Geheime oproep het die Berlynse muur laat val

ImageDie Duitse televisie het Donderdag berig dat die storie van hoe die Berlynse muur skielik geval het 20 jaar gelede hersien behoort te word, om toe te laat vir ‘n “geheimsinnige telefoonoproep” wat gemaak is voor die skokaankondiging.

‘n Italiaanse verslaggewer wat die sleutelvraag gevra het by ‘n perskonferensie oor wanneer Oos-Duitsers die reg gaan hê om vryelik te reis na 28 jaar wat hulle vasgekeer was agter die muur, het aan die openbare uitsaaier ARD gesê dat hy ‘n geheime wenk ontvang het.

Na weke van massadefeksies van Oos-Duitsers na die Weste in die herfs van 1989, het ‘n vooraanstaande kommunistiese party-amptenaar, Geunter Schabowski, die pers byeengeroep om 'n aankondiging wat handel oor die opheffing van reisbeperkings voor te lees.

Die Italiaanse joernalis, Riccardo Ehrmann het toe die bepalende vraag gevra: “Wanneer sal dit van toepassing word?” en Schabowski wat duidelik onkant gevang was het geantwoord “direk, onmiddellik.” Die uit-die-vuis antwoord het eintlik die Berlynse muur daardie nag, 9 November 1989, afgebreek, toe derduisende vreugdevolle Oos-Duitsers na die grens gestroom het, waar hulle ontmoet is deur jubellende skares in die Weste.

Hoe dit ook al sy, wat geblyk het ‘n spontane uitruiling van woorde te wees, was geen toeval nie, het Ehrmann op ARD se Artourprogram gesê.

Kort voor die perskonferensie het Ehrmann gesê het hy ‘n “geheimsinnige telefoonoproep” gekry van ‘n hooggeplaasde amptenaar wat hy geken het in die Oos-Duitsland se regering.

Die amptenaar het aan hom gesê om “beslis oor die opheffing van die reiswet 'n vraag te stel” as hy, Schabowski, die pers ontmoet, en die res is geskiedenis.

Ehrmann, wat in Florence gebore is in 1929, is ‘n gereelde besoeker aan Berlyn en het verlede jaar Duitsland se Bundesverdienstkreutz, die Federale Kruis vir Meriete ontvang.

купить зимнюю обувь для мальчикаФільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae