Die DA het steeds ‘n “baasskap” mentaliteit, het die Onafhanklike Demokrate (ID) se leier, Patricia de Lille gesê by haar party se laaste verkiesingsaamtrek Sondag.
Die ID is ‘n waarskynlike koalisievennoot vir die DA in die Wes-Kaap na 22 April, en is tans die tweede grootste party in die DA-geleide koalisie wat Kaapstad beheer.
“Die DA se probleem is dat hulle steeds daardie baasskap mentaliteit het”, het De Lille aan joernaliste by die saamtrek gesê wat gehou is by Delft op die Kaapse Vlakte.
“As mens net opstaan volgens jou regte en die konstitusie, opstaan vir die mense wat jy verteenwoordig, dan neem hulle dit as ‘n belediging.”
Sy het gesê die DA moet leer dat partye verskillende kiesafdelings verteenwoordig.
“Indien die DA dus opstaan vir ons kiesafdelings, behoort dit nie die koalisie te affekteer nie.”
De Lille het gesê daar sal definitief ‘n koalisie in die provinsie wees na 22 April, maar dat haar party nog nie die saak met enige ander party bespreek het nie.

Die Duitse televisie het Donderdag berig dat die storie van hoe die Berlynse muur skielik geval het 20 jaar gelede hersien behoort te word, om toe te laat vir ‘n “geheimsinnige telefoonoproep” wat gemaak is voor die skokaankondiging.
Bewaringsbewustes het alarm gemaak vir Zimbabwe se skaars renosters na ‘n skerp toename in wildstropery as gevolg van die ineenstorting van wetstoepassing in die land wat geteister word deur probleme.
Vier mense is gewond toe polisielede begin vuur het op betogers van die Tudor Road-plakkerskamp op die Wesrand.