Die owerheid sal meer fabrieke sluit, asook die aantal motors verder verminder en alle boubedrywigheid staak.
As daar baie ongunstige weersomstandighede kom, sal daar noodmaatreëls getref word, het amptenare belowe.
Ná twee dae van verbetering in die lug, was die Chinese hoofstad weereens gister in 'n dik laag rookmis gehul.
Beijing verduur skerp kritiek van atlete en omgewingsgroepe weens die swak luggehalte in die stad.
Olimpiese organiseerders het gewaarsku dat uithounommers soos marathons uitgestel of gekanselleer kan word indien besoedelingsvlakke te hoog is.
