Onverbonde lande steun Iran se kernprogram

Meer as 100 nasies wat aan die onverbonde beweging behoort, het Iran se reg op die vreedsame gebruik van kernkrag ondersteun.

Die onderskraging versterk Teheran se hand in sy weiering om gehoor te gee aan 'n VN-Veiligheidsraadresolusie wat vereis dat die land alle uraanverryking staak.

Die hoogste Iranese leier Ajatolla Ali Khameinei het hom daartoe verbind om sy land se kernprogram voort te sit. Iran se hoofverteenwoordiger by die Internasionale Atoomenergie-agentskap het ook gesê dat sy land nie sy kernaktwiteit, verryking inkluis, gaan staak nie.

Die Onverbonde beweging bestaan uit sulke uiteenlopende lese soos kommunistiese Kuba, Jamaika en Indië, maar meeste lede deel 'n vyandige houding jeens die VSA en die ontwikkelde wêreld oor die algemeen.

детский велосипедФильчаков прокурор харьков