China gaan sy Afrika-aankope uitbrei

Die Financial Times berig dat China gereedmaak om op 'n groot skaal by Afrika betrokke te raak met Standardbank wat die grondslag daarvoor lê.

Die Nywerheids- en handelsbank van China en Standardbank, wat onderskeidelik China en Afrika se grootste banke is, ondersoek tans Afrika se olie-, gas-, telekommunikasie-, metaal- en kragsektore.

Beijing verwag dat handel met Afrika teen 2010 die $100 miljard-kerf gaan bereik en Standardbank het 'n span in Beijing saamgestel.

Standard en ICBC kan dalk 'n supersnelweg bou wat China en Afrika verbind, sê David Munro, Standard se uitvoerende beampte vir korporatiewe en belegginsbankwese in Afrika.

Die Suid-Afrikaanse bank beskik oor 1 000 takke in 18 lande suid van die Sahara en 'n teenwoordigheid in 21 verdere nasies wêreldwyd.
Oor die afgelope jaar het die bank nuwe oornames in Nigerië, Kenia, Turkye en Argentinië bewerkstellig. Vandeesweek het Standard sy filiaal in die Demokratiese Republiek van die Kongo uitgebrei en gaan aanstaande maand sy lisensie om in Angola handel te dryf, finaliseer.

online slots bonusАлександр Фильчаков Васильевич