‘n Man is na bewering in hegtenis geneem deur die Duitse polisie na sy planne om ‘n terroriste-aanval op ‘n fees in die dorp van Eisenhüttenstadt uit te voer, ontbloot is.
Plofstof is gevind in ‘n woonstel van die verdagte het plaaslike media gesê, met verwysing na die polisie se verklaring.
Die polisie het ook materiaal gekry wat verband hou met die Islamitiese staat (ISIS) gedurende die deursoeking van die woonstel van die verdagte.
Volgens die nuusagentskap DPA, het die verdagte ‘n radikale Moslem-agtergrond en is tans onder polisiebewaking in aanhouding.
Die verdagte het glo beplan om ‘n geïmproviseerde ploftoestel gevul met spykers by ‘n fees in Eisenhüttenstadt tussen 26-28 Augustus te laat ontplof.
Dié dorp met 30.000 inwoners is geleë naby die Duitse grens met Pole, 120km van Berlyn. Dit huisves ook die sentrale vlugtelingontvangsentrum in die Duitse streek van Brandenburg.
Brandenburg se premier Dietmar Woidke het die voorval bevestig en aan joernaliste gesê dat ‘n “polisie-operasie op die vermoede van [‘n man] in besit van plofstof en voorbereidings vir ‘n terroriste-aanval uitgevoer is,” het Tagesspiegel berig.
Die persoon het vermoedelik skakeling met Islamiste.
Die Duitse teenterreureenheid, die SEK, is vir die operasie ontplooi.
Die Berliner Morgenpost het berig dat die man “psigies versteurd” is. Die media probeer voorgee dat Duitsland gebuk gaan onder aanslae van psigies versteurdes, maar só ‘n hoë voorkoms van sulke aanvalle, maak dit onwaarskynlik.
Kanselier Angela Merkel het intussen gesê Duitsland verwelkom Moslems en bygevoeg dat vlugtelinge uit die Midde-Ooste nie terreur pleeg nie.

“… en bygevoeg dat vlugtelinge uit die Midde-Ooste nie terreur plaag nie” Klink my sy probeer ons oortuig dat ‘pêredrolle vye is’.
plofstof plofstof plofstof plofstof plofstof???????????????????
” … dat vlugtelinge uit die Midde-Ooste nie terreur plaag nie.” – ‘pleeg’?