Verbruikersbesteding daling baan weg vir rentekoersverlaging

Verbruikersbesteding het vir die eerste keer in amper tien jaar gedaal, volgens die SA Reserwebank se Kwartaalbulletin, wat pas vir Desember gepubliseer is.

"Werklike finale verbruiksbesteding vir huishoudings het met 'n jaargebonde koers van 0,8 persent in die derde kwartaal van 2008 afgeneem.

"Dit was die eerste inkrimping sedert die vierde kwartaal van 1998."

Die data gee vir die bank ruimte om rentekoerse hierdie week te verlaag.

"Ja, verbruikersbestedingsdata laat ruimte vir 'n verlaging," sê T-SEC ekonoom, Mike Schüssler.

"Ons kry 'n duidelike idee dat die ekonomie besig is om spoed te verloor – en ek dink die bank sal die repokoers met vyftig basispunte sny.

Die bank sal eers net matig begin met die sny van koerse – maar die verlagings sal later groter word.

Goewerneur Mboweni is ietwat besorg oor die uitwerking van verlagings op die rand – en dit is iets wat hy ook duidelik gemaak het in die Kwartaalbulletin."

Die bank het die repokoers ses keer sedert die middel van 2007 verhoog en dit het veroorsaak dat verbruikers besteding ingerem het maar dit het ook die land se ekonomiese groei laat verlangsaam.

методы пломбирования корневых каналовФільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae