Die Nigeriese weermag het die leier van die Islamitiese militante groep, Ansaru, ’n splinterfaksie van Boko Haram, in hegtenis geneem en hom daarvan beskuldig dat hy Westerlinge ontvoer en vermoor, het Reuters berig. In 2012 het die Amerikaanse departement van verdediging Ansaru se leier, Khalid al-Barnawi, geïdentifiseer as een van drie Nigeriese militante wat op
Inwoners vlug na skermutselinge in Brazzaville
Kongolese inwoners van die suidelike distrikte van Brazzaville skuil by ’n kerk nadat hulle Maandag van intensiewe skermutselinge tussen veiligheidsmagte en opposisie-voorstanders in die suide van die hoofstad van die Republiek van die Kongo gevlug het. Gevegte woed nog in dele van die stad, het AFP berig. Volgens verslaggewers op die toneel, het paniekbevange mense
FNB los Guptas, Nedbank gedreig
Die Gupta-familie het Eerste Nasionale Bank versoek om redes te verstrek waarom die bank die rekeninge gesluit het van die Oakbay Investments-maatskappy wat aan die Gupta-familie behoort. Die maatskappy is die houermaatskappy vir die Gupta-familie se sake-ondernemings in Suid-Afrika. Volgens die Reuters-nuusagentskap het die bank nie redes vir die sluitings bekend gemaak nie. Dit is
Mossack Fonseca: ‘Enigste misdaad is kuberinbraak’
Die enigste misdaad wat gepleeg is, is van ‘n kuberaard, volgens Ramon Fonseca, een van die stigters van Mossack Fonseca, die regsfirma wat die middelpunt van die Panama Papers is. Fonseca het gesê die firma het ‘n klag by die Panamese owerheid ingedien omdat al die beriggewing tot dusver oor die bates van rykes handel
Lees verder: Mossack Fonseca: ‘Enigste misdaad is kuberinbraak’
Zuma klou soos ‘n neet
Suid-Afrika se president klou soos ‘n neet en sy vyande raak raadop. Media24 en Times Media het reeds elke “meningsvormer” in Engels en Afrikaans ingespan om van die ou indoena ontslae te raak, maar Jacob Zuma steur hom nie daaraan nie. Die DA-mosie om die president in ‘n staat van beskuldiging te plaas, is intussen
Terugslae vir Trump en Hillary in Wisconsin
Die senator van Texas, Ted Cruz, het gisteraand Suid-Afrikaanse tyd oor Donald Trump geseëvier in die Republikeinse nominasiestryd in die deelstaat Wisconsin. In die Demokratiese resies het die senator van Vermont, Bernie Sanders, op sy beurt vir Hillary Clinton geklop en daarmee nog ‘n onlangse oorwinning ingeryg, hoewel hy steeds ver agter loop sover dit
ISIS uit sleuteldorp gedryf
Sirië het met die hulp van Russiese lugaanvalle Sondag die Islamitiese Staat (ISIS) uit die dorp al-Qaryatain gedryf. ISIS het in Augustus beheer van die dorp geneem. Sirië se staatstelevisie het Maandag berig dat die dorp weer in die hande van die wettige regering is. “Die laaste groepe Daesh-terroriste in die dorp is om die
Islamitiese Staat aanvaar verantwoordelikheid vir Irak-aanvalle
Selfmoordbomaanvalle het die lewens van minstens 24 mense Maandag in Irak geëis. Intussen vlug duisende inwoners uit die strategiese stad Hit, wes van Bagdad, wat deur Islamitiese militante bedreig word. Die Islamitiese Staat (IS), wat dele van die noorde en die weste van Irak beheer, het op die Amaq-nuusblad verklaar dat hulle verantwoordelikheid vir die
Lees verder: Islamitiese Staat aanvaar verantwoordelikheid vir Irak-aanvalle
Europa stuur migrante terug
Migrante wat van die Griekse eiland Lesbos teruggestuur is, het Maandag in Turkye begin aankom ingevolge ‘n omstrede ooreenkoms wat daarop gemik is om die hooftoevoerroete van miljoene mense oor die Egeïese see na Griekeland te sluit. Ingevolge die ooreenkoms wat deur menseregtegroepe en vlugtelingagentskappe veroordeel word, sal Ankara alle migrante insluitende Siriërs wat Griekeland
Swart plaasaanvallers se arres met hommeltuig verfilm
Swart plaasaanvallers in Stutterheim het hul moses teëgekom met ‘n hommeltuig. Ian Cawthorn van die plaas Strauss by Stutterheim was Sondag besig om te braai, toe swart aanvallers in ‘n voertuig opdaag en dreig om hom dood te skiet. Cawthorn het in sy huis gevlug maar sy vriendin is in die been geskiet. Die aanvaller
Lees verder: Swart plaasaanvallers se arres met hommeltuig verfilm
