praag.co.za

May moet ernstige Brexit-verdeeldheid besweer

Written by

in

,

Die Britse eerste minister, Theresa May, het Woensdag haar senior ministers vir hul eerste gesprekke sedert die somervakansie oor Brittanje se uittrede uit die Europese Unie (EU) ontbied.

Dit kom te midde van berigte oor ernstige verdeeldheid wat die pad vorentoe betref.

Die minister van finansies, Philip Hammond, wil glo hê Brittanje moet ‘n ooreenkoms bereik om in die enkele EU-mark aan te bly.

Daar is ook verwarring oor die verantwoordelikhede van verskillende regeringsdepartemente in enige onderhandelinge met Brussel.

Die kabinetsvergadering by Chequers, noordwes van Londen, het ook ‘n dinkskrumsessie oor onderhandelingstaktiek met Brussel en sleuteloogmerke ingesluit.

Comments

2 responses to “May moet ernstige Brexit-verdeeldheid besweer”

  1. Karel Combrinck Avatar
    Karel Combrinck

    Lyk vir my meer na hexit.

  2. WALK Avatar
    WALK

    lyk of sy besete is vd duiwel

Leave a Reply