‘n Onbekende man (31) is in hegtenis geneem in Springs Maandag vir die besit van onverwerkte goud ter waarde van R50 miljoen. ‘n Woordvoerder van die Valke in Noordwes, Tlangelani Rikhotso, sê die onverwerkte goud was versteek in die enjinkompartement. Die verdagte is Maandagaand in hegtenis geneem in Springs, nadat Valkelede inligting ontvang het van
Dodelike ISIS-aanval op Istanbul-lughawe eis talle
‘n Geweer- en bomaanval op Istanbul se Ataturk Internasionale Lughawe Maandagaand het die lewens van 50 mense geëis. Meer as 239 mense is in die aanval beseer. ‘n Polisiewoordvoerder sê drie aanvallers het by die ingang van een van die terminale op mense begin skiet. Hulle het hulself opgeblaas toe polisie op hulle begin skiet.
Lees verder: Dodelike ISIS-aanval op Istanbul-lughawe eis talle
Oorbevolking in SA-tronke onder die loep
Suid-Afrikaanse tronke is nommer een in Afrika en elfde in die wêreld in terme van oorbevolking. Dit is een van die kwessies wat aan die lig gebring is deur die Gebiedskommissaris vir die Departement van Korrektiewe Dienste (DKD), Nthako Nyapotse. Hy het gepraat by ‘n rondetafelgesprek oor die verbetering van toestande vir gearresteerdes en aangehoue
Tesourie: Zuma moet byna R8 miljoen opdok vir Nkandla
Die Tesourie se verslag rakende Nkandla is een stap nader aan die ontknoping van die sage. Die Tesourie-verslag bepaal dat Zuma R7,8 miljoen moet terugbetaal vir opgraderings wat aan sy privaatwoning by Nkandla gedoen is. Die verbeteringe wat geïdentifiseer is, sluit in die besoekersentrum, amfiteater, beeskraal, hoenderhokke en swembad, of die sogenaamde brandpoel. In Maart
Lees verder: Tesourie: Zuma moet byna R8 miljoen opdok vir Nkandla
‘Britte moet besluit wie gaan uitrede onderhandel’
Brittanje moet besluit wie die land in onderhandelinge oor uittrede uit die Europese Unie (EU) verteenwoordig, het Frankryk se minister van buitelandse sake, Jean-Marc Ayrault (foto hierbo), voor sy vertrek na post-Brexit solidariteitsamesprekings in Praag gesê. Ayrault sê dit is nie “outomaties” dat Brittanje soortgelyke toegang as Switserland na die EU-mark sonder die vrye beweging
Lees verder: ‘Britte moet besluit wie gaan uitrede onderhandel’
Negentien polisiebeamptes wat glo smokkel voor
Negentien polisiebeamptes en twee beamptes van binnelandse sake sal na verwagting vandag weer in Zeerust in die hof verskyn. Dit volg nadat hulle glo in November verlede jaar smokkelaars by die Kopfonteingrenspos tussen Suid-Afrika en Botswana gehelp het om onwettige sigarette die land in te bring. Alle verdagtes is vroeër op R1 500 borgtog elk
Plakkers maak amok by Bloemfontein
Die ringpad suid van Bloemfontein, wat die Reddersburg- en Dewetsdorp-paaie verbind by die Dinaweng-plakkerskamp, is vir verkeer gesluit. Lede van die Mangaung se verkeersdepartement het die pad aan weerskante versper en herlei verkeer na alternatiewe roetes. Dit kom ná voortslepende oproer oor ANC-kandidate wat vir die verkiesing aangewys is. Plakkers het Maandag twee minibusse aan
Brief: Aanvalle op Afrikaanse onderwys is volksmoord
Die beskawingspeil in die sogenaamde “Nuwe Suid-Afrika” het nou tot dié punt gedaal dat volksmoord nie net blatant gepleeg word nie; dit word met akademiese paaiwoordjies en retoriek deur paap en professor goedgepraat. Onderstaande brief het ek op 28 Februarie 1996 aan Rapport gestuur. Dis nie geplaas nie, want die oorgaweproses deur die Nasionale Party-regering
Lees verder: Brief: Aanvalle op Afrikaanse onderwys is volksmoord
Siriese konflik spoel oor na Libanon
Altesaam vyf mense is dood toe selfmoordbomaanvallers Maandag die oorwegend Christen-nedersetting, Qaa in Libanon, ongeveer 100 meter van die grens met Sirië geteiken en hul plofstof ontsteek het. Vier selfmoordbomaanvallers was by die aanval betrokke. Geen groep het nog verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie. Inwoners van die nedersetting het onraad vermoed toe die aanvallers
Engeland in sak en as oor sokkerneerlaag teen kleine Ysland
Die Engelse sokkerspan het gisteraand met 2-1 teen Ysland, een van die kleinste volkere ter wêreld, in ‘n uitspeelwedstryd vir die Europese sokkerbeker verloor. Ysland beskik oor net meer as 300 000 burgers teenoor Engeland se 55 miljoen mense wat in die suide van Groot Brittanje woon. Op die vooraand van die wedstryd het die Sun-koerant
Lees verder: Engeland in sak en as oor sokkerneerlaag teen kleine Ysland
