Duitse kanselier Angela Merkel, Keulse burgemeester Henriette Reker, en ander Christen-Demokrate, Sosiale Demokrate, en linkser partylede in Duitsland beweeg op dun ys omdat ‘n meerderheid van hul Duitse volksgenote nie meer kans sien vir hul oormatige xenofilie nie. Duitse politieke leiers het die grense van Duitsland oopgegooi en dit wemel nou van meestal gefrustreerde manlike
Ebola is terug in Sierra Leone
Gesondheidsamptenare in Sierra Leone het ‘n sterfgeval weens Ebola bevestig, pas nadat die Wêreldgesondheidsorganisasie aangekondig het dat die dodelike virus in Wes-Afrika uitgeroei is. Geen gevalle van Ebola moet vir 42 dae voorkom voordat die WGO ‘n land Ebola-vry verklaar. Liberia is vroeër vanjaar en Guinee laat verlede keer, vry verklaar. Die sterfgeval in Sierra
Twee renosterstropers, wildbewaarder doodgeskiet
Twee vermeende renosterstopers is deur bewaarders in die Nasionale Kruger-wildtuin doodgeskiet. ‘n Woordvoerder van die wildtuin sê toeriste het ‘n bewaarder daarop bedag gemaak dat ‘n man met ‘n swaar kaliber jaggeweer in die Napi-gebied naby Pretoriuskop rondloop. Helikopters met honde en die polisie is na die gebied gestuur. Hulle het twee mans gevind wat
Lees verder: Twee renosterstropers, wildbewaarder doodgeskiet
Bob is glo perdfris
Zimbabwe se pres. Robert Mugabe is gesond en die internetgerugte dat die 91-jarige leier ernstig siek is, is vals, het die Zimbabwiese staatskoerant, Donderdag berig. The Herald het die president se woordvoerder, George Charamba, aangehaal. Vals berigte dat Mugabe dood is, sirkuleer gewoonlik elke Januarie wanneer die leier op sy jaarlikse verlof is, berig The
‘Harry Potter se prof’ oorlede
Die akteur Alan Rickman, bekend vir sy rolle as Professor Snape in die Harry Potter-reeks, en die Sheriff van Nottingham in Robin Hood: Prince of Thieves, is Donderdag in die ouderdom van 69 jaar oorlede. Die ster se familie het aan die BBC gesê Rickman het aan kanker gely. Hy was ook te sien in
Strenger Amerikaanse wetgewing kan leeujag knou
Strenger nuwe Amerikaanse wetgewing rakende die invoer van leeu-trofeë gaan ’n beduidende impak op die Suid-Afrikaanse toerismebedryf hê. Dit is volgens Melville Saayman, toerismekenner verbonde aan die NWU se Potchefstroomkampus. Sy kommentaar aan OFM volg nadat dit bekend gemaak is dat die nuwe wetgewing op 22 Januarie in werking sal tree. Saayman meen dit gaan
Lees verder: Strenger Amerikaanse wetgewing kan leeujag knou
Minister wil glo nie aan studente se eise toegee nie
Swart studenteraadslede het Donderdag die vergadering met die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, vroeg verlaat. Nzimande het saam met amptenare van sy departement met studenteraadleiers van universiteite landwyd in Tembisa vergader. Dit was ‘n poging om die lot van swart wanpresteerders wat nie outomaties toegang tot hoër onderyws kry nie, aan te spreek. Talle
Lees verder: Minister wil glo nie aan studente se eise toegee nie
ISIS aanvaar verantwoordelikheid vir Jakarta-aanvalle
Minstens sewe mense is dood in Jakarta na ‘n terreuraanval waarvoor ISIS verantwoordelikheid aanvaar het. Verskeie ontploffings en geweerskote is in die middestad gehoor. ‘n Polisiebeampte en Kanadese man, asook vyf aanvallers is gedood in die ontploffings en vuurgevegte in een van die besigste distrikte in die Indonesiese hoofstad. Tot sewe ontploffings en verskeie vuurgevegte
Lees verder: ISIS aanvaar verantwoordelikheid vir Jakarta-aanvalle
Polisie skiet een dood in oproer by Waterval Boven
Die polisie het bevestig dat ‘n 21-jarige man gister oppad hospitaal toe dood is nadat die polisie skote afgevuur het om ‘n groep gewelddadige betogers uiteen te jaag. Oproeriges het strate versper in Waterval Boven en Umgwenya in Mpumalanga nadat hulle vroeër ‘n munisipale gebou aan die brand gesteek het. Toegangsroetes na Umgwenya word steeds
Lees verder: Polisie skiet een dood in oproer by Waterval Boven
Nathi Mthethwa ‘ontbind’ PANSAT ná jare se ondoeltreffendheid
Die ANC-SAKP-minister van kultuur, Nathi Mthethwa het aangekondig dat hy PANSAT summier ontbind. Dié taalwaghond wat deur die grondwet geskep is, die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad, is veronderstel om daarop te let dat taalgelykheid in Suid-Afrika geskied. Dit is egter ‘n tandelose waghond want in baie jare het daar geen geluid uit PANSAT gekom terwyl die land
Lees verder: Nathi Mthethwa ‘ontbind’ PANSAT ná jare se ondoeltreffendheid
