Twee gedood, een beseer in Kaapse taxi-voorvalle

'n Man en 'n vrou het doodgebrand terwyl 'n ander persoon in die kop geskiet en gewond is in aparte voorvalle waarby minibustaxi's betrokke was in die Weskaap, het polisie Woensdag gesê.

Lees verder: Twee gedood, een beseer in Kaapse taxi-voorvalle

Sogenaamde ‘haatkamp’

Dit is met 'n luide "haai siestog" wat ek gisteroggend in Beeld lees oor die sogenaamde haatkamp wat dan nou in Limpopo ontdek is. Soos almal seker al gehoor het, "ontvoer die leiers van hierdie 'haatkamp' jong wit kinders en leer hul om swartes te haat". Hulle word ook blykbaar geleer om goeie skuts te wees en boonop leer hulle oorlewingsvaardighede, à la die ou SAW-opleiding.

Lees verder: Sogenaamde ‘haatkamp’

Zimbabwe s? cholera is ‘onder beheer’

Zimbabwe se minister van inligting het Dinsdag benadruk dat die cholera-epidemie onder beheer is en het snerpende kritiek teen die "vuil monde" van buitelandse leiers gehad wat eis dat president Robert Mugabe moet uittree.

Lees verder: Zimbabwe s? cholera is ‘onder beheer’

Nederlandse NRO gebruik sepies teen etniese geweld

Die Nederlandse NRO Radio La Benevolencija vervaardig radioprogramme en mediaveldtogte in sentraal Afrika met die mikpunt om plaaslike inwoners te help om te verstaan hoe politieke propaganda werk en hoe om etniese en rassegeweld te weerstaan.

Lees verder: Nederlandse NRO gebruik sepies teen etniese geweld

Parlement?re reses onderbreek vir Pikoli-afdanking

Image

Vusi Pikoli

Die parlement se Desemberreses is met 'n week verkort weens president Kgalema Motlanthe se besluit om die geskorsde nasionale direkteur van vervolgings, Vusi Pikoli, se ontslag af te handel.

Lees verder: Parlement?re reses onderbreek vir Pikoli-afdanking

Verbruikersbesteding daling baan weg vir rentekoersverlaging

Verbruikersbesteding het vir die eerste keer in amper tien jaar gedaal, volgens die SA Reserwebank se Kwartaalbulletin, wat pas vir Desember gepubliseer is.

Lees verder: Verbruikersbesteding daling baan weg vir rentekoersverlaging