Nou, ek het drie dinge hieroor te sê:
Eerstens dink ek nie die deursnee-Afrikanerjongeling het nodig om na 'n kamp geneem te word en gebreinspoel te word om 'n afsku jeens die terroristeregime te ontwikkel nie. Ons is boonop gebore skuts wat uitmuntend skiet. Toe ek die eerste keer met my windbuks aanlê op die rype ouderdom van vyf jaar, kon ek alreeds 'n pakkie Lion-vuurhoutjies raakskiet.
Tweedens hou hierdie storie net soveel water as die beweerde rugby-rasse-aanval waarvan toe niks gekom het nie. Beide stories is so vaag dat g'n mens hond haaraf kan maak nie.
Derdens "demand" ek dat dieselfde hoeveelheid blootstelling gegee word aan die haatkampe wat in Natal ontdek is, maar g'n haan na kraai nie. Die 12-jarige "struggle-veterane" word ook geleer om wittes te haat en te verkrag en dood te maak.
Hier kom groot moeilikheid (ek sal maar liewer nie Kilo-Alfa-Kilo sê nie). Hulle is besig om verskonings uit te dink om die wapen meer offisieel teen ons op te neem en ons kan dit nie laat gebeur nie. Ons moet aandie wêreld daarbuite wys dat ons ordentlike mense is. Vredeliewend. Gasvry. Gelowig. Vreedsaam maar hardegat.
