Oupa val van Tafelberg

‘n 72-Jarige man het Woensdag na sy dood geval in die Indiëkloof op Tafelberg, het die SAUK-nuus berig.

Die man van Port Elizabeth was op ‘n staptog met sy 11-jarige kleinseun toe die insident gebeur het.

Die Wildernis-soek- en reddingswoordvoerder, Kevin Tromp, het aan die uitsaaier gesê dat die oupa ongelukkig ‘n verkeerde voetpaadjie geneem het en in die Indiëkloof beland het. Daar is ‘n waterval in die kloof en hulle het begin opklim teen die waterval.”

“Die oupa het van die boonste vlakke van die waterval afgeval, en het waarskynlik omtrent 20 meter geval tot by die voet van die waterval,” het Tromp gesê.

slot machines no download no registrationФільчаков Олександр Васильович прокурор