Dronk regter kan nie spel nie

Image

Sy edele regter Motata

Regter Nkola Motata wat tans teregstaan op 'n klag van dronkbestuur, kan nie behoorlik spel nie. Dit het gister aan die lig gekom toe sy handgeskrewe nota aan mnr. Richard Baird as bewysstuk in die Johannesburgse streekhof toegelaat is.

Onder andere spel Motata Transvaal met twee l'e en hy kan nie die Engelse woord vir afdeling korrek skryf nie. Ook sy identiteitsnommer het foute bevat.

Motata het in die muur van mnr. Richard Baird vasgery. Baird het in die hof getuig dat sy eerste woorde aan die polisie was: "Ek het 'n dronkie in my muur."

Volgens Baird was sy edele Motata vas aan die slaap agter die stuurwiel toe hy ondersoek gaan instel het. Die saak duur vandag voort met Baird wat sy getuienis hervat.

палатка купитилобановский александр интервью

Maak 'n opvolg-bydrae