Die globale finansiële krisis dreig om ‘n toename in kubermisdaad te laat ontstaan, soos wat rekenaarspesialiste hulle werk verloor en hulle na onwettige metodes wend om ‘n inkomste te verdien, het ‘n senior beampte by Microsoft Donderdag gesê.
“Deesdae gaan die kuberaanvalle nie meer oor vandalisme nie, dit gaan oor kontant,” het Roger Halbheer, Microsoft se hoof sekuriteitsadviseur vir Europa, die Midde-Ooste en Afrika gesê.
“Kubermisdaad het beweeg van “koel” na kontant. En dit sal definitief toeneem vorentoe,” het hy aan AFP gesê tydens ‘n internasionale konferensie oor terrorisme en kuber-sekuriteit.
Hy het gesê dit is een van die dinge wat hom bekommerd laat, omdat hy verwag dat dit gaan toeneem.
Hy het gesê die krisis beteken baie mense wat goeie kennis het van die industrie is nou sonder werk.
“Dit beteken hulle het tyd en hulle het geen geld nie,” het hy gesê.
