Parlement?re reses onderbreek vir Pikoli-afdanking

Image

Vusi Pikoli

Die parlement se Desemberreses is met 'n week verkort weens president Kgalema Motlanthe se besluit om die geskorsde nasionale direkteur van vervolgings, Vusi Pikoli, se ontslag af te handel.

Dit is toe te skryf aan die belangrikheid van die saak en die tyd wat nodig is om dit te beredeneer, het die kantoor van die speaker Dinsdag in 'n verklaring gesê.

Ná konsultasie het die speaker van die parlement se nasionale vergadering, Gwendoline Mahlangu-Nkwabinde, en die nasionale raad van provinsies se voorsitter, Mninwa Mahlangu, besluit om die hervatting van parlement se jaarlikse sessie met 'n week vorentoe te skuif, het die verklaring gelui.

Die parlement was veronderstel om in reses te wees tot die 19de Januarie, wanneer die volgende sessie moes begin, maar dit is vervroeg na die 12de Januarie, wanneer die president se verslag ter tafel gelê sal word en na die relevante komitee verwys sal word.

"Die bedoeling is dat die saak gefinaliseer moet word binne die voorgeskrewe tydperk nadat dit ter tafel gelê is, volgens die wet."

Mahlangu-Nkwabinde en Mahlangu het reeds Motlanthe se besluit oor Pikoli ontvang.

"Die nasionale vervolgingsowerheidswet vereis van die president om die boodskap van die verwydering van die nasionale direkteur van openbare vervolgings aan die parlement bekend te maak binne 14 dae indien die parlement in sitting is of binne 14 dae ná die aanvang van die volgende sessie na die reses van die parlement.

"Nadat so 'n besluit ter tafel gelê is, het die parlement 30 dae om te besluit of die resolusie gedra sal word om die nasionale direkteur van vervolgings weer diens te laat hervat en of hy uit sy pos verwyder moet word."

Die parlement het gesê dat Mahlangu-Nkwabinde en Mahlangu besluit het dat 'n ad hoc-komitee saamgestel sal word om die saak te hanteer.

Die aanstellingsproses van die komitee sal onmiddellik begin om dit in staat te stel om die 12de Januarie 'n aanvang met die saak te neem. Die komitee sal sy eie interne prosesse bepaal in terme van die reëls van die parlement. Lede van die komitee sal bepaal word deur die partye en die proses.

укладка ламината на стену ценаФильчаков прокурор