DA glo steeds in baasskap, s? De Lille

Die DA het steeds ‘n “baasskap” mentaliteit, het die Onafhanklike Demokrate (ID) se leier, Patricia de Lille gesê by haar party se laaste verkiesingsaamtrek Sondag.

Die ID is ‘n waarskynlike koalisievennoot vir die DA in die Wes-Kaap na 22 April, en is tans die tweede grootste party in die DA-geleide koalisie wat Kaapstad beheer.

“Die DA se probleem is dat hulle steeds daardie baasskap mentaliteit het”, het De Lille aan joernaliste by die saamtrek gesê wat gehou is by Delft op die Kaapse Vlakte.

“As mens net opstaan volgens jou regte en die konstitusie, opstaan vir die mense wat jy verteenwoordig, dan neem hulle dit as ‘n belediging.”

Sy het gesê die DA moet leer dat partye verskillende kiesafdelings verteenwoordig.

“Indien die DA dus opstaan vir ons kiesafdelings, behoort dit nie die koalisie te affekteer nie.”

De Lille het gesê daar sal definitief ‘n koalisie in die provinsie wees na 22 April, maar dat haar party nog nie die saak met enige ander party bespreek het nie.прессылобановский александр игоревич класс

Maak 'n opvolg-bydrae