Geweld teister Jerusalem

Israeliese polisie het bekend gemaak dat ’n Joodse setlaar dood is aan wonde wat hy opgedoen het toe sy voertuig met klippe bestook is op die Wesoewer. Sy voertuig het glo onder klippe deurgeloop toe hy en twee ander insittendes onderweg huis toe was nadat hulle ’n maaltyd bygewoon het om die Joodse nuwejaar te

Lees verder: Geweld teister Jerusalem

Noodtoestand in Kalifornië na brande

Talle wonings is in ligte laaie gelaat in die wegholbrande in Seigler Springs, Kalifornië, het AFP berig. Die goewerneur van Kalifornië het Sondag ’n noodtoestand afgekondig nadat brande in die noordelike dele van die droogtegeteisterde Amerikaanse staat versprei het. Duisende mense is genoop om voor die vlamme uit te vlug. Die dorp Middletown met ’n

Lees verder: Noodtoestand in Kalifornië na brande

Hyskraan val op Mekkamoskee

‘n Hyskraan wat op die Groot Moskee geval het in Saoedi-Arabië, het die dood van minstens 107 mense veroorsaak. Die Masjid al-Haram is die godsdientige sentrum van Islam. Gelowige Moslems wat daartoe in staat is, is veronderstel om ten minste een keer in hul lewe die pelgrimstog na Mekka aan te pak. Die Groot Moskee

Lees verder: Hyskraan val op Mekkamoskee

Toeriste in Egipte deur veiligheidsmagte doodgeskiet

Die Egiptiese regering het om verskoning gevra nadat veiligheidsmagte Sondag “per ongeluk” 12 mense, insluitende twee Mexikaanse toeriste, doodgeskiet het. Die Egiptiese ministerie van binnelandse sake sê ondersoek sal ingestel word oor hoekom die toeriste in die verbode gebied was. Tien Mexikane en Egiptenare is ook in die voorval beseer en in die hospitaal opgeneem.

Lees verder: Toeriste in Egipte deur veiligheidsmagte doodgeskiet

Vryspraak in Namibiese hoogverraadverhoor

Regter Elton Hoff het Maandag sy uitspraak teen 65 beskuldigdes in die Caprivi-hoogverraadverhoor in Windhoek voltooi. Altesaam 30 beskuldigdes is skuldig bevind op ʼn klag van hoogverraad, nege klagte van moord en 240 klagte van poging tot moord. Die oorblywende 35 beskuldigdes is op al die klagte teen hulle onskuldig bevind. Drie van dié beskuldigdes

Lees verder: Vryspraak in Namibiese hoogverraadverhoor

Australië kry nuwe premier

Australië kry ‘n nuwe premier, Malcolm Turnbull, nadat die sukkelende leier Tony Abbott die leierskap van die Liberale Party aan sy seniorvennoot in die regerende konserwatiewe koalisie afgestaan het. Opposisiepartye lyk al sedert April in meningspeilings sterker as Abbott se regering. Die voormalige minister van kommunikasie, Malcolm Turnbull, sal die 29ste eerste minister van Australië

Lees verder: Australië kry nuwe premier

Amerikaanse senatore dreig SA oor pluimvee-invoere

Amerikaanse senatore Chris Coons en Johnny Isakson het President Jacob Zuma versoek om die Suid-Afrikaanse mark vir Amerikaanse pluimvee “spoedig” oop te maak om te verhoed dat Suid-Afrika winsgewende uitvoervoordele na die VSA verloor. Coons van Delaware en Isakson van Georgia, verteenwoordig groot pluimveeproduserende state. Hulle het hul nuutste dringende beroep gedoen terwyl landbou- en

Lees verder: Amerikaanse senatore dreig SA oor pluimvee-invoere

Geweld en moorde laat twee kampusse sluit

Die Universiteit van KwaZulu-Natal se Westville-kampus is Maandag weens geweld gesluit. Dit volg swart studente op ‘n vernietigingstog gegaan het teen ‘n verhoging in die koste van registrasie vir 2016. Oproerige swart studente het na bewering die hoof administrasiegebou en die hoofkwartier van die risikobestuursentrum aan die brand gesteek. Verskeie voertuie is ook aan die

Lees verder: Geweld en moorde laat twee kampusse sluit

Wit boelies dissiplinêr verhoor

Dertien wit leerlinge van die Laerskool Randfontein aan die Wes-Rand in Gauteng, sal na verwagting Woensdag weet of hulle ook geskors is. Dit volg na ‘n voorval waarin ‘n ander wit kind by die skool aangerand is. ‘n Video-opname van die aanranding het intussen soos ‘n veldbrand op sosiale netwerke versprei. Een van die skool

Lees verder: Wit boelies dissiplinêr verhoor

Gedeeltelike sonsverduistering waargeneem

Sondag se gedeeltelike sonsverduistering oor dele van die Suider-Afrikaanse hemelruim het talle na hul kamera’s laat reik. Suid-Afrikaners het hulself verwonder aan die verskynsel wat ook waargeneem kon word uit ander dele van Suider-Afrika insluitend Zimbabwe, Zambië, Mosambiek en Madagaskar. Volgens Space.com is Sondag se verduistering ook waargeneem uit Antarktika waar die maan 79 persent

Lees verder: Gedeeltelike sonsverduistering waargeneem