ANC probeer batebestuurders kalmeer na hul politieke inmenging

Die Minister van Openbare Ondernemings, Lynne Brown sê die regering voer samesprekings met beleggers en batesbestuurders om hulle te verseker dat Eskom en Transnet betroubare maatskappye is om voor geld te leen. Dit is in reaksie op twee batebestuurders, Futuregrowth en die Deense bank, Jyske se besluit om weens politieke inmenging nie meer lenings aan

Lees verder: ANC probeer batebestuurders kalmeer na hul politieke inmenging

Reserwebank kap terug oor nasionalisering

Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago sê die bank vind dit moeilik om politieke risiko in die land te voorspel, maar het gewaarsku dat die nasionalisering van die Reserwebank baie ernstige gevolge vir die land sal hê. Sy opmerking kom nadat die minister van minerale bronne Mosebenzi Zwane voorgestel het dat die gesag van

Lees verder: Reserwebank kap terug oor nasionalisering

Bob ontplooi onlus-polisie

Organiseerders van onlangse betogings in Zimbabwe het Woensdag aangekondig dat alle ondernemings gesluit sal wees, maar winkels en kantore was wel oop. Vragmotors met onlustepolisie gelaai was aan diens en die verkeer was vir die tweede agtereenvolgende dag lig in Bulawayo, waar anti-regeringsbetogings vir later die dag beplan is. “Min mense het hul ware op

Lees verder: Bob ontplooi onlus-polisie

May moet ernstige Brexit-verdeeldheid besweer

Die Britse eerste minister, Theresa May, het Woensdag haar senior ministers vir hul eerste gesprekke sedert die somervakansie oor Brittanje se uittrede uit die Europese Unie (EU) ontbied. Dit kom te midde van berigte oor ernstige verdeeldheid wat die pad vorentoe betref. Die minister van finansies, Philip Hammond, wil glo hê Brittanje moet ‘n ooreenkoms

Lees verder: May moet ernstige Brexit-verdeeldheid besweer

MIV-Vigslyers kry van vandag dadelik behandeling

Suid-Afrikaners met MIV begin van vandag af met behandeling sodra hulle gediagnoseer is. Die behandeling hang nie meer af van hul CD-4 telling nie. Dit is in ooreenstemming met die Wêreldgesondheidsorganisasie se nuwe MIV-riglyne wat bepaal dat pasiënte dadelik behandeling moet kry sodra daar vasgestel is dat hulle die siekte het. Vroeër is pasiënte eers

Lees verder: MIV-Vigslyers kry van vandag dadelik behandeling

Drie wat veiligheidswag met water spuit vandag verhoor

Drie wit studente van die Universiteit van die Vrystaat sal na verwagting vandag dissiplinêr verhoor word ná ‘n voorval met ‘n veiligheidswag Mmapaseka Mokhutli (foto) op die 16de Augustus. Cosatu het die voorval skerp veroordeel en die aanval as “rassisties” beskryf. Die drie studente het na bewering vloeistof uit ‘n blou bottel na die veiligheidswag

Lees verder: Drie wat veiligheidswag met water spuit vandag verhoor

Dagga-party se aansoek uitgestel

Die Dagga-party se aansoek om die verbod op dagga ongrondwetlik te verklaar is Woensdag in die Wes-Kaap se Hooggeregshof tot Desember uitgestel. Die uitstel is aangevra om die Staat tyd te gun om ‘n verslag oor die huidige daggabeleid in Suid-Afrika te bestudeer. Daggaroker Garreth Prince (foto) sê die party bevraagteken die grondwetlikheid van die

Lees verder: Dagga-party se aansoek uitgestel

Vuurwapen in Brandfort-plaasaanval soek

Die Valke in die Vrystaat is steeds op soek na ‘n vuurwapen wat gebruik is deur vier vermeende swart plaasaanvallers naby Brandfort Maandag. ‘n Woordvoerder van die Valke, S’fiso Nyakane, sê hulle het hul soektog na ‘n dam naby die veld waar die aanval plaasgevind het, uitgebrei. Charl Gutter is aangeval op sy plaas deur

Lees verder: Vuurwapen in Brandfort-plaasaanval soek

‘n Miljard se vrugtelose uitgawes in Noordwes

Die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge in Noordwes is bekommerd oor die stand van die provinsie se finansiële sake. Dit, volgens komiteevoorsitter, Mahlakeng Mahlakeng. Dit blyk uit die jongste verslag van die ouditeur-generaal dat daar R2 miljard se onreëlmatige uitgawes in die 2014/15-boekjaar was. Noordwes is, na wat berig word, die provinsie met die meeste

Lees verder: ‘n Miljard se vrugtelose uitgawes in Noordwes

Die swempet-haartoets is ook ‘rassisme’

Saint Michael’s School for Girls (SMS) in Bloemfontein kon nie ‘n erger week gekies het vir ‘n netheidtoets van swart leerlinge se wolklosse nie. Leerlinge by Pretoria Girls High School is in opstand oor die “polisiëring” van kroeshare en die bohaai het nou oorgespoel na die Engelse meisiesskool in Bloemfontein. Aangehits deur die ophef op

Lees verder: Die swempet-haartoets is ook ‘rassisme’