Die Financial Times berig dat China gereedmaak om op 'n groot skaal by Afrika betrokke te raak met Standardbank wat die grondslag daarvoor lê.
Pesbeheerder oorleef op termiete
'n Australiese pesbeheerder wat in die onherbergsame Wes-Australiese woestyn verdwaal het, het oorleef deur die goggas te eet wat hy gewoonlik uitroei.
Midde-Oosterse lugrederye floreer
Emirates het so pas nog 'n jumbostraler by sy vloot gevoeg. Dié keer is dit die wêreld se grooste vliegtuig, die Airbus A380-superjumbo.Beijing sukkel met lugbesoedeling
Beijing sukkel om die rookmis in die aanloop tot die Olimpiese spele te beperk.
Kommentaar op die Bokoefengroep
Pieter de Villiers het sy nuwe oefengroep aangekondig en daar was net hier en daar ‘n verassing.
?n Nuwe geldstelsel aan die Kaap
Die koms van die Britse bewind aan die einde van die agtiende eeu het vanselfsprekend ingehou dat, behalwe die nuwe taal, ook 'n nuwe muntstelsel aanvaar sou word. In die vroeë jare van die Kaap was daar verskeie munte in omloop, maar in 1781 het die Kaapse bewind begin om papiergeld uit te reik — die bekende Kaapse rijksdaalder of riksdaalder.
‘Lugmag stort in duie’
Die minister van Verdediging, mnr. Mosiuoa Lekota, sê die Lugmag het die afgelope drie en ‘n half jaar 91 vegvlieëniers en 822 tegnici verloor. Tans beskik die Lugmag net oor twintig operasionele vegvlieëniers. Dit is in antwoord op ‘n vraag van mnr. Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus in die parlement.
Dronk regter kan nie spel nie
Regter Nkola Motata wat tans teregstaan op 'n klag van dronkbestuur, kan nie behoorlik spel nie. Dit het gister aan die lig gekom toe sy handgeskrewe nota aan mnr. Richard Baird as bewysstuk in die Johannesburgse streekhof toegelaat is.
Onverbonde lande steun Iran se kernprogram
Meer as 100 nasies wat aan die onverbonde beweging behoort, het Iran se reg op die vreedsame gebruik van kernkrag ondersteun.
