Zimbabwe s? cholera is ‘onder beheer’

Zimbabwe se minister van inligting het Dinsdag benadruk dat die cholera-epidemie onder beheer is en het snerpende kritiek teen die "vuil monde" van buitelandse leiers gehad wat eis dat president Robert Mugabe moet uittree.

"Ek het geen goeie woorde vir al die leiers wat een vir een uitsprake teen Zimbabwe gemaak het nie. En ek hoop dat dit die laaste keer is wat hulle hul 'vuil monde' sal oopmaak oor Zimbabwe," het Sikhanyiso Ndlovu, minister van inligting gesê.

"Nadat hulle die land met sanksies gewurg het en besmet het met cholera en antraks, probeer die Weste nou die geleentheid wat deur die ramp veroorsaak word gebruik om militêre ingryping te regverdig," het hy gesê.

Die cholerasituasie in onder beheer, het Ndlovu gesê.

"Ons het genoeg chemikalieë om water te suiwer. Ons het genoeg buitelandse kapitaal om pype te koop en rioolpype te herstel."

Ndlovu het die opposisieleier, Morgan Tsvangirai, daarvan beskuldig dat hy as marionet vir Westerse lande optree terwyl hy leiers in die SAOG-groep ignoreer.

для баниАлександр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae