Intelsat wil R2,5-milard se satelliet lanseer

Die satellietverskaffer, Intelsat, en 'n Suid-Afrikaanse beleggersgroep het vandag planne aangekondig om 'n nuwe satelliet van R2,5-miljard die ruimte in te stuur.

Die satelliet, wat die “Intelsat Nuwe Dagbreek” sal heet, sal hoëspoedinternet-, telefoon- en televisiedienste aan die kontinent beskikbaar stel en sal na verwagting teen vroeg 2011 in diens tree, het Intelsat in 'n verklaring gesê.

“Afrika was die afgelope tyd een van die snelgroeiendste streke vir vaste satellietdienste,” lui die verklaring.

“Die Nuwe Dagbreek-deelprojek is opgerig om oplossings vir kommunikasiebehoeftes in Afrika te verskaf.”

Die projek sal deur 15 persent ekwiteite en 85 persent lenings gefinansier word.

“Gedurende die loop van die satelliet se leeftyd, sal dit wêreldgehalte verbindings verskaf wat besigheid sal toelaat om te groei en landelike gemeenskappe in staat sal stel om te verbind,” het die voorsitter van die Convergence Partners belggersgroep, Andile Ngcaba, in 'n verklaring gesê.

“Wanneer dit eers in diens is, sal die Intelsat Nuwe Dagbreek deel van ons globale, verbruiksbestande satellietnetwerk wees, wat groeikapasiteit sal verskaf en ons sal toelaat om ons dienste aan ons langdurige klante in Afrika te voorsien,” sê Intelsat se hoofbestuurder, David McGlade.

Swak kommunikasie word dikwels verantwoordelik gehou vir swak investering in Afrika. Die gebrek aan infrastruktuur in baie lande met swart regerings het die gebruik van landlyndienste onwenslik gemaak en verbruikers gedwing om oor te skakel na satelliet- of draadlose tegnologie.

online ukтопкарго