Afleggingskema kom om werkers te help

’n Konsepvoorstel vir ’n opleidingsafleggingskema kan volgende week bekend gemaak word, het president Jacob Zuma Woensdag gesê.

Zuma het gesê die wêreldwye resessie verg dat politieke partye en ander sektore saamwerk.

“Die resessie tref ons nou op volle krag,” het hy gesê.

Die kwartaallikse indiensnemingsopname van die formele sektor het gewys dat sowat 179 000 poste in die eerste kwartaal van 2009 besnoei is.

Die sektore wat die ergste gely het, was klein- en groothandel, finansies, vervaardiging, mynbou en konstruksie.

“Terwyl ons weet ons pogings nie alle gevolge van die krisis kan keer nie, het ons op verskeie maniere ingegryp, soos besluit in die raamwerkooreenkoms in reaksie tot die krisis,” het Zuma gesê.

“Die regering sal verder ingryp en ’n finale konsepvoorstel vir ’n opleidingsafleggingskema volgende week aan ons maatskaplike vennote wys,” het hy gesê.

Die doel van die skema was om ten minste ’n paar van die werkers in hul poste te hou en hulle op te lei in die verlangsamende tydperk.

Hulle sal relevante opleiding, voordele en ’n toelaag in plaas van hul lone, vir ’n tydperk ontvang, het Zuma gesê.

оборудование для диагностикиДанильченко Харьков

SA se PPI duik

Suid-Afrika se produsenteprysindeks was -3.0% jaar-tot-jaar in Mei van April se 2,9%, het Statistiek Suid-Afrika Donderdag bekend gemaak.

SSA het gesê op ’n maandelikse grondslag was PPI -1,1% in vergelyking met -0,2% in April. 

Ingevoerde hulpbroninflasie was -16,7% jaar-tot-jaar in Mei in vergelyking met die -14,7% van die vorige maand, terwyl uitgevoerde hulpbroninflasie op -6,0% jaar-tot-jaar gestaan het van die vorige -2,7%. 

Ekonome wat aan ’n Reuters-opname deelgeneem het, het verlede week voorspel dat PPI -1,8% jaar-tot-jaar sou wees en sou optel tot 0,1% op ’n maandelikse grondslag.

машинки на радиоуправлении для взрослыхФильчаков

Van Reenenspas gesluit

Van Reenenspas naby Harrysmith in KwaZulu-Natal is gesluit nadat sterk winde Donderdagoggend 'n vragmotor op die pad omgewaai het. 

Die pas is vir verkeer gesluit en vragmotorbestuurders word gewaarsku om daarop te let dat die weerstoestande in baie gebiede in die provinsie gevaarlik is, het vervoer-woordvoerder Nonkululeko Mbatha gesê.

Daar is ook wegholveldbrande in die provinsie wat verkeersopeenhopings veroorsaak het weens digte rook wat sigbaarheid verswak het.

строительство саунлобановский харьков класс

Is die onderwysbegroting ‘n mors van geld?

Die nuus dat agt uit elke tien Suid-Afrikaanse skoolleerlinge in gr. 3 en gr. 6 verlede jaar "minder as 50% vir wiskunde en taalvaardighede behaal het", is skokkend. Dít, in weerwil van die R140,4 miljard wat in die huidige boekjaar aan onderwys toegewys is.

Feit is dat onderwys in Suid-Afrika in 'n krisis verkeer. Hoe meer geld in die stelsel gestort word, hoe swakker vaar dit.

Statistieke wat die prestasie van leerders na gelang van taal en ras ontleed, is nie beskikbaar nie. Heel waarskynlik vaar blanke Afrikanerkinders in voormalige model C-skole veel beter as die gemiddeld vir die land. Maar dis geen rede om houtgerus te voel nie, want die gemiddelde kind op skool vandag is nie in staat om Afrikaans korrek te skryf en selfs te praat nie, terwyl wiskundeprestasie selfs in Afrikaanse skole nog veel te wense oorlaat.

'n Rasionele minister van finansies sou lankal die onderwysstelsel as 'n mislukking geskrap het. Waarskynlik leer die meeste kinders meer van hul ouers, van die televisie of reklameborde langs die pad as op die skoolbanke waar ongemotiveerde en ondergekwalifiseerde onderwysers in tradisionele lokasieskole hul salarisse as net nog 'n pasella toelaag van die staat sien.

Die ironie is natuurlik dat Afrikaner- en ander blanke kinders uit die skole waar onderwys steeds volgens tradisionele norme geskied ná skool gestraf word deur transformasiewette en regstellende aksie. Skole wat presteer, word verder ook deur die staat finansieel gekortwiek deur 'n skamele subsidie aan hulle te betaal terwyl die ouers die skole moet onderhou, asook 'n groot deel van onderwysers se salarisse moet betaal.

Dit alles geskied in die naam van rassegelykheid wat in Suid-Afrika met 'n groter ywer nagestreef word as wat klassegelykheid ooit in die Sowjetunie of Maoïstiese China nagejaag is.

Pogings van die staat om blanke leerlinge te benadeel en swart leerlinge te bevoordeel, het 'n onhoudbare situasie geskep waar gedissiplineerde en opgeleide studente ná skool nie mag werk nie. Die kwekelinge van uitkomsgebaseerde onderwys waarvan 8 uit 10 nie kan lees en skryf of somme kan doen nie, is egter verseker van poste in sowel die private as openbare sektore, suiwer op grond van ras.

Vir die meerderheid leerders in die land het onderwys reeds in duie gestort. Die vraag is hoe lank die Suid-Afrikaanse ekonomie die perversiteit van transformasie en diskriminasie teen die klein minderheid geskoolde jongmense sal kan verdra voordat dit ingsgelyks in duie stort.

Transformasie is veel erger as kommunisme. Hoewel 100 miljoen mense in die twintigste eeu deur kommuniste gedood is en die ekonomieë van ontwikkelde lande daardeur gestrem is, het onderwys steeds min of meer in kommunistiese lande geslaag. Boonop was dit gratis.

Transformasie-onderwys smyt egter R140 miljard per jaar in die asblik, waarskynlik omdat die owerheid meen dat rassewetgewing poste verseker. In die droomwêreld van transformasie, is kundigheid en 'n opgeleide bevolking onnodig solank as wat die kwotas en ander ideologiese oogmerke van die ANC-bewind afgedwing kan word.

free casino no deposit bonusЛобановский

Apie urineer op president

Onbewus van die soogdier in die takke bokant sy kop, het Zambiese president Rupiah Banda, die media Woensdag buite die Staatshuis toegespreek. Terwyl die president gepraat het, het die apie op die niksvermoedende leier geurineer.

"Jy het op my baadjie geurineer," het 'n verbaasde Banda aan die apie gesê. Die apie is een van vele wat hulleself in die bome van die Staathuis in Lusaka, waar die president se kantore is, tuisgemaak het.

"Ek gaan hierdie apie vir mnr Sata gee om te eet vir middagete," het hy gespot. Banda het Michael Sata, die opposisieleier, in verlede jaar se verkiesings verslaan.

Banda het baie tyd in sy tweede onderhoud in die amp van president afgestaan om Zambiërs moed in te praat oor die dramatiese ekonomiese afgang wat die land beleef. Zambië se belangrikste uitvoerproduk, naamlik koper, se prys het na benede getuimel.

"Ons groeivooruitsigte het gekrimp, soveel so dat die geskatte bruto nasionale produk nou afwaarts hersien is na 4% of minder. Hierdie afname het implikasies vir binnelandse inkomste omdat korporatiewe sowel as inkomstebelasting waarskynlik gaan afneem," het Banda gesê.

из психоневрологическогоtopcargo отзывы сотрудников

Skoolonderrig stuur op ‘n ramp af

Die Burger berig dat sowat agt uit elke tien leerders in gr. 3 en gr. 6 verlede jaar minder as 50% vir wiskunde en taalvaardighede behaal het. Die dagblad het ’n verslag bekom wat die prestasie van leerders in die nasionale eksamen ontleed.

Suid-Afrikaanse leerders is dus nie eens binne trefafstand van die nasionale onderwysdepartement se mikpunt om hulle teen 2011 'n gemiddeld 50% te laat behaal nie. Leerders in die ondersoek kan tans nie eens 'n eenvoudige teks met begrip lees nie.

Die verslag is gegrond op die uitslae van 1 000 gr. 3- en gr. 6- leerders verlede jaar. Die uitslae het gewys 35% van gr. 3’s landwyd kry net tussen 0% en 34% vir wiskunde en 37% kry tussen 0% en 34% vir geletterdheid.

Wat gr. 6-leerders betref is die uitslae nog slegter, met 54% van leerders wat tussen 0% en 34% vir wiskunde kry en 53% wat tussen 0% en 34% vir geletterheid ontvang. Die uitgebreide ondersoek het 7 000 skole betrek.

Nasionaal het 15% van gr. 3’s 70% of meer vir onderskeidelik wiskunde én geletterdheid behaal. ’n Skamele 6% van gr. 6- leerders het 70% of meer vir wiskunde behaal en 10% het 70% of meer vir tale behaal.

Dit blyk uit die ondersoek dat die aanwendig van tyd in taal problematies is, veral die toekomstige tyd. In wiskunde kon leerders nie eenvoudige optel- en aftreksomme bemeester by geldtransaksies nie. Breuke, desimale en persentasies, asook die afronding van getalle was ook te ingewikkeld vir die meeste.

social mediaАлександр Фильчаков прокурор

Iran gee CIA skuld vir protes

Die Iranse minister van binnelandse sake het die CIA daarvan beskuldig dat dié Amerikaanse spioenasieagentskap help om oproermakers te finansier.

“Baie van die oproermakers was in kontak met Amerika, die CIA en die MKO en word deur hul finansiële bronne gesteun,” het Sadeq Mahsouli gesê. Die MKO (Moedjahideen Khalq-organisasie) is ’n Iranse opposisiegroep wat in ballingskap is.

“Brittanje, Amerika en die Sionistiese regime (Israel) is agter die onlangse onrus in Teheran,” het hy aan die semi-amptelike nuusagentskap Fars gesê.

Fars het berig dat die polisie gister bevestig het dat 'n Iranse vrou Neda Agha-Soltan verlede week gedurende die betogings in Teheran doodgeskiet is en gesê dat nuwe leidrade oor  haar dood opgevolg word. Sy is per ongeluk in die agterkop geskiet.

Agha-Soltan se dood, wat op kamera vasgelê is en op die internet uitgesaai is, het haar ’n martelaar vir die protesbeweging gemaak.

Die verslane presidentskandidaat Mir Hossein Mousavi, wat deur sekere buitelandse moondhede voorgehou word as die eintlike wenner van die verkiesing,  het homself intussen gedistansieer van die betogers.

Hy het op sy amptelike webwerf aangekondig dat hy dit nie teenkanting ondersteun nie en dat die betogings nie deur hom georganiseer is nie.

Die aantal betogers in Teheran het sigbaar afgeneem.

Mohsen Rezaie, die konserwatiewe kandidaat wat derde gekom het in die afgelope verkiesing, het ook intussen sy besware teen die uitslag teruggetrek.

Hy het aan die IRNA-nuusagentskap gesê dit is sy verantwoordelikheid om die huidige gebeure onder beheer te bring

 

 

детские зимние комбинезоны для девочекАлександр Фильчаков

Misdaad deur polisie neem met 72% toe

Image

Pieter Groenewald

Kriminele klagtes teen polisielede het volgens die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) die afgelope vier jaar met 72% (71,7) toegeneem. Volgens die OKD was daar in 2005/2006 en 2006/2007 onderskeidelik 1 643 en 1 787 kriminele klagtes teen polisielede en in 2007/2008 en 2008/2009 boekjaar onderskeidelik 2 101 en 2 289. Dit sluit misdade in van moord, poging tot moord, verkragting, aanranding met die opset om ernstig te beseer, diefstal en korrupsie.

“Dit is net klagtes wat by die OKD aangemeld is, maar daar kan baie meer wees. Die laaste jaar was die toename 9%. Dit dui daarop dat daar ‘n ernstige probleem is met die keuring en opleiding van polisielede. Hierdie lede is ook ‘n verleentheid vir die ander getroue en hardwerkende polisielede. Die syfers bevestig ook waarom lede van die publiek se vertroue in die Polisie afneem. Hierdie is ‘n skerp toename en die publiek se vertroue in die Polisie sal verder afneem. Duidelik is daar ‘n vrot kol in die Polisie wat dringend uitgesny moet word,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Polisie vir die Vryheidsfront Plus.

“Wat verder kommerwekkend is, is dat die OKD slegs 51% van die nuutste klagtes kon afhandel. Van die laaste jaar se 2 289 klagtes kon slegs 1 165 afgehandel word. Daar was egter 1 968 sake van die vorige jaar wat nog uitstaande is. Dit beteken 4 257 sake is nog nie eers afgehandel nie. Die OKD sal dringend versterk moet word met kundige personeel om die sake af te handel,” het Groenewald gesê.

“In die verlede het ek verskeie vrae hieroor in die parlement gevra, maar die vorige minister van Polisie, Charkles Nqakula, het geweier om die syfers bekend te maak. Die minister het toe gesê die inligting is nie geredelik beskikbaar nie en dit sal tydrowend wees om dit te bekom. Verder sal personeel ontplooi moet word om die inligting te bekom wat nadelig sal wees vir ander belangrike take van die Polisie. Toe reeds het ek gesê Nqakula het iets om weg te steek. Dit is nou duidelik hy het wel iets probeer wegsteek,” sê Groenewald.

pour chattopcargo

Ermelo-ho?rskoolgeval vertoon mislukking van grondwetlike orde

Die sinistere wyse waarop die ANC-regering voortgaan om Hoërskool Ermelo in die howe te beveg, beteken net een ding: die SA staat, die ANC-staat, is wesentlik anti-Afrikaans.

So pas het die onderwysdepartement hom na die Grondwethof gewend in sy jongste poging om Ermelo – die laaste Afrikaanse hoorskool in Mpumalanga – te dwing om sy klasse na Engels te verander. Dit spreek van niks minder as etniese suiwering nie.

Die argumente wat deur die staat se advokate voorgehou word, is so absurd dat mens wonder of hulle nie raad gevra het by die Zimbabwiese regbank nie. ZANU-PF verloor daar mos nooit 'n saak nie. Hoe kan 'n skool taalkundig gestraf word omdat hy oor 'n honderdpersentslaagsyfer beskik? En indien die onderwysers wat opgelei is om in Afrikaans aan Afrikaanssprekende kinders klas te gee, gedwing word om in Engels skool te hou, gaan die gevolg nie 'n slaagsyfer van minder as 100 persent wees nie?

Die diskriminasiekwessie wat hulle opper, verteenwoordig 'n volkome toutologie. Nêrens ter wêreld, behalwe miskien in Suid-Afrika of in Zimbabwe, sal enigeen aanvaar dat om moedertaalonderrig te verskaf op 'n vorm van "rassediskriminasie" neerkom nie. Trouens, die staat vertoon duidelik sy anti-wit en anti-Afrikaanse vooroordeel deur die vendetta teen Ermelo ten alle koste voort te sit, ongeag die feit dat 'n aantal swart kinders aan die skool reeds tevrede is om klasse in Afrikaans, Suid-Afrika se landelike omgangstaal, te volg.

Meer as enigiets anders, demonstreer die treurige geskiedenis rondom Ermelo-hoërskool die mislukking van die huidige politieke en grondwetlike orde. Geen van die beloftes van gelykheid en taalregte wat in die grondwet vervat is, is ooit nagekom nie. Die Grondwethof sal hom waarskynlik oor die absurditeit van 'n "diskriminasiesaak" deur die diskrimineerders uitspreek in 'n poging om dít wat van die grondwet en sy mooiklinkende maar konsekwent vertrapte beginsels oor is, te red.

Die sentralistiese stelsel wat in 1994 op ons afgedwing is, is nie net onprakties nie, maar moet vroeër of later tot etniese konflik in Suid-Afrika lei. Hoe gouer ons na 'n federale of konfederale stelsel kan oorgaan wat mag van die bemoeisieke en baie "Engelse" staat wegneem en terug aan die burgers en gemeenskappe gee, hoe beter.

план освещения в ландшафтном дизайнелобановский супермаркет класс