Gedeeltelike sonsverduistering waargeneem

Sondag se gedeeltelike sonsverduistering oor dele van die Suider-Afrikaanse hemelruim het talle na hul kamera’s laat reik.

Suid-Afrikaners het hulself verwonder aan die verskynsel wat ook waargeneem kon word uit ander dele van Suider-Afrika insluitend Zimbabwe, Zambië, Mosambiek en Madagaskar.

Volgens Space.com is Sondag se verduistering ook waargeneem uit Antarktika waar die maan 79 persent van die son se deursnee verduister het.

Omstreeks halfagt Sondagoggend het Namibiërs ook die “gehapte” son teen ’n oranjerooi oggendgloed waargeneem.

Die nag van 27 September sal nog ‘n ruimtelike skouspel lewer met ‘n totale maansverduistering, of bloedmaan, wat vir bietjie langer as ’n uur waargeneem sal kan word.

Maak 'n opvolg-bydrae