Zim renosters in gevaar

ImageBewaringsbewustes het alarm gemaak vir Zimbabwe se skaars renosters na ‘n skerp toename in wildstropery as gevolg van die ineenstorting van wetstoepassing in die land wat geteister word deur probleme.

Georganiseerde misdaadbendes maak renosters dood om die waardevolle horings te verkoop. Dit word gebruik as tradisionele medisyne in Asië en gekerf vir die handvatsels van seremoniële dolke in die Midde-ooste, het Raoul du Toit, hoof van suidelike Zimbabwe se Lowveld Rhino Trust Donderdag gesê in ‘n telefoonkonferensieoproep met joernaliste.

Zimbabwe se renosterbevolking het afgeneem van omtrent 830 in 2007 tot 740 in 2008, ten spyte van ‘n uitstekende geboortesyfer in gemoniteerde troppe, het Save the Rhino se uitvoerende direkteur Cathy Dean gedurende die konferensieoproep uit Londen gesê.

Save the Rhino meen ten minste 90 renosters is doodgemaak in 2008, twee keer die totaal van die vorige jaar, en bewaringsgroepe het 18 getel wat doodgemaak is sover in 2009. Die groep het ‘n beroep gedoen om verskerpte aksie deur die Zimbabwiese regering en internasionale agentskappe.

Du Toit het gesê die renosterstropers is “mense met karre, selfone en duur prokureurs” en nie desperate mense is dorpies wat nie kos het nie.

Wildstropery “het toegeneem as gevolg van ons onvermoë om ondersoek te kan instel, hoër markpryse en die groeiende Asiese voetspoor in suidelike Afrika,” het hy gesê.

blood suckers slotданильченко юрий брониславович прокурор