Zimbabwe se pres. Robert Mugabe is gesond en die internetgerugte dat die 91-jarige leier ernstig siek is, is vals, het die Zimbabwiese staatskoerant, Donderdag berig.
The Herald het die president se woordvoerder, George Charamba, aangehaal.
Vals berigte dat Mugabe dood is, sirkuleer gewoonlik elke Januarie wanneer die leier op sy jaarlikse verlof is, berig The Herald.
Zimbabwe se regerende ZANU-PF party het die week aangekondig dat begin is met reëlings vir Mugabe se verjaardagpartytjie. Hy word volgende maand 92.

En daar gaan my verskoning om die naweek partytjie te hou…..sug…
…en my bottel sjampanje in die yskas sal nou ook moet oorstaan…
Gevolg—- nog n paar miljoen dwalendes wat oor ons grens kom.Ons sou kon doen met n bietjie goeie nuus.
Voor enige persoon my nou kielhaal: sit uself in n Zim boer se skoene.
Agge nee!
Jammer on te verneem!
Dan is die storie wat ek gehoor het seker ook onwaar. Iemand het gese hy was in ‘n grand hospitaal vir “n po39hol oorplanting, maar die po39hol het hom verwerp……