Mangaung-metro moet weer stem vir burgemeester en speaker

Die eerste amptelike vergadering van die nuwe Mangaung-metroraad moes Donderdagoggend vir ure vertraag word toe die verkiesingsproses vir die uitvoerende burgemeester en die speaker verkeerd uitgevoer is. Die vergadering was reeds in ‘n gevorderde stadium en die burgemeester, Olly Mlamleli, en speaker, Mxolisi Siyonzana, het reeds hul toesprake gelewer, toe DA-raadslid, Dulandi Leech, alles tot

Lees verder: Mangaung-metro moet weer stem vir burgemeester en speaker

Leeu verskeur kind op wildplaas

Die polisie in Parys ondersoek ‘n saak van strafbare manslag nadat ‘n 12-jarige seun verskeur is deur leeus by die Otavi-wildplaas buite Parys. Daar word beweer dat die oorledene, Nkalamelo Latha, een van die plaaswerkers om die plaas vergesel het. Die werker het in die leeukamp ingegaan saam met Nkalamelo. Die leeus het glo ontsnap

Lees verder: Leeu verskeur kind op wildplaas

DA-raadslid doodgeskiet

Nog niemand is in hegtenis geneem na die moord op ‘n DA-raadslid van Daniëlskuil in die Noordkaap nie. Johannes Baadjies, wat Donderdag ingesweer sou word as raadslid van die Kgatelopele Plaaslike Munisipaliteit, is doodgeskiet, in wat vermoedelik ‘n politieke sluipmoord was. Die DA-leier in die Noord-Kaap Andrew Louw (foto bo), sê Baadjies se vrou het

Lees verder: DA-raadslid doodgeskiet

Rio: Leë sitplekke, vuil water en ‘n leerkurwe wat nog moet gebeur

Dit is nie moeilik om mense te kry wat kla by die finansieel-gestremde en logistiese nagmerrie wat Rio 2016 heet nie. Die Olimpiese Spele in Brasilië is ‘n kopseer vir die owerhede wat ‘n fortuin spandeer het in ‘n ekonomie wat soos 1930 s’n lyk en op ‘n skouspel wat min belangstelling wek en afgewater

Lees verder: Rio: Leë sitplekke, vuil water en ‘n leerkurwe wat nog moet gebeur

DA werk saam met EFF wat eis dat Stem, eiendomsregte waai

Die EFF het Woensdag ‘n aantal eise gestel aan die ANC en die DA vir nouer samewerking. Dit blyk dat Julius Malema en Mmusi Maimane (foto bo) gemene grond gevind het. Malema se party eis onder meer die uitgooi van Die Stem uit die Nasionale Volkslied, grondgryp sonder vergoeding, nasionalisering van banke en myne, asook

Lees verder: DA werk saam met EFF wat eis dat Stem, eiendomsregte waai

Turke laat gevangenes vry om plek te maak vir ideologiese vyande

Turkye het Woensdag nagenoeg 38 000 gevangenes ingevolge strafregtelike hervormings vrygelaat. Turkse gevangenisse is onder kwaai druk sedert duisende mense ná verlede maand se mislukte staatsgreep aangekeer en aangehou is. Die hervormings is Woensdag by wyse van twee dekrete aangekondig. Geen redes is deur die owerheid verskaf nie, maar dit is duidelik dat die gevangenisse

Lees verder: Turke laat gevangenes vry om plek te maak vir ideologiese vyande

Staat vra dat kinderverkragter sielkundig geëvalueer word

Die Staat het gevra dat die 42-jarige man van Sasolburg, wat aan 37 klagte van kinderverkragting skuldig bevind is, vir sielkundige evaluering gestuur word voor sy vonnisverhoor. Die man is Woensdag ook skuldig bevind op 18 aanklagte van seksuele aanranding, 541 klagte weens die besit van kinderpornografie, 109 weens verspreiding en 228 weens die vervaardiging

Lees verder: Staat vra dat kinderverkragter sielkundig geëvalueer word

Duitse polisie arresteer Isis-terreurverdagte wat fees wou aanval

‘n Man is na bewering in hegtenis geneem deur die Duitse polisie na sy planne om ‘n terroriste-aanval op ‘n fees in die dorp van Eisenhüttenstadt uit te voer, ontbloot is. Plofstof is gevind in ‘n woonstel van die verdagte het plaaslike media gesê, met verwysing na die polisie se verklaring. Die polisie het ook

Lees verder: Duitse polisie arresteer Isis-terreurverdagte wat fees wou aanval

Milwaukee-geweld: Oorledene se suster vra dat wit voorstede aangeval word

Na geweld en onluste deur swart inwoners van Milwaukee in die Amerikaanse deelstaat Wisconsin, is ‘n gedenkdiens gehou vir Sylville Smith (23), die gewapende swartman wat deur die polisie doodgeskiet is. Sherelle Smith, die oorledene se suster het swartes intussen aangemoedig om wit woonbuurte aan te val. Scott Walker, goewerneur van Wisconsin, het om kalmte

Lees verder: Milwaukee-geweld: Oorledene se suster vra dat wit voorstede aangeval word

Parys-moordsaak: Aanklagte teen net vier teruggetrek

Die staat het die moordaanklagte teen slegs vier van die beskuldigdes in die Parys-moordsaak teruggetrek. Die Nasionale Vervolgingsgesag se Phaladi Shuping sê aanklagte teen Fanie Oosthuizen, asook Wian, Wikus en Muller van der Westhuizen is teruggetrek. “In hierdie stadium is ons van mening dat daar nie enige vooruitsigte is om vier van die mans suksesvol

Lees verder: Parys-moordsaak: Aanklagte teen net vier teruggetrek