Blomme vir brandslagoffers van Paarl

Blomme gaan Maandag gelê word by Paarldrukkery na 9 van hulle werkers dood is in ‘n brand wat Vrydag uitgebreek het, het die maatskappy Sondag gesê.

Paarl Media Groep se woordvoerder Nelia Burger het gesê bestuur en personeel gaan om 8 uur ontmoet by die fabriek om blomme te lê en om verdere advies aan personeel te gee oor waar om te gaan aanklop vir mediese hulp of berading by die nuutopgerigte traumasentrum.

“Al die mense wat nog in die hospitaal is, is in 'n stabiele toestand, sommige is nog in die intensiewe sorgeenheid, maar stabiel en hulle is besoek deur ander personeel,” het Burger gesê.

Dit is nog nie bekend wat die brand veroorsaak het wat van die werkers beseer en ander gedood het nie.

Die polisie ondersoek steeds die saak.

медицинская справка москвалобановский александр компромат

Maak 'n opvolg-bydrae