Ses onderwysers van ‘n skool in Sakhile naby Standerton is in hegtrenis geneem nadat hulle na bewering kos gesteel het wat vir arm en honger kinders bedoel was. Die polisie in Mpumalanga sê die leerkragte word aangehou. Kolonel Leonard Hlathi sê die polisie het die kruideniersware vir die skool se skolevoedselprogram in die onderwysers se
Groep dreig met opmars na Kaapstad teen hofbevel
Die hooggeregshof in Kaapstad het ‘n dringende hofbevel aan die Kaapstadse metroraad toegestaan om enige onwettige protesoptogte te keer. ‘n Optog van EFF-simpatiseerders en die Kaapstadse Informele Nedersettingsgroep wat vandag gehou word, het sake-ondernemings in die middestad reeds gewaarsku dat hulle hul deure moet sluit. Vroeër die maand het oproermakers in die middestad omstanders aangerand, vensters gebreek
Lees verder: Groep dreig met opmars na Kaapstad teen hofbevel
Hewige storms, hael tref Gauteng
Hewige storms oor Gauteng het Donderdagmiddag verwoesting gesaai. Teen vieruur was dit pikdonker soos swaar reënwolke oor die provinsie saamgepak het. Nooddienste in verskeie dele van Gauteng was deur die die nag op ‘n gereedheidsgrondslag. Fratsvloede het huise en paaie oorstroom, sterk winde het dakke afgewaai en haelkorrels so groot soos gholfballe, het motorruite uitgeslaan,
Zimbabwiërs vas vir moord na wenk van oom
Twee broers van Zimbabwiese en ’n derde verdagte is in verband met ’n moord en rooftog in die Johannesburgse middestad in hegtenis geneem. Die twee is Donderdag op die hoek van Leyds- en Twiststraat gevang nadat hulle oom die polisie in kennis gestel het dat hulle ’n moord gepleeg het, het ao. Xoli Mbele gesê.
Gaan die VF+ die DA se krisis vermors?
deur Manfred Delport [followbutton username=’ManfredDelport’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’] Volg Manfred op Facebook. Ai, hoe het ek my verlekker aan die DA se onlangse bontstanery oor rassistiese regstellende aksie! Laasgenoemde is eintlik ‘n toutologie; daar is geen ander soort “regstellende” aksie as rassistiese regstellende aksie nie, en RA kan net sowel ‘n afkorting wees vir rassistiese aksie. Dit
Generaal-majoor Jooste sê nog hulpbronne sal renoster red
Die hoof van die teen-stropingseenheid in die wildtuin, generaal-majoor Johan Jooste sê om die stryd teen renosterstropery te wen, sal ‘n nuwe plan verg. Jooste sê die strategie sal verander moet word om die bedreigde diere te red. Die Nasionale Gesamentlike Operasionele Sentrum, gekoördineer deur die Direktoraat van Prioriteitsmisdaadondersoeke, het renosterstropery onlangs op sy prioriteitslys geplaas.
Lees verder: Generaal-majoor Jooste sê nog hulpbronne sal renoster red
Poskantoor sal e-tol ‘met gemak’ hanteer
Die Suid-Afrikaanse Poskantoor sê hy sal met gemak die rekeninge van die Gautengse e-tolstelsel kan hanteer. Die hoof van die Suid-Afrikaanse Poskantoor se e-diens, Newyear Ntuli sê al ontvang die poskantoor een miljoen e-tol rekeninge ‘n dag sal die stelsel dit maklik kan hanteer. Hy sê in die stadium hanteer die poskantoor gemiddeld 450.000 posstukke
Brandstigting vermoed by Amatola Sun
Die polisie stel ondersoek in na ‘n brand by die Amatola Sun. Oos-Kaapse departement van Openbare Werke sê die polisie sal die oorsake wat tot die brand in Bisho wat die hotel in puin gelê het, bekyk. Dik rookwolke het Woensdagoggend oor die provinsiale hoofstad Bisho gehang, het die Dispatch berig. Staatsamptenare en politici moes
Water in Gautreintonnels, krag sukkel in Johannesburg
Insypeling van water in die treintonnel skep probleme vir die Gautrein. Die Bombela konsessie-maatskappy het opdrag ontvang van ‘n tribunaal van drie afgetrede regters wat deur die Arbitrasie-stigting aangestel is om dele van die Gautrein-tonnel in Johannesburg te herstel. ‘n Woordvoerder van die Gautrein, Barbara Jensen, sê die waterprobleem raak die tonnelgedeelte tussen Johannesburg Parkstasie en Rosebankstasie
Lees verder: Water in Gautreintonnels, krag sukkel in Johannesburg
‘Stuur Groete aan Mannetjies Roux’ bekendgestel
Die rolprent “Stuur Groete aan Mannetjies Roux” is by ‘n glansgeleentheid in Pretoria bekendgestel. Dit is geskoei op die Laurika Rauch liedjie “Stuur Groete aan Mannetjies Roux” , wat ook later ‘n verhoogstuk geword het. Die uitvoerende vervaardiger, Piet de Jager, sê hy het Rauch en die skrywer Chris Torr ontmoet toe hy jonk was,
Lees verder: ‘Stuur Groete aan Mannetjies Roux’ bekendgestel
