieke leierskap in die verleentheid te stel, het sy verduidelik.

“Elke dingetjie – al is dit hóé klein – word uitgesoek om ons in die verleentheid te stel.”

Sy wou nie verder uitbrei nie. “Ek is nog besig om die kat uit die boom te kyk. Ek het taamlik baie inligting. Ek weet wie, waar en wat. As jy inligting het, is dit makliker om ’n situasie te hanteer,” het Zille gesê.

Mnr. Garth Strachan, ANC-woordvoerder, het gesê Zille het te veel John le Carré se spioenasieverhale gelees.

эстетическая реставрация зубовДанильченко Харьков

‘Weermag kan help om misdaad te bekamp’

ImageMinister van polisie, Nathi Mthethwa, het in 'n onderhoud Sondag met die Sunday Independent gesê dat die weermag ingeroep kan word om misdaad te bekamp.

"Ons is in 'n oorlog met kriminele gewikkel," het hy gesê. Die weermag kan kontantvervoerwaens begelei en die land se grense patrolleer.

"As 'n mens na ander lande kyk, dan is die vervoer van geld 'n gesamentlike poging deur die veiligheidsdienste. 'n Mens wil die polisie dalk losmaak van geldwaroof en konsentreer waar dit saakmaak. As dit hersien moet word, sal dit hersien word."

 Mthethwa het aan die sondagkoerant gesê dat opgeleide soldate wat deel is van die resewemag aangewend kan word in hierdie opsig.

Die effektiwiteit van sigbare polisiëring word ondermyn deur die polisie aan te wend om die grense te patrolleer. "As 'n mens na internasionale tendense kyk, is dit die werk van die weermag om die land te beveilig… 'n Mens het sigbaarheid nodig, daardie eenhied moet versterk word.

Mthethwa het ook gesê dat daar 'n "vaste reël" is om ten minste 10,000 polisielede per jaar aan te stel. Die opskerping van misdaadintelligensie is ook 'n sleutel.

"Ons het tans 'n wetsontwerp voor die parlement oor forensiese navorsing, want toe ons die regstelsel ondersoek en geassesseer het, het ons gevind dat die speurders die swak skakel is. Ons het 'n gespesialiseerde program van stapel gestuur om speurders weer op te lei. As ons misdaad te bowe wil kom, moet ons sterk wees op misdaadintelligensie. Dit is die begin van die skakels van waarde van die regstelsel."

"As kriminele weet jy is swak en jy kan nie misdaadtonele hanteer nie, moedig jy hulle aan om weg te kom met moord," het hy gesê. "Ons wil kwaai wees, maar slim."

Mthethwa het gesê die polisie moet meer aggressief wees om hulleself te verdedig. "Ons wil nie huiwering hê nie want 117 polisiemanne is verlede jaar dood omdat hulle gehuiwer het… om hulleself te verdedig want hulle was bang vir die media en menseregteondersteuners."

"Hierdie jaar is daar reeds nege polisielede in KwaZulu-Natal dood."

Mthethwa het ook gevra dat CCTV-kameras in lokasies geïnstalleer word. "Ons wil nie net die ding in groot stede hê nie, maar ook in ons gemenskappe war misdaad gebeur… Dis hoekom ons die tesourie gaan nader vir hulp."

"Indien ons nie ons tegnologiese kapasiteit verbeter en verhoog nie, is ons nêrens nie."

Mthethwa het ook gesê die opvolger vir nasionale kommissaris Jackie Selebi sal binnekort aangekondig word. Sy kontrak verstryk in Junie. "Dit is 'n dringender saak, in die hoogste amp, dat dit so gou moontlik gebeur. Ons gaan 'n nuwe kommissaris kry, en ons praat nie van maande nie."

Die hoof van die nuwe direktoraat vir Voorkeur Misdaadondersoek (VMO), wat die Skerpioene vervang, gaan ook aangekondig word. Die nuwe lede word tans deur die Nasionale Intelligensieagentskap gekeur.

"Die keuring vind tans plaas. Die span is byna gereed. Daar gaan 800 lede in die mag wees. Op hede is 300 reeds goedgekeur," het hy gesê.

#ИМЯ? цокольномалександр лобановский класс

Cosatu se aansoek teen Vodacom van die hand gewys

Die Pretoriase Hooggeregshof het in Vodacom se guns beslis en die aansoek wat deur Cosatu en Icasa gebring is om die maatskappy te keer om op die Johannesburgse aandelebeurs te noteer, van die hand gewys.

Woordvoerder Patrick Craven van Cosatu sê regter John Murphey het in Vodacom, Vodafone, Telkom en die regering se guns beslis. Craven het gesê Cosatu sal nietemin voortgaan om die notering teen te staan, hetsy met alle regsmiddele tot hulle beskikking, hetsy met 'n boikot teen die telekommunikasiereus.

Hy het bygevoeg dat die beslissing slegte nuus vir alle Suid-Afrikaners is wat nie soveel geld het soos die maatskappye nie. Craven het gesê dat regter Murphey aanvanklik toegegee het dat Cosatu en Icasa 'n goeie saak het.

Die regter het egter in sy finale beslissing gesê dat die finansiële voordele wat die maatskappy vir Suid-Afrika inhou, groter is as die verlies vir gewone burgers en dat die hof nie Cosatu en Icasa se aansoek kan aanvaar nie.

Craven het gesê dit is baie belangriker dat die eienaarskap in Suid-Afrikaanse hande bly as die ongerief wat dit vir aandeelhouers en die sake-elite beteken.

Vodacom se woordvoerder Nicholas Williams het in 'n eensinverklaring gesê: "Ons verwelkom die beslissing en ons sien uit na die notering more[Maandag]."

купить грушу для гидроаккумулятораФильчаков Харьков

Premier ontvang afskeidsgeskenk

Die minister van vervoer, S'bu Ndebele, het 'n geskenk van R1,1 miljoen aanvaar van 'n groep kontrakteurs wat kontrakte ter waarde van R400 miljoen met sy departement het, het die Star Sondag berig.

Vukuzakhe kontrakteurs het Saterdag 'n afskeidspartytjie vir Ndebele by die Woodburn Stadion in Pietermaritzburg gehou om die vorige premier van KwaZulu Natal te bedank omdat hy klein kontrakteurs gehelp het om uit te styg.

Onder die geskenke wat Ndebele ontvang het was ook 'n trop beeste. Die ontvangs van die motor is egter deur die DA begroet met oproepe dat hy die voertuig dadelik teruggee omdat die geskenk 'n botsing van belange verteenwoordig.

Maar Ndebele het die gebaar van die kontrakteurs verdedig en gesê dit was lank reeds beplan, nog voordat hy of die kontrakteurs bewus geraak het daarvan dat hy in die portefeulje van vervoer aangestel sou word.

Die department van vervoer het klaarblyklik tussen 1998 en 2008 ongeveer R10 miljard in Vukuzakhe, wat 29 140 geregistreerde kontrakteus in KwaZulu Natal het, se programme belê.
палатка купитьДанильченко Юрий Брониславович Харьков

PRAAG steun belastingweerhouding in Pretoria

Ná die aankondiging van 'n dubbele dosis erfbelasting in een maand deur die sogenaamde "Tshwane"-metro, steun PRAAG die oproep van die Pretoriase belastingbetalersvereniging aan inwoners om hul munisipale betalings in 'n trust in te betaal, waarna slegs die gedeelte vir water en elektrisiteit aan die munisipaliteit oorbetaal sal word. Gegewe die swak finansiële bestuur van die ANC-stadsraad en miljarde rande se skuld wat nie ingevorder word nie, is dit net logies dat Pretorianers nou die voorbeeld van Sannieshof en 'n twintigtal ander munisipaliteite moet volg wat reeds met aktiewe belastingweerhouding besig is ná dispute met daardie stadsrade verklaar is.

Die stryd om politieke beheer van Pretoria se munisipaliteit het begin en die leier van PRAAG, dr. Dan Roodt, het by die Vryheidsfront Plus aangesluit met die doel om saam te werk om in 2011 'n Vryheidsfront Plus-meerderheid in die sogenaamde "Tshwane"-metro te behaal.

"Beheer oor die Pretoriase munisipaliteit is van strategiese belang vir Afrikaneroorlewing in Afrika en Suid-Afrika. Die bestaande Afrikanerdemografie in die stad skep die moontlikheid om deur harde werk en 'n grootskaalse politieke veldtog 'n algehele meerderheid in die volgende munisipale verkiesing te behaal. Al 700 000 Afrikaners in die gebied moet gemobiliseer word om te registreer en te stem," het dr. Roodt gesê.

"Daar kom 'n tyd in die bestaan van elke individu en elke volk dat hy moet kies tussen sy voortbestaan en sy ondergang. Die Afrikaner het nou by daardie punt gekom. Dit is nóú of nooit. Óf ons gaan deur misdaad en regstellende aksie die land uit gedryf word, óf ons gaan hergroepeer en soos een man vir die Vryheidsfront Plus in Pretoria stem."

Dr. Roodt het die DA van middelmatigheid en 'n gebrek aan visie beskuldig. "Helen Zille maak baie lawaai, maar sy beskik oor geen werklike plan om die langtermynhegemonie van die ANC te stuit nie. Dis net 'n kwessie van tyd alvorens die Xhosa-migrasie vanuit die Oos- na die Wes-Kaap die party uit die stoel gaan lig. In Pretoria het die DA die aanvanklike naamsverandering gesteun en het hom as 'n linkse, sosialistiese en multikulturele party geposisioneer wat afsydig teenoor Afrikanerbelange staan."

Hierteenoor beskik die Vryheidsfront Plus oor verbeeldingryke planne om die demografie van Pretoria te stabiliseer en te sorg dat, as die stad eers herower is, dit permanent in Afrikanerbesit sal bly en sodoende op plaaslike vlak selfbeskikking vir die Afrikaner te verseker.

'n Vergadering van PRAAG-intellektuele en -aktiviste is vir aanstaande naweek belê om die organisasie se bydrae tot die stryd om Pretoria te bespreek. Dr. Roodt het ook 'n beroep op alle Afrikaanse organisasies gedoen om hul steun aan die Pretoriaplan toe te sê.

"Ter wille van die oorlewing van die Afrikaner en Afrikaans, is dit absoluut noodsaaklik dat ons die Slag van Pretoria móét en sál wen."

купить центробежный многоступенчатый глубинный насос плюсОлександр Васильович Фільчаков

Taiwan terug op die w?reldverhoog

Taiwan is terug op die wêreldverhoog. Ná vier dekades van isolasie omdat die land uit die VN uitgesit is, het Taiwan Vrydag 'n waarnemerspan na die Wêreld Gesondheidsorganisasie gestuur.

Danksy verbeterde verhoudinge tussen China en Taiwan het die WGO ingestem om die land toe te laat om deel te neem. Die WGO sal dus die eerste VN-organisasie wees wat weer toelaat dat Taiwan deelneem sedert hulle lidmaatskap in 1971 teruggetrek is.

Taiwan sal deelneem onder die naam Chinese-Taipei, omdat China die land as 'n provinsie beskou.

Gesondheidsminister Yeh Chin-chuan sal die 15-lid afvaardiging lei en het reeds aangekondig dat Taiwan 5 miljoen dollar sal skenk aan die WGO vir bystand aan derde wêreldlande. Taiwan het aangedui dat hulle die 193 lande wil toespreek oor die stryd teen siektes en epidemies.

паркетный поллобановский александр харьков