Van Reenenspas gesluit

Van Reenenspas naby Harrysmith in KwaZulu-Natal is gesluit nadat sterk winde Donderdagoggend 'n vragmotor op die pad omgewaai het. 

Die pas is vir verkeer gesluit en vragmotorbestuurders word gewaarsku om daarop te let dat die weerstoestande in baie gebiede in die provinsie gevaarlik is, het vervoer-woordvoerder Nonkululeko Mbatha gesê.

Daar is ook wegholveldbrande in die provinsie wat verkeersopeenhopings veroorsaak het weens digte rook wat sigbaarheid verswak het.

строительство саунлобановский харьков класс