‘Lugmag stort in duie’

Image

SALM-Gripen D, maar gaan hy ooit vlieg?

Die minister van Verdediging, mnr. Mosiuoa Lekota, sê die Lugmag het die afgelope drie en ‘n half jaar 91 vegvlieëniers en 822 tegnici verloor. Tans beskik die Lugmag net oor  twintig operasionele vegvlieëniers. Dit is in antwoord op ‘n vraag van mnr. Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus in die parlement.

“Dit is duidelik dat die Lugmag besig is om in duie te stort. Behalwe die kommer oor die vlieëniers is die werklike krisis die groot aantal tegnici wat verloor is. Sonder tegnici kan vliegtuie nie onderhou en gevlieg word nie. Dit is ook een van die groot redes hoekom die Cheetah-vegvliegtuie vier jaar vroeër finaal uitgefaseer is. Hierdie situasie maak Suid-Afrika kwesbaar teen ander Afrika-lande soos Zimbabwe”, sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Verdediging vir die Vryheidsfront Plus.

“Minister Lekota erken in sy antwoord dat swak salarisse en die persepsie dat blankes beperkte loopbaanvooruitsigte in die Lugmag het, van die hoofredes is hoekom lede die Lugmag verlaat het. Die Vryheidsfront Plus het Lekota sedert 2005 gewaarsku dat regstellende aksie en ‘n beperkte begroting gaan veroorsaak dat die Lugmag leegloop. Lekota maai nou wat hy gesaai het”, het Groenewald gesê.

Van die bestaande twintig operasionele vlieëniers is 17 blanke mans, een blanke vrou en twee swart mans. Die Lugmag lei ook tans 123 leerling-vlieëniers op. In 2005 het die minister ook op ‘n vraag van Groenewald in die parlement gesê, die Lugmag lei 131 leerling-vlieëniers op. Ten spyte hiervan is daar slegs 20 operasionele vegvlieëniers. Volgens die antwoord van die minister is die trekpleister na ander lande minder misdaad, verlengde loopbane, onmiddellike burgerskap en verbeterde lewensstandaarde.

светодиодный светильникОлександр Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae