Polisie betoog teen geweld in Johannesburg

Honderde polisebeamptes en staatsaanklaers het begin bymekaarkom by die Johannesburgse sentrale polisiestasie ter ondersteuning van die "16 dae"-veldtog van geen geweld teen vroue en kinders.

Lede in polisieuniform wat Suid-Afrikaanse vlae dra het voorberei om na Beyers Naudeplein te marsjeer, waar 'n dokument wat toewyding aan die veldtog toesê, geteken gaan word.

Nasionale vervolgingsgesagpersoneel, gemeenskapspolisiëringlede en Johannesburgse metropolisielede was almal teenwoordig.

Hulle gaan gelei word deur 'n marsjeerorkes van jong seuns en metropolisieoffisiere.

Die woordvoerder vir die metropolisie, hoofsuperintendent Wayne Minnaar, het gesê paaie wat toegemaak gaan word, sluit Markstraat, Simmonds-, Sauer- en Commisionerstraat in.

Die opmars sa na verwagting teen middagete afsluit.    

for weddingлобановский александр интервью